Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Ipeleng Mogolane se halfnaakte liggaam is Dinsdag in Presidentpark gevind. Sy is op 20 Mei in Pretoria as vermis aangemeld.
Volgens Dlamini is Mogolane vermoedelik verkrag en verwurg. “In dié stadium is dit nie duidelik wanneer sy vermoor is nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal sowel as wanneer sy vermoor is.”
Dlamini het gesê daar is in dié stadium nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.
Mogolane is op 16 Mei die laaste keer gesien toe sy met ʼn taxi van Pretoria na Midrand vertrek het. Sy het nooit haar bestemming bereik nie en is as vermis aangegee. Die polisie het op 22 Mei ʼn ontvoeringsaak begin ondersoek.
Dit is so wreed en sinneloos. Sekere mense prober iets van hulle lewe maak en werk hard en dan is daar goed (hulle is nie mense nie) wat dit dan doen aan ander sonder om ‘n oog te knip. Jy lees elke dag van hierdie wreedheid in die koerante en hoor dit oor die nuus. Iewers moet iets drasties gedoen word.
Sterkte aan haar ouers en familie. Dis erg om te moet saamleef dat ‘n familielid so wreedaardig vermoor is. Ons ALMAL ly onder die dinge ne, ek hoop hulle vind die skuldige/s gou!