Die tienermeisie wat dié naweek as vermis aangemeld is op die Kaapse Vlakte, is gevind.
Maroela Media het Saterdag berig die 16-jarige Nabeelah Begg van Bonteheuwel is sedert Dinsdag vermis. Sy is Vrydag as vermis aangemeld nadat sy Dinsdag nooit by die skool opgedaag het nie.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van Bishop Lavis in die Wes-Kaap, het Maandagoggend in ʼn verklaring gesê die meisie is intussen opgespoor. “Sy is ongedeerd en met haar gesin herenig,” sê Van Wyk in die verklaring.
Nabeelah se verdwyning het gevolg kort nadat die liggaam van die agtjarige Tazné van Wyk van Ravensmead naby Elsiesrivier Woensdag in ʼn stormwaterpyp buite Worcester aangetref is.
Maroela Media het vroeër berig ontstoke lede van die gemeenskap het Vrydag die strate van Parow in die Wes-Kaap ingevaar nadat Moehydien Pangaker (54) in die Goodwood-landdroshof verskyn het in verband met die moord op Tazné.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Besef hierdie kinders wat so gaan wegkruip iewers wat hul doen aan hul ouers en familie lede ?
Tensy sy ontvoer was , maar dan sou dit mos so berig gewees het . Dis ten minste goeie nuus dat sy ongedeerd is.
Nie te oud vir n ordentlike pak slae nie.
Klink vir my sy was maar net nie lus vir skool nie.
In my jong dae sou sulke gedrag ‘n pak slae regverdig het ! Helaas mag kinders nie meer getug word nie, so hulle gaan maar net dieper die afgrond in………………