Vermiste tieners: Kim en Awian veilig gevind

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17), die twee tieners wat sedert 7 April vermis was, is veilig gevind.

Andre Putter, ‘n private speurder, het laat Maandagaand aan Maroela Media bevestig dat die twee vroeër die dag in Johannesburg gevind is. Putter sê Kim en Awian is ongedeerd en veilig terug by hulle ouerhuise.

Volgens Putter het ‘n vriend van Kim en Awian deurlopend inligting aan hom verskaf en het hy die twee in ‘n woonstel in Johannesburg gevind. Putter sê die twee het sedert hulle verdwyning daar gebly en is hulle nie na ander provinsies soos aanvanklik vermoed is nie.

Putter sê Kim en Awian het oorleef van geld wat hulle saamgeneem het toe hulle weggeloop het. “Ons vermoed ook hulle het gunste en gawes van vreemdelinge af ontvang. Albei is gesond en in ‘n goeie toestand.”

Volgens Putter het Kim en Awian se ouers hulle versoek om mekaar voorlopig nie meer te sien nie. “Die ouers sal nou maar op hul eie maniere die situasie hanteer. Dit is in die stadium nog nie duidelik wie se plan dit was om weg te loop en wat hulle daarmee wou bereik nie.”

Putter het almal bedank wat met die soektog na Kim en Awian gehelp het.

Awian se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag 7 April omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Kim is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Awian haar opgelaai het.

Lees ook:
Vermiste tieners: “Terug na die begin”
“Vermiste tieners laat geen spoor” – Privaatspeurder
Soektog duur voort na vermiste tieners
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maggie

Los di kinders dat hul mekaar sien! Dis julle blerrie ouers se eie skuld hul het juis weg gehardloop om saam te wees! Nou wil julle we die selfde fout maak! Hul is lief vir mekaar! Sien dit raak!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lanie

En nou gaan die ouers heeltyd wonder wanneer loop hulle weer weg!! Bly vir die ouers en familie se part hulle is veilig terug. En in die tieners se selfsug het hulle nie vir ‘n oomblik gedink wat hulle verdwyning aan hulle ouers doen nie !

Sprietjie

Dankie aan die privaat speurder. Ek glo die ouers is verheug en gevul met blydskap.

Aan die twee kinders, ek hoop regtig julle het ‘n les geleer deur jul onverantwoordelike optrede. Wees verseker dat jul ouers deur diep waters gegaan het. Moet dit nooit weer aan hulle doen nie, dit was selfsugtig.

Maak vrede, eendag is julle self ouers, dan sal julle werklik verstaan.

Konsentreer op jul skoolloopbaan, studeer en maak ‘n sukses van julle lewens. Julle kan !

Nick

Ek lees die huidige kommentaar van die artikel en dit blyk my na kommentaar van ouers. Jul harte gaan uit na hul ouers en dit is jul reg. Ek self kan dink dat hul ouers ‘n moeilike tyd agter die blad gehad het/wat nog voorle. Sit julself vir ‘n paar sekondes in voete van die twee, Ek vind dit moeilik om te glo dat gelukkige tieners net sal verdwyn. Ja die kinders het pad gevat, maar ek voel die ouers dra ook skuld. Ek hoop daar kan vrede gevind word in die huise van die mense wat hierdeur aangeraak was.… Lees meer »

Anna

Ek stem Nick, maar ek dink nie die feit dat die ouers die 2 uitmekaar hou gaan ‘n positiewe uit einde he nie! Dis heel moontlik deel van die rede hoekom hul in die 1ste plek weg geloop het! Ek weet dis moeilik en ek het kan dink hoe die ouers voel. Probeer eerder saam werk, as teen mekaar werk! Self n ma van n tiener