Vermoorde onderwyser se vriend aangekeer

Kgomotso Maropola (Foto: Twitter)

’n 25-jarige man is Vrydag in verband met die moord op ’n onderwyser van Modimolle, Limpopo, aangekeer.

Kgomotso Maropola se liggaam is op 9 Maart in ’n vlak graf langs die spoorlyn by die Phagameng-nedersetting naby Modimolle gekry.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die onderwyser die dag van haar moord van haar huis in die Phagameng-nedersetting vertrek en nooit weer teruggekeer nie. Sy was die dag op pad na ’n vriend by wie sy klere gaan afhaal het.

Maropola is op 6 Maart by die Modimolle-polisiestasie as vermis aangemeld. Haar ontbinde liggaam is drie dae later in die vlak graf ontdek en ’n moordsaak is aanhangig gemaak.

“Die polisie het ’n taakspan saamgestel wat ’n lasbrief op 14 Maart bekom het om die huis van die vriend – by wie Maropola klere gaan afhaal het – te deursoek. Daar is DNS-monsters ingesamel en na die laboratorium vir forensiese bewyse gestuur,” sê Mojapelo.

“Die DNS-resultate van die laboratorium af het positief ooreengestem met die bewyse wat reeds deur die span ingesamel is. Dit het tot die inhegtenisneming van Maropola se vriend gelei.”

Die motief vir die moord word nog ondersoek.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Modimolle op aanklagte van moord verskyn.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die taakspan geloof vir hul goeie werk om die verdagte vas te trek.

Die kommissaris sê daar moet meer gedoen word om geslagsgebaseerde geweld in die provinsie te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kobus ·

Nog ‘n vrou ,nog geen woord van onse skreeuende min van polisie en ons president nie. Die “vroueliga” is so behep met hulle verheerliking van Baleka Mbeta dat hulle ook geen geraas hieroor maak nie. Sal dit dalk sin maak indien die vroue in SA besluit om nie in die komende verkiesing vir die ANC te stem nie? Ek bedoel alle vroue want die regering van die dag bla bla bla net en rig niks uit nie. Dalk ‘n sterk vrou onder ander rassegroep wat leiding kan/wil/sal neem?

Swerwer ·

Sal dit nie wonderlik wees as al die vroue kan saam staan en teen die ANC en EFF stem nie…………….wel ongelukiig is daar draadsitters en mense soos Kopdoek wat dit nooit sal waag nie want dan word sy gestroop van haar blykemaakte mag

SjN ·

Hoekom vermoor, skei die vriendskap/verhouding en gaan aan met die lewe.

B-Man ·

Dis mos deesdae neerhalend om te onderskei tussen mans en vroue. ‘n Mens word aangegluur asof jy in die kerk gevloek het wanneer jy selfs na ‘n oujongnooi as ‘n “mejuffrou” verwys – dis ook nou mevrou.

Swerwer ·

Ons het ‘n gesegde ..”Moeilikheid, sy naam is MAN” . Maar ongelukkig in vandag se dae is daar vrouens wat dieselfde aan hul mans doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.