VF Plus-saak teen BLF dan in hof

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die kieshof hoor Maandag die saak aan waarin die VF Plus vra dat die BLF gederegistreer word as politieke party.

Die hof is gesetel by die hooggeregshof in Johannesburg. Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sal by die sitting teenwoordig wees en sal die media te woord staan.

“Die VF Plus sal nie opgee in die stryd teen die BLF se rassisme en rassepolarisasie nie. Die OVK se minagting van Suid-Afrika se Grondwet en die wetgewing wat verkiesings rig, mag nie geduld word nie,” het Groenewald gesê.

Andile Mngxitama, leier van die BLF, het vroeër gesê die VF Plus se saak het geen meriete nie. “Die BLF sal al hierdie bose pogings om ons te probeer keer om parlement toe te gaan teenstaan. Ons gaan parlement toe.”

Die VF Plus het vroeër die week gesê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is nie bereid om te erken hy het gefouteer deur die BLF toe te laat om as politieke party te registreer nie en dat die party daarom die kieshof vra om die OVK te beveel om dié fout reg te stel.

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die VF Plus meen die meerderheid van Suid-Afrika se probleme ontstaan weens minagting van wetgewing. “Dit is daarom vir die party belangrik om hierdie saak voort te sit, aangesien die OVK nie toegelaat kan word om die wet te oortree nie. Dit bedreig Suid-Afrika se demokrasie en die handhawing van wet en orde.”

Volgens die VF Plus is die meriete van die saak sterk, aangesien die Wet op die Verkiesingskommissie die hoofverkiesingsbeampte verbied om ʼn politieke party te registreer wat lidmaatskap uitsluit op grond van ras, etnisiteit of velkleur.

“Die BLF se grondwet spel dit duidelik uit dat slegs swart mense by die party mag aansluit en dié party hits ook geweld aan,” voeg Groenewald by.

“Die grondwet van die BLF skep die teelaarde vir rassisme en haatspraak, soos bewys deur die BLF se woordvoerder, Lindsay Maasdorp, wat ná die tragiese dood van leerders by Hoërskool Driehoek die sterftes verwelkom het aangesien hulle wit was.

“Dit is duidelik dat die OVK ʼn groot fout begaan het. Die VF Plus vra die hof om hierdie fout reg te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Liamari ·

BLF se leier het klaar gedreig dat as hulle sou ontrrek word, hul ondergronds sal gaan. Dit gaan hulle dalk nog sterker en gevaarliker maak. As black supremacists is die haat teenoor wit mense so aggressief dat hulle baie skade kan aanrig. Hopelik sal daar intelligensie betrokke wees om hulle te stuit voordat hulle te ver gaan. Ons kan dalk reeds vele moorde op blankes voor hul deur sit…

Hannetjie ·

Ek ondersteun julle .Gaan vir goud…hul mag nie toegelaat word om parlement toe te gaan nie.Hulle staan vir uiterste geweld..moord en verwoesting.Die land en burgery kan hulle nie bekostig nie.Hulle is ‘n spul luiaards wat wil teer op buitensporige salarisse in ruil vir terrorisme.Bog daarmee

riaan ·

@ Liamari

Net nog ‘n beter “ligitimate” rede om hulle uit te haal!

Sakkie ·

Alles wat swart doen is reg en alles wat wit doen is verkeerd ongeag wat die wet sê. Dit is ‘n duidelike bewys.

marco polo ·

Ek dink hulle is in elk geval n klomp mamparras en verdien nie die publisiteit wat hulle kry nie, en wat die VF nou mildelik aan hulle verskaf. Maar ek dink die VF maak n taktiese fout; enige steun aan hulle is minder steun vir die ANC/EFF en dit sal ook n goeie aanwysing wees van hoeveel kiesers hulle idiotiek steun.

Donderstorm ·

Hul het goed geweet wat hul doen toe hul blf toegelaat het dit was gin”fout” nie.

Cherokee ·

marco polo, jý is die een wat die ‘taktiese fout’ begaan want, ons wys gereeld op die DA se leuen dat ‘n stem vir ‘n kleiner party doelloos is, omdat koalisies aan die orde van die dag is. So, minder steun aan die anc met stemme aan die blf is geen verskil omdat daar gekoaliseer kan word. Die antwoord geld ook vir vraagteken en wie ookal vraagtekens stel daaroor. Ek kan nie jul redenasie verstaan dat die blf geïgnoreer moet word terwyl hulle en die ovk blatant die wet oortree, nie. Kleinletters soos bedoel.

Ander Gert ·

Stembriewe word reeds gedruk, so BLF se naam gaan daarop wees. ‘n Klomp BLF ondersteuners sal dalk steeds vir hulle party stem, maar enige stemme wat vir BLF uitgebring word mag dan nie getel word nie. BLF het ook reeds ‘n fooi betaal om te kan deelneem, wat hulle moontlik gaan verloor.

VF+ se strategie is briljant.

kolla ·

Cherokee – dit gaan geen leuen wees as die DA nie jou klein partytjie as koalisie-vennoot benodig nie. Wat dan?

Cherokee ·

Ander Gert, jòu verduideliking is nèt so briljant soos die VF se doene.

Dries du Toit ·

Marco polo ek stem saam maar onthou net as die goed aan die verkiesing deelneem gaan daai gesig parlement toe en ons betaal sy salaris. Ek waalg aan daardie gedagte

Cherokee ·

Wat dan, vra jy kolla. Dàn my vriend het ek steeds berusting daarin dat ek positief aan my gewete kan antwoord op vrae soos of ek gestem het soos ek glo ek moet stem. Wanneer ek stem is dit soos waneer ek kommentare skryf in Maroela. Of dit verskyn of nie, is nie die belangrikste nie. Ek het gesê wat ek glo gesê moet word.

Annari ·

Hoekom hof toe gaan dis geld en tyd wat gemors word. Die regstelsel is nie wat dit was en fondse word gemors van ons gewone nense wat betaal. Dis sinneloos dat politieke partye hof toe gaan. Gebruik eerder lede geld om positiewe bydraes te maak na instansies wat hulp nodig het etc. Of mense wat nie kan bekostig of verkeerdelik aangekla word om te verdedig

Vraagteken ·

Ek stem 100% saam met jou. As die VF+ hierdie net gelos het, dan sou hulle dood gegaan het. Hierdie gaan nou net ‘n ras-ding word en die VF+ gee vir BLF gratis advertensies. Partykeer, VF+, moet ‘n mens net ‘n bietjie terugstaan en dink.

C.J.P. ·

‘n Mens kan dit mos onmoontlik nie net los nie. Dit is teen die grondwet wat hulle doen en as ons een ding los dan kan ons maar vergeet om in die toekoms weer te baklei vir iets, want dan kan hulle maak net soos hulle smaak. Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan in die land, want mense los maar net ‘n ding, los die paaie, los dienslewering, los skole en los Christenskap… nee man, staan op vir wat reg is! Hoe moet die ouers van daardie kinder voel as VF+ besluit om die hele Driehoek storie net te los, wat as dit jou kind was, sou jy dit ook net LOS??? Soms moet ‘n mens net ‘n bietjie terug staan en dink…

wenk ·

Hoekom gebruik Afrikaners wat Afrikaans skryf die afkorting etc. ?? Dis Engels! Die Afrikaanse afkorting is ens. (ensovoorts)

Cherokee ·

wenk, ek het dit nog nie raakgelees nie maar dit kan wees dat ‘n outomatiese korrigeerder (!)) Hoe smaak jy daai ene vir spellchecker:-) blameer kan word. Mens let nie altyd op wanneer die teks verander word nie. Ek is egter bly dat jy dit uitwys. Maroela Media is skuldig met die aanhelp van swak taalgebruik omdat kommentare wat ‘v’ in plaas van ‘f’, ‘d’ in plaas van ‘t’ ens uitwys, word nie geplaas nie.

Josua Keys ·

Ek stem nie saam julle nie, as die VF+ nie die geval aangevat het nie kan enige jan raap en sy maat ‘n party registeer en begin demand nog voor hulle stemme gewerf het, daar is reeds teveel partye in die Parlement waarvan elke lid jou en my belasting geld gebruik om n salaris te trek. Daar is wette in plek wat bepaal hoe tewerk gegaan moet word om ‘n party te registreer asook voorwaardes. “Imagine” ek besluit om somer vandag n party te stig gou toutjies te trek en teen die 8 Mei is my party se naam op die kiessers brief en begin stemme werf sodat ek ook op my selfoon in die parlement kan sit en whatsapp en jou belasting geld moers so nou en dan my stem dik te maak en verder sit en google/ youtube , dit gaan hier oor die wet wat nie gevolg word nie, dit het niks te doen met die ou se uitlatings ens nie, hy demand en hy wil hê, gelukkig werk dit nie so nie, laat die regering dit toe gaan hier meer gaos in die land wees as wat daar tans is daar gaan honderde partye in die parlement wees en die EFF gaan nog moeiliker raak want al die “PROFIT” wat n sonde in hul oë is gaan aan salarisse betaal moet word en dienslewering gaan net op papier wees en SA gaan lyk soos die Sahara woestyn.

JohanL ·

Die hof (aka sirkus) sal ten gunste van BLF besluit. Hulle sal eerder dat ‘n openlik rassistiese organisasie deelneem aan verkiesing en die kans vat dat hulle min stemme sal trek, eerder as om hulle te verbied en die (groot) risiko te loop van onluste ensovoorts. Ons weet mos nou al as die BLF nie hul sin kry nie, breek hulle af en steek aan die brand. Vorige insidente oa by universiteite het dit bewys.

Die jammerte is dat as hulle genoeg stemme trek, dan gaan die openlik rassistiese leier van die BLF parlement toe. En saam met Malema sal dit dan eers chaos wees.

In beginsel stem ek egter saam met die VF+ se saak en redenasie en hoop hulle slaag.

Jacques ·

Dit laat my wonder HOE onafhanklik en reg is die OVK ? Dit is mos hulle werk om toe te sien dat die spel binne die reels gespeel word , of nie ?

JohanL ·

Jacques, jy is reg – wil jou net korrigeer – dit is nie die OVK nie, maar die AVK (Afhanklike verkiesings Kommissie) :) :)

Die AVK sal slegs ‘n kandidaat diskwalifiseer op grond van Artikels 47 of 106 van die Grondwet. Dit is wat hulle my laat weet het na ek kapsie by hulle gemaak het oor die BLF. Tragies maar dit is nou dit. Hopelik kyk die Hof vanuit ander perspektief, maar ek betwyfel dit baie sterk. Al genoeg kere op hierdie forum my uitgelaat oor wat ek dink die Hof deesdae is.

HPV ·

Jacques, die ovk is net so onafhanklik soos die mrk en dit is nul. Die ovk/mrk/eff/blf/anc is een en dieselfde.

Gemaskerde Sopbeen ·

Is hulle tema nie “Land or Death” nie? Ek weet nie of iemand hom vir “land” gee nie…..dus moet ons hom maar uithelp met die tweede helfte van sy wens?

Hans Richardt ·

Wat van die Mazibuye party, wat spesifiek die wittes en indiërs uitsluit.

Woody ·

Dankie dat julle dit beveg, maar ek vermoed dit gaan uitloop op niks. Die stembriewe is klaar gedruk.

kolla ·

Maimane en die DA hou hulle nie op met beuselagtighede nie.

Andre C ·

Die DA het nie n problem met die uitlatings van die BLF nie. So hulle doen niks !

Andre C ·

Die DA het nie n problem met die BLF,Andile en Lindsay Maasdorp nie.

Cherokee ·

Maar ‘n aanval op Elana Barkhuizen, wat kinders in hul eie sfeer wou laat voel, was nie beuselagtig nie! Mede-kommentators en DA-bewonderaars. lees asseblief hier waar die DA se waardes is.

Vraagteken ·

Ek stem glad nie saam met jou nie. Die ander mors nie hulle tyd op hierdie klomp nie. BLF soek net ‘n reaksie, iets wat hulle nou kry van VF+.

Jerry ·

Die handhawing van wet en orde bestaan nie in alle howe nie, want nie alle howe is langer meer onafhanklik van die staat nie en hierdie saak sal dus die kieshof se onafhanklikheid beslis toets. Mense moet dus nie te gou opgewonde raak nie, omrede dit alles behalwe n gegewe is, dat die kieshof uitspraak sal lewer ten gunste van die VF!

Andre ·

Karolis ,ek stem saam.Ons het meer mense soos Dr Groenewald en Steve nodig. Deur hulle uit te los erken jy hulle deur jou stilswye as n wettige party met geloofwaardige beginsels.

jakes ·

Wat Is die verskil tussen die beleid van die MRK en die OVK? Niks nie. Die BLF en sy 10 lede kan maar gerus ondergronds gaan, hulle is meer n spul aanhitsers as n politieke party. Hulle is besig om n honger leeu se maanhare te streel en n leeu byt. Die DA, ANC, EFF en die BLF is almal n spul rassiste en is onbevoeg om n land te regeer.

Lou ·

@ Jakes dit mag so wees maar tog is die realiteit dat die ANC die land al vir die laaste 25 jaar (sleg) regeer.
Die groot probleem is die swak opvoeding van die massas wat hulle laat omkoop met ‘n kospakkie of T-hemp voor stemdag en nie die vermoë het om die kolletjies te verbind dat dit dieselfde swak regerende party is wat nie die dienste lewer nie, waarvoor hy of sy nou weer gaan stem. So het ons met onbevoegde Zuma as pres gesit vir 9 jaar wat nooit moes gebeur het nie. Net so maklik kan dit gebeur dat die EFF se onbevoegde klomp deur die massas ingestem word en dan het ons regtig baie groter moeilikheid as die gemors waarin ons tans is.
Al wat ek probeer sê is dat geen party of beweging onderskat moet word nie. Daar is altyd iewers ‘n klomp radikales wat naief/dom of omkoopbaar is om hulle te steun maak nie saak hoe rassisties of onbevoeg die party is nie.

Die Leeu ·

Ek is bevrees dat selfs die kieshof ewe rassisties is teenoor blankes is, as wat die OVK en die MRK. Daarom gaan die VF Plus se versoek heel waarskynlik van die hand gewys word, ten spyte daarvan dat die OVK se besluit direk teen die wette strek.

Ons lewe in ‘n land waar ons openlik gehaat en onderdruk word. Dit maak hulle niks minder as presies dieselfde as wat die apartheidsregering was nie. Hulle veg vir jare teen diskriminasie, verdeling, rassisme en onderdrukking … maar dan pas hulle dit self toe.

riaan ·

@ Vraagteken

Jy laat ‘n vraagteken oor jou houding en siening. Dit is juis as gevolg van die houding wat jy en die da huldig om ‘n blinde oog te draai waar daar teen blankes rasisties is, dat die CancER, eff, blf, ens. letterlik wegkom met moord!
Lyk my julle is so bang dat dit ‘n ras ding word (wat dit reeds is) dat julle bereid is om beginsels te verkrag.

Los die VF en gaan hou julle maar besig met optogte teen korrupsie en verbrand van e-tol rekeninge as ‘n verkiesings foefie WANT DIT IS AL WAT DIT IS!!!!

Ore ·

Laat hulle deelneem aan die stemmery,dan kan ons sien hoeveel steun hulle het

marco polo ·

Presies my punt. Dan weet ons hoe ver heen die land is, want as hulle enigsins noemenswaardige steun kry, Vader behoed ‘n setel in die parlement, dan kan ons maar aanvaar dis die einde. En gereed maak…

JohanL ·

Dankie MM – sien my inset is nou weer terug. Eers daar, toe weg, toe kla ek en nou is hy weer daar ?? Dankie nietemin.

Die gerekenariseerde stelsel werk nie altyd lekker nie?

Pop ·

Een ding kan mens nou nie van Andile sê nie, en dit is dat hy skeinheilig is, of dat hy lieg nie. Hys openlik n rassis en steek dit nie weg nie. Al die ander praat mooi woordjies vir die gehoor met wie hulle op daai oomblik doenig is. En mense se hulle is nie rassiste nie, maar agter toe deure en braaivleisvure is dit n ander storie. En so gaan dit bly tot in alle ewigheid. Verskillende rasse wil net nie meng nie, finish + klaar.

John ·

Hoewel teen die reèls moet die BLF se dwase idees in die parlement openbaar gemaak word en die regering se hanterings daarvan ook. Die VFPlus probeef nou DA-speel vir publisiteit wat uiteindelik die Afrikaners direk kan raak terwyl die bestuur veilig en opgesmuk sekuriteit geniet. Dr Groenewald hou van selfies. Dit gaan Afrikaners kos, lank nadat die aaklige plakkate afgehaal is. Dink eers en doen dan…

Tina de Lange ·

Stem volkome saam met jou, John.
Drang om kiesers te beïndruk, is hoër as politieke leiers se gesonde verstand

riaan ·

@ John

Bang en ruggraatloos? dit is jou soort houding wat maak dan blf, eff, ens. dink hulle kan doen en se wat hulle wil!

marco polo ·

Sopbeen, daardie is een van die skerpste opmerkings wat ek nog op Maroela gelees het.

riaan ·

@ bolla

En verbrand vat e-tol rekeninge en aflewer van boeie en oranje oorpakke is nie beuselagtig nie????

Dink voor jy skryf!

Derek ·

Siestog…en almal blaf en knor vir mekaar en riaan byt almal se koppe af,wat durf verskil van hom….nét hý is reg!!!?
En die leiers hou redenaarskompetisies vir afrika teen mekaar en sleep mekaar hof toe….oor twak,terwyl die land brand en bloei…
Ennn…dis ñ gejaag en geblaf na wind, die base daarbo,die wêreldorde het laaaaaankal besluit,wié gaan regeer en wie nie

Sê maar net... ·

Derek,meeste mense is oningelig en het nie n idee waarna jy verwys nie!

ANNA ·

RIAAN…gaan drink ñ ou kalmeerpilletjie toe…jys irriterend om almal aan te vat, wat jou verskil….word groot toe boeta!
VF+ ondersteuners is ñ spul sosiale media boelies en dapper sleutelbord vegters,onder skuilname, wat hulleself gladnie kan gedra!

Ons mag ALMAL ons insette lewer hierso en ons denke deel,dis ons almal se reg, om te mag verskil van jou en van mekaar.

Frik Lotz ·

VF Plus doen darem iets en sit nie hande gevou en wag vir beter dae nie. Dankie, Pieter Groenewald en VF Plus!

Krummel ·

Wat reg is, is reg! En wat verkeerd is, verkeerd! Nou moet dit maar gelaat word dat hulle daarmee wegkom, want ons is bang vir wat hulle kan doen?

Tina de Lange ·

Ongelukkig kan geen hofsaak, geen politieke leier of politieke party of taal, ons in die Hemel kry Eendag nie.
Kom ons keer eerder terug na Hom en sit ons hoop en land terug in Sy Hande.
Ons kan skreeu,ons kan stem,ons kan baklei en ons kan redeneer nes ons wil, dit sal nie ooit, in ons hande,kan wees nie

Sê maar net... ·

Die howe en regering is bang vir die BLF en kop en een mis met hulle…julle mors julle tyd en geld

Oom Okkert Stywe Arms ·

Ek sou hulle laat begaan. Gee glad nie om oor ek uitgsluit word oor my vel wit is nie. En dan is ek boonop nog n opregte Boerseun.

Eunice ·

Ooooo,genade nee,ek dog toe ek stem vf+ die jaar,maar die ondersteuners op mm, laat veel te wense oor, met hul aggressie!
Hallo ACDP EN COPE vir my

Kobus ·

ETC kom uit Latyns. Dit is dus ‘n Latynse woord “et cetera”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.