VF Plus skuif LP na Gautengse wetgewer

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die VF Plus het in ’n verrassende skuif besluit om een van sy vier dienende parlementslede na die Gautengse wetgewer te verskuif.

Dr. Pieter Groenewald, die party se leier, het Donderdag verduidelik die besluit om adv. Anton Alberts na dié wetgewer te ontplooi, is om strategiese redes geneem.

Alberts is die VF Plus se nasionale voorsitter.

Volgens Groenewald is Alberts ’n gesoute politikus wat sy party se Gautengse magsbasis sal kan uitbou en die ANC se meerderheid van slegs een setel in Gauteng sal kan uitbuit.

Sodra ’n enkele ANC-lid dus afwesig is, sal die opposisie die ANC in enige stemming kan klop, mits die opposisie teenwoordig en gedissiplineerd is.

“Die party was daarom van mening dat ʼn persoon met adv. Alberts se ondervinding en kundigheid van tien jaar as parlementslid in hierdie situasie ʼn belangrike rol kan speel om leiding te gee aan die VF Plus se LPW’s, maar ook aan die opposisie in sy geheel,” aldus Groenewald.

“Adv. Alberts gaan die party ook doelgerig help om sy magsbasis in Gauteng te bevestig en uit te bou. Die VF Plus se Gautengse koukus het hom gister as die party se koukusleier aangewys. Adv. Alberts was ook die VF Plus se premierskandidaat vir die pas afgelope algemene verkiesing en sodoende eerste op die Gautengse kandidatelys geplaas,” het Groenewald toegevoeg.

Hy bly aan as voorsitter van die party op nasionale vlak en sal steeds betrokke bly by nasionale kwessies soos dié van die Transnet-pensioenarisse. Hy gaan hom veral op netelige Gautengse kwessies soos onderwys, gesondheid en die e-tol-stelsel toespits.

“Soos hy onderneem het in die aanloop tot die algemene verkiesing, sal hy ook vanuit die opposisiebanke poog om ’n grondwet vir die Gauteng-provinsie te skep wat veral minderheidsregte beskerm,” het Groenewald afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Geluk met die slim skuif op die politieke skaak or!

Andre ·

Solank selfbeskikking hoog op agenda kom kan vF skuiwe maak soos hulle wil

Kallie ·

Dit lyk nie of die VF+ van plan is om vir selfbeskikking te werk nie. Hulle is doodgelukkig met die huidige politieke bestel en sal dit ondersteun.

Jimmy ·

Presies Kallie, politici kry vet salarisse en floreer. Die meeste van ons moet maar raap en skraap om te oorleef in die sisteem. Dan is daar nog mense wat dink die politici veg terug.

Jimmy ·

Jip, koukusvergaderings is maar net nog ‘n Sondagmiddag ete.

Sarie ·

Die Botswana regering ook en kyk hoe goed werk hulle. Hang af watter families daar is. Is dit mense met integriteit of nie.

annemarie ·

Ja Piet net soos jou ANC party ook ‘n familie besigheid is. VF+ forever vir my dankie

Piet ·

annemarie, my anc? ek stem nie eens nie, juis oor familie bande. Dink hoe baie geld die families uit belasting bydraes gaan kry per jaar. Vir politikuste gaan dit net oor geld. Die res is n bysaak.

Cherokee ·

… en ‘n draadsitter wat nie eens stem nie, se kritiek word nie afgelag nie maar met minagting bejeen.

Kallie ·

Cherokee, die ANC minag alle Afrikaners, of hulle nou stem of nie.

Adam ·

Adv Alberts is ‘n ervare en bekwame politikus wat juis in die Nasionale Parlement hoort. Was die besluit nie dalk om vir die families plek te maak nie. Jy skuif immers nie die bank se kredietbestuurder na die tellers sodat die klient meer vertroue in die tellers kan kry nie.

Salomé ·

Kom ons kyk maar….of hulle byt enigsins meer as hulle blaf,gaan wees ADAM

Adam ·

Cherokee, indien jy MM se deeglike beriggewing aandagtig lees sal jy sien dat Dr Groenewald juis elders noem dat die VF+ ‘n mandaat het om saam te werk met die EFF, indien nodig.

Philippus Janse van Rensburg ·

Mooi so! Nou sal “ons gewaardeerde vriende” weet: “Hef aan”, lê nog voor!

Sonia ·

Strategie, goed deurdinkte strategie is presies wat nodig is en ons verwag niks minder nie van die enigste party waarop ons Afrikaanssprekendes kan staatmaak ! Ons bid vir wysheid en insig en God se guns vir die VF+

Jimmy ·

Die VF+ gaan ook skeur. Dit is maar in die Afrikaner se DNA wanneer dit kom by politiek en kerk.

Cherokee ·

Nee Jimmy, die Afrikaner blyk eerder napraters en kopiëerders van ander sinnelose menings te wees, weens ‘n gebrek aan oorspronklikheid.

Sarie ·

Ten minste het hul strategie. Advokaat het seker ingestem. Is Miskien ook beter om naby sy familie te wees. Die DA het meer die VF aan geval as andersom. Hulle is op die oomblik redelik planloos.

? leser ·

baie goeie skuif, groenewald, alberts gaan hulle les opse, hys nie op sy mond geval nie

Gert ·

Dis so lekker om uiteindelik verteenwoordigers te kry wat iets vir ons doen. Baie tevrede met julle!

Cherokee ·

En júlle Jimmy, het darem al kragte saam gesnoer met die EFF.

Judge Dredd ·

Sterkte VF+ – moet julle nie aan die ANC- meelopers steur nie.(DA)

Jerry ·

Op nasionale vlak is die opposisie onderworpe aan n gesamentlike twee derde meerderheid van die ANC/EFF en eintlik redelik magteloos om enige ANC/EFF voorgestelde wetgewing vir verandering te stop. Opposisie partye word daaraan herinner dat die moontlikheid bestaan dat die ANC/EFF aanslag agv opposisie weerstand teen versoening, kan oorgaan na n totale aanslag en dat die moontlikheid dat wetgewing vir staatsbeheer oor selfbeskikking ook op die ANC/EFF agenda ingesluit mag word en om dit binne die volgende 5 jaar deurgevoer te kry. Dit sou dus eintlik meer sin gemaak het om net een of twee vryheidsfronters in die parlement te he en die res by die provinsiale wetgewers. Hoe dit ookal sy, opposisie partye mag onder geen omstandighede hulself oorskat en die ANC/EFF se aanslag gering skat nie. Dat die ANC NDR oor die volgende 5 jaar n hele paar onaangename verrassing gaan oplewer aan die opposisie is Virseker n gegewe. Minder vakansie en meer van skouer aan die wiel as slaan terug gaan moet geld, want vir elke keer wat van nou af terug geslaan word, kan die opposisie verwag dat die aanslag teen die opposisie uitgebrei gaan word dmv wetgewing en natuurlik ook dmv intimidasie deur wetsongehoorsame massa optredes. Die tafel is gedek om te bepaal wie is baas en wie is klaas en die poppe gaan dans na gelang van weerstand optredes deur die opposisie wie deur optredes van die ANC/EFF getroef sal word! Interresante 5 jaar van magspel wat voorle! En die wenner is dus?

Koos ·

En dit gaan gepaard met minder salaris en ansienlike voordele teenoor ‘n LP. Dit is ‘n besluit om die sowat 400000 van hulle kiesers te wys dat die VF+ ernstig is oor die verantwoordelikheid. Begin met skole en gesondheidsdienste asb.

Charles ·

Mooi so VF+. Julle maak ons trots!
Trots Afrikaner en Afrikaans geverifieerd!

Frik Lotz ·

Baie goeie strategiese skuif deur die VF Plus. Adv. Anton Alberts sal hom beslis goed van sy taak kwyt. Dit wys net VF Plus doen nie net iets halsoorkop nie, maar deurdink alles deeglik en maak dan strategiese, positiewe besluite. Doen so voort!

Bianca ·

Kom ons wag en kyk maar eers…OF die vf+ WÉL iets beteken of hondhaar kan afmaak of nie…?
Ek twyfel baie sterk…

Judge Dredd ·

….ek stem saam dat die DA meelopers nou moet begin vereenig/saamstaan onder VF+.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.