Video: Aangerande vrou voer aan polisie gee haar koue skouer

Die vrou beweer in die video dat die polisie haar nie wou help nie [Foto: Skermskoot]

Die polisie ondersoek ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word waarin ʼn vrou beweer dat die polisie in Pretoria haar nie wou help om ʼn saak van aanranding te open nie.

In die video beweer die vrou dat sy Sondag vroegoggend na die Mamelodi-polisiestasie gegaan het om die saak aanhangig te maak, maar die polisiestasie was na bewering gesluit. Sy vertel in die video hoe sy om die polisiestasie gery het in die hoop om hulp te kry, maar dat sy voor dooiemansdeur te staan gekom het.

Die vrou het daarna by die Silverton-polisiestasie om hulp gaan aanklop, waar sy toe gehelp is om die saak aanhangig te maak.

“My aanrander loop tans vry rond en die polisie het niks gedoen om ons te help nie. Toe ons hier by die stasie aankom, het die polisie hom soos ʼn koning behandel. Ek het verskeie sake teen hom oopgemaak… Hy maak my lewe hel,” het die vrou in die video gesê.

In die video is dit duidelik dat die vrou se een oog blou en opgeswel is.

Sy het ʼn beroep op Bheki Cele, minister van polisie, en Ronald Lamola, minister van justisie, gedoen om haar te help.

“Ministers, kyk na my gesig. Ek is ʼn vrou. Kyk na my kop. Die polisie wil my nie help nie. Hulle wag dat ek moet doodgaan.

“Die mense wat veronderstel is om ons te beskerm, stel ons eintlik bloot aan hierdie soort aanranding… My aanrander sit by die huis. Wat moet ek nou doen? Moet ek teruggaan huis toe, waar hy my verder gaan aanrand, of bly ek op straat?”

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, is die 46-jarige verdagte Sondag in hegtenis geneem en die saak is van Silverton na Mamelodi oorgeplaas vir verdere ondersoek. Die voorval het na bewering in Mamelodi plaasgevind.

“Die speurder in Mamelodi wat die saak hanteer, het die verdagte aangekla op aanklag van aanranding. Hy is vrygelaat op waarskuwing en sal na verwagting op 30 Desember in die hof verskyn,” bevestig Muridili.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die Mamelodi-polisiestasie gesluit was omdat die plek ontsmet moes word nadat ’n Covid-19-geval daar aangemeld is. Die gemeenskapsdienssentrum is by die agteringang van die polisiestasie bedryf.

“Die stasiebevelvoerder het om verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak is met betrekking tot die sluiting van die polisiestasie en hy het hom daartoe verbind om te verseker dat wanneer die stasie weer ontsmet moet word, daar duidelike en sigbare tekens sal wees om mense na die gemeenskapsdienssentrum te verwys.”

Die stasiebevelvoerder het ook ʼn interne dissiplinêre ondersoek ingestel na die optrede van die lid van die speurdiens wat die verdagte op waarskuwing vrygelaat het en versuim het om met die klaer te skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Tanniepetoors ·

Môre lees ons die vrou of een soos sy is vermoor omdat haar aanrander op “waarskuwing” vrygelaat is en sy “vernedering” op haar gaan uithaal het. Ons leef in ‘n siek en gebroke land.

anniekiewiet ·

Eintlik leef ons in n siek wêreld, in sonde vervalle mensdom.

sopbeen ·

Presies wat ek ook dink. Die polisie het opleiding nodig vir GBV.

Shakespeare ·

Onaanvaarbaar. Kader SAP is erger en slegter as die kriminele. Hulle is vervuil in die SAPD maar aan die ander kant is alle staatsdepartemente vrot vd onbevoegde, korrupte gemors. Geen staatsdepartement funksioneer meer nie. Dit is die resultaat van kader ontplooiing. HOOR JY RAMAPHOSA. Julle het ons land in ‘n slym moeras verander. VIVA ANC/EFF.

anniekiewiet ·

Ek wens ramaphosa wil een keer antwoord op hoe ons voel.

Veronica ·

Tipies vd polisie! Hulle is te bang hulle moet dalk werk as hulle n saak moet oop maak!

Wonder ·

O so ons bly maar by die huis as polisisiestasie gesaniteer word hoekom kan die wat nie in aanraking was met postiewe geval dan tenminste buite in hull voertuie sit of kan hull nie net n groot tent op sitvir as daar sulke gevalle is,nee ons bly by die huis maak soos skoolkinders gryp elke geleentheid aan om by die huis te bly. Hull moet nie vir my vertel almal was in aanraking met die postitiewe geval nie…

Elinette ·

Lees die HELE berig. Gemeenskapsdiens is gelewer by die Mamelodi polisiediens se agterste ingang. Daar was net nie behoorlike kennisgewing op die voorste ingang deure nie.

Perdeby ·

Het jy nie gelees nie??? “Die stasiebevelvoerder het om verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak is met betrekking tot die sluiting van die polisiestasie en hy het hom daartoe verbind om te verseker dat wanneer die stasie weer ontsmet moet word, daar duidelike en sigbare tekens sal wees om mense na die gemeenskapsdienssentrum te verwys.”

Wonder ·

Is net so goed hull was nie daar so der behoorlike aanduidings…

Perdeby ·

Hoe laat jy so ‘n persoon op waarskuwing uit??? Hoe??? Is julle mense nie opgelei om te weet wat in so ‘n gaval moet gebeur nie. Hy MAG NIE BORG OF WAARSKUWING kry NIE!!!!! Ek was van die 1ste groepe wat die nuwe kursus bygewoon het ivm die nuwe gesinsgeweld wet. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hof verskyning, EN SLEGS DIE LANDDROS mag vir hom borg gee, hoe vra ek hoe???? Mnr Cele jou mense moet baie dringend terug gaan vir opkleiding, hierdie is onaanvaarbaar!

Wakkerslaper ·

Dalk moet ons begin om soortgelyke videos te maak van elke plaasaanval en plaasmoord en dit na ramaphosa, cele en die wêreld vol te stuur. Gebruik sosiale media om soveel moontlik druk op hierdie lot te plaas om iets te begin doen.

Elmarie ·

Wa het geword van Ramaphosa se beloftes oor geweld teenoor vrouens en kinders? Waar is die ANC Women’s league om bietjie rond te spring? Skande, arme vrou! Wat se boodskap stuur dit aan die oortreder? Dat wette gemaak is om te oortree, dis wat. Hier gaan weereens dadels van kom…

Suzette ·

Ek stem saam . In SA dink “our people” in elk geval dat reëls en regulasies net vir die minderhede geld.

anniekiewiet ·

Baie duidelik gee daardie mans geen flenter om vir enige vrou nie. Gaan kyk maar hulle geskiedenis en kultuur oor die eeue.

Cornel ·

Wil eers wag totdat sy in ‘n vlak graf gevind word en dan sal daar weer opalae gemaak word. PATETIES!!!!!! Hou op om al hierdie veldtogte “geweld teen vrouens” te loods, want julle doen NIKS vir die vroue van S A nie! Julle is jakkalse in skaapsklere….ja Beki natuurlik is jy die grootste blerrie een

Keelvol ·

Wat sy nie sê nie, is dat sy soveel keer al n saak oop gemaak het en dan trek sy die saak dan maar net weer terug.

Di ·

Raak ontslae van al die onbevoegde SAP lede met kriminele rekords en wat aangestel is net omdat hulle die regte velkleur het. Die regering het HEENTEMAL oorboord gegaan met hierdie regstellende aksie gemors. Mense word aangestel met GEEN ondervinding of kwalifikasies wat vereis word vir die pos nie. Solank jy die regte velkleur het is die pos joune, of jy die werk kan doen of nie, dis ‘n bysaak. Het self by plek gewerk waar die “verversings dame” sommer eendag in die SAP afdeling begin werk het!!! Het nie eers geweet hoe om ‘n rekenaar aan te sit, wat nog van die werk doen

Elinette ·

Dink net: só het anderskleurige mense gevoel pre-1994 toe daar omtrent net blankes in poste aangestel was. En voor julle my wil doodslaan ………………………… die enigste verskil is net dat die mense wat tóé bevoordeling gekry het wat dit werk aanbetref, was mense wat die nodige ondervinding en kwalifikasies asook dryfkrag gehad het om die werk reg te doen.

Maroelafonteiner ·

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men [and women] to do nothing”.

Karen ·

Ons het nie die voorreg om ñ “polisie stelsel” te hê nie.

ES ·

Die polisie is lankal nie meer daar om hulle gemeenskap te dien nie. Hulle doen vir jou ‘n helse guns as hulle jou met enigiets help. Dis maar hoekom ek my eie vuurwapen aangeskaf en gelisensieer het en maar my eie besigheig “hanteer” want met hierdie klomp slapg*tte gaan on nerens kom nie.

Dis jammer dat dit nie meer die polisie van ouds is nie. Op hulle kon mens trots wees.

Tanniepetoors ·

Dis wanneer sulke dinge gebeur dat ek wens MM wil toelaat dat ons meer as eenkeer kan stem vir ‘n goeie kommentaar. Ek wil sulke pligsversuim onder Cele se neus gaan invryf!

Toy ·

Ek sal glo hulle het haar nie gehelp nie, dis mos hoe dit gaan in die land, van die polisie is bang vir papierwerk en dis mos nie hulle wat aangerand is nie hoekom sal dit hulle nou pla. Dis ‘n skande en hulle kry elke maand hulle salaris vir swak diens. Polisiestasies wat werklik ‘n diens lewer moet ‘n beloning kry.

Mariana ·

Nou loop hy vry om haar dood te maak. Kry die man en sluit hom toe. Indien daardie vrou verder aangerand of gedood word, is dit beslis die polisie de skuld.

Swerwer ·

Verstaan glad nie, wat het die aanrander in die motor saam met haar gesoek
terwyl sy bestuur het.

Sandra ·

Ek het so pas ‘n boodskap van ondersteuning vir haar op Twitter gelos. Ek wens dit is in al die Suid Afrikaanse vrouens se vermoe om enige vorm van aanranding te rapporteer. Daar is so baie vorme van misbruik. Fisies, finansieel en verbaal. Mens dink nie dat die laaste een saak maak nie, maar in my opinie is dit die ergste een, want niemand kan sien jy word abuse nie. Dit breek jou heeltemal af. Ek bewonder die vrou want sy staan op vir haarself en noem name van die hoofde van ons staat om op te staan en haar te help. Dit is ‘n tipiese siekte in ons land, die aanrander word gelek om in te kom om homself oor te gee, terwyl sy soos ‘n krimineel behandel word. Ek hoop sy los die vuilgoed nou, want hy gaan nie verander nie, nooit. Sterkte my suster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.