
Wayne le Roux verduidelik hoe die Kaapstad se berede-eenheid ingespan word om wet en orde te handhaaf. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)
Met die meeste strande wat tans in die Wes-Kaapse omgewing gesluit is, is die polisie se teenwoordigheid opgeskerp in die gebiede waar toegang nou verbode is.
Die plaaslike metropolisie in Kaapstad span veral die berede-eenheid in om wet en orde te handhaaf en terwyl almal nie noodwendig saamstem met die sluiting van die strande nie, is almal dit wel eens dat hulle dit geniet om meer van die perdepatrollies te sien.
Video’s van metropolisiebeamptes op perde doen gereeld die ronde op sosialemediaplatforms en laat die moederstad soos tonele uit ʼn cowboy-rolprent lyk.
Die eNuus-span het meer oor Kaapstad se berede-eenheid te wete gekom.
- Die onderstaande insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Dit is die mooiste, mooiste perde!!!!!!!
Baie mooi perde… ek verstaan net nie die totale ban op die see nie…
Pasop julle strandlopers die perde blitspatrollie is op julle spoor.
Is die oseaan dan ‘n bron van Covid ?
Die goed is genoeg om mens se kop oortyd te laat werk. Die vakansie tyd is verby. Daar is normaalweg nie baie mense op strande buite seisoen nie. Maar die patrollies word al meer opgeskerp. En die misdaad af van die strande af floreer.