Video: Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek

Die uitgebrande MyCiti-bus nadat dit Maandagaand (10 Desember 2018) met ‘n petrolbom bestook is. Foto: ANA

ʼn MyCiti-busbestuurder is ernstig beseer nadat die bus wat hy bestuur het Maandagaand omstreeks 22:00 in Roodebloemstraat in Woodstock, Kaapstad, met ʼn petrolbom bestook is.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapstadse brandweerdienste, sê ʼn passasier wat in die bus was, is ook beseer, maar is nie in ʼn kritieke toestand soos die bestuurder nie. Twee brandweerwaens en ʼn noodvoertuig is na die toneel ontplooi.

MyCiti-werkers het op 15 Oktober met ʼn onwettige staking begin. Dit is die vyfde bus wat aan die brand gesteek is sedert die onbeskermde staking ʼn aanvang geneem het en die stad het reeds miljoene rande verloor weens die skade wat aangerig is.

Die busbestuurders eis dat hulle direk deur die stad in diens geneem word. Tans word busbestuurders aangestel deur voertuigbedryfsmaatskappye wat kontrakte met die Stad Kaapstad het. Oor die afgelope paar weke het bestuurders gereeld buite die Kaapstadse burgersentrum betoog en daarop aangedring dat hulle in diens geneem word.

Volgens berigte is sowat 80 stakende busbestuurders tot dusver deur die Stad afgedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trots Afrikaans ·

Die Bybel leer ons dat die teenoorgestelde van vrede is nie oorlog nie, maar wanorde of gaos.

Die volk moet terug keur na God toe. Lees vir Siener.

Die Verlore Skaap ·

Here whe go again….
Wat sien die siener nou weer Trots ?

Confused ·

Trots Afrikaans…dink jy weerspreek dalk jouself. Jy kan nie in God glo en terselftetyd glo wat “Siener” gese het nie. Ek stem wel saam dat mense moet terugkeer na God toe, maar ek dink in die moeilike tye raak meer mense ongelukkig verwyder in plaas van terug keer. Baie glo mos as dit sleg gaan is dit God wat dit toelaat. Maar ja, met al die geweld(nie net in SA nie) weet ek nie waar die mensdom gaan opeindig nie. :_-(

GatSienSonnerSpiël ·

Ja wat, brand maar af…..een van die dae is daar niks meer oor om mee te ry, of af te brand nie, loop met julle pote!

honourble member ·

Dis omdat alles toegelaat word in hierdie land dat dit so gaan. Die regering sit net afteroor en doen niks want hulle het totale beheer verloor oor hulle massas. Hulle is nou net gepla oor die verkiesing volgende jaar.

sus ·

As ek nou sê wat ek dink, sal ek aangekla word van haatspraak … maar ja, brand maar alles in hierdie land af, as daar niks meer oor is nie, wonder ek darem wat dan gaan word? Julle kan bly wees julle het nog werk, miljoene sit by die huis sonder werk.

Willie ·

n Vis vrot van die kop se kant af… almal weet by wie die probleem begin..

HPV ·

Ja Willie soos by liggewig onderhandelaars voor 94, snaaks toe het die meerderheid ook vir hulle gestem net soos nou.

Stephen Namibia ·

Herinner my toe Kenia onafhanklik geword het in 1963. Op dieselfde dag het die bevolking alles aan die brand gesteek (wat aan hulleself behoort!) om tekens van Kolonialisme en die witman te verwyder.
Die volgende week toe staan hulle bakhand voor dieselfde Kolonialiste om te vra vir hulp.
Afrika is n verlore saak.
In Suid Afrika brand hulle alles af en die belastingbetaler (vervloekte wit kapitaal) moet seker weer betaal.

piper ·

ja en vandag staan hy en wag vir die bus wat hy gister uitgebrand het.

christa ·

stuur die fotos om ook langs die vlag te gaan vertoon sodat die grootbekke kan sien wat in SA aangaan. Dan wonder mense hoekom die ou vlag so baie waarde het.

Thinus Erasmus ·

Plaas alle berigte en fotos van die “demokrasie in aksie” met die amptelike landsvlag prominent daarop, sodat die wereld mooi kan sien hoe goed gaan dit hier in NSA!

riana ·

kan nie verstaan hoe dink mense nie. hoe en waarmee moet daar weer ander gekoop word. en nou moet almal daar onder lei om by die werk te kom. Mense dink n bietjie asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.