Video: Dié losie nou ‘Toks & Tjops’ se nuwe tuiste

Die jongste seisoen van “Toks & Tjops” het pas afgeskop. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

“Wat ’n beter manier is daar nie om so ’n propvol sportjaar af te skop, as met ’n nuwe baadjie vir Toks & Tjops nie.”

Só sê Janina Oberholzer, een van die aanbieders van Toks & Tjops, oor die jongste seisoen van dié rugbygeselsprogram.

Toks & Tjops spog vanjaar met ʼn splinternuwe stel, ʼn kroeg genaamd “Die Losie”. Nuwe aanbieders, wat onder meer Rikus de Beer (Radio Raps), Hamilton Wessels en Rika Nieuwoudt insluit, vorm ook nou deel van die program.

Janina staan saam met Breyten Paulse opnuut hul aanbiederskoene vol, en ʼn paneel kenners, wat Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis en Jean de Villiers insluit, sal ook op ʼn roterende basis op die program te siene wees.

“Daar was baie onsekerheid met die beplanning, maar met die afskop is daar beslis vlinders, kom ek stel dit so,” het Jonathan, ʼn oud-Springbok sewesrugbyspeler en tans hoof van rugby by die Universiteit van Johannesburg, aan Maroela Media gesê.

“Toks & Tjops” spog met splinternuwe stel. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Hy benadruk dat hoewel ’n kroeg nou deel van die program vorm, Toks & Tjops steeds in familiewaardes gegrond sal wees.

“Omdat die program sedert 2011 op die kassie en al volksbesit is, wil ek nie hê die kyker moet enigsins afgeskrik wees dat ons nuwe mense aan boord bring nie,” het Janina verduidelik.

“’n Vernuwing is altyd nodig. Daar is ou gesigte en daar is splinternuwe gesigte. Daar gaan nog steeds iets wees vir sportliefhebbers, mense wat lief is vir TV en mense wat lief is vir Suid-Afrikaanse sport.”

Rikus het skertsend erken dat hy sy taalgebruik noukeurig moet dophou tydens die regstreekse uitsending van die program.

“Ek sien uit daarna dat Rika en Jannie ook deel word, hulle gaan nou weer ’n ander dinamika bring,” het Rikus gesê.

“Die stel werk. Dis tog hoe mense sport kyk en oor sport praat.”

Kyk na ’n video van die geleentheid hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Aai ·

Vaaitjie nie deel van program maak hom bietjie meer betrokke hou nie van die idee dat mense met hulle rug na hom sit.

OW ·

Die nuwe stel lyk baie mooi en die nuwe aanbieders lyk opwindend.Jammer dat Toks v/d Linde nie meer deel van die program is nie.Van die ou hout kan gerus uitgesny gewees het.

PEET ·

Dit is skokkend dat die familie program nou so uit gebeeld word asof dit in kroeg geskied word. Ek hou nie daarvan nie glad nie
My personlike standpunt

George ·

Stem 100% saam. Sal nie meer die program kyk nie, om rugby direk met drank te koppel is uiters swak.

Pierre ·

Het ook baie meer van die ou stel gehou, lekker kuier atmosfeer om n kamp vuur

Johanncb ·

Kon die program nie eerder ‘n nuwe naam ook gekry het nie?!

Pierre ·

Dit het niks met sy naam te doen nie, dit verwys na sport toks “skoene” en braai “tjops”

kragaap ·

Ha ha ou hammie vra hom wat in Japan gebeur het in 2019………

Nie Verbaas ·

Hoe kan die program nog steeds Toks en Tjops genoem word as Toks nie eers meer daarin verskyn as gevolg van “politiek” nie? Sy naam wil hulle egter nog steeds gebruik. Verander hulle nou van stel omdat kykertal geval het vandat Toks weg is? Ons sal dit nie weet nie.

George ·

Want Toks is rugby skoene. Toks en Tjops, maar nou braai hulle ook nie, so dis nie meer Toks of tjops nie, maar n c klas celebrity wat op ander se sukses ry.

George ·

Uiters swak om in n “kroeg” te sit, wil julle nou rugby met alkohol koppel? Nee wat, verander die naam en tyd. Bring vir Breytie, Janina en Vaaitjie om aan te bied.

Papsak ·

Net jammer Toks van der Linde kort daar hy het program gemaak

Veronika ·

Dankie tog ek hoef nie te kyk nie…..nog nooit daarvan gehou….

Spyker ·

Dankie tog ” Hoendervleis, Fantasties en Asemrowende v d Linde is nie daar nie”
Toks is n ander woord vir Rugbystewels!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.