Die polisie in Noordwes het sy skok uitgespreek oor ʼn video wat die rondte doen op sosiale media wat wys hoe ʼn verstandelik-gestremde vrou verkrag word.
Volgens lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het die 36-jarige slagoffer se suster ʼn saak van verkragting by die polisie op Phokeng buite Rustenburg aanhangig gemaak nadat sy op die video van haar suster se verkragting afgekom het. Die slagoffer is na bewering Sondag 28 Maart verkrag.
“Die verdagte is suksesvol opgespoor en Vrydag in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek ook wie die video geneem het sonder om in te gryp en die video versprei het sonder om die saak aan die polisie te rapporteer,” het Funani gesê.
Die verdagte (ook 36) sal Maandag in die Bafokeng-landdroshof verskyn.
Die polisie het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nie die video verder te versprei nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
En só verrot hierdie land: GEEN morele beginsels nie, as gevolg van geen opvoeding nie. Wat ‘n skande! Sluit die skuldiges permanent toe!
Die klas misdasf sal voortduur tot gepaste straf ingedtel word. Huidiglik gaan dit lekker. Hy ssl seker borg kry ook
Siek verby
Hoe siek kan `n mens wees!!!!! Die verkragter, video opnemer en almal wat dit versprei!
Jou mense meneer die hoof nar !