Video: Kaapstadse metropolisie brand los op motor

‘n Skermgreep uit een van die video’s op Twitter.

ʼn Video van lede van die Kaapstadse metropolisie het soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei nadat verskeie mense hul pogings afgeneem het om ʼn voortvlugtende verdagte in die Milnerton-omgewing aan te keer.

Die video’s wys dele van die beamptes se pogings om die bestuurder van ʼn silwerkleurige Audi met Gautengse nommerplate by ʼn aansluiting te stop. Daar kan gesien word hoe beamptes die motoris beveel om uit die voertuig te klim en hoe hulle dan op sy motorbande losbrand in ʼn poging om hom te verhoed om weg te jaag.

Ander video’s wys hoe die motoris wegjaag, met die beamptes kort op sy hakke, terwyl ʼn laaste video wys hoe die motor by ʼn woonkompleks injaag, met die polisie warm op sy spoor.

Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, sê sy departement is bewus van die video’s wat die ronde op sosiale media doen.

Volgens Bosman het die drama begin toe die motoris ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. Toe beamptes hom probeer voorkeer, het hy glo in hulle voertuig vasgery en dit beskadig.

“Hy het daarna weggejaag. Nadat beamptes hom ingehaal en aangesê het om uit sy motor te klim, het hy verseg en hulle het op sy bande geskiet,” het Bosman gesê.

“Die vasbeslotenheid van die bestuurder om die beamptes te ontwyk en inhegtenisneming vry te spring het hulle gedwing om alternatiewe stappe te doen om hom te stuit.

“Metropolisiebeamptes ondergaan gereeld opleiding vir sulke situasies. Die video wat tans rondgestuur word wys dat die beamptes op die toneel ʼn besluit geneem het om die wegkommotor se bande stukkend te skiet en dus sy pogings om teen ʼn hoë spoed weg te jaag, te verhoed omdat dit tot die besering of dood van onskuldige padgebruikers kon lei,” het Bosman gesê.

Nadat die motoris vir ʼn tweede keer weggejaag het, het hy deur die deure van ʼn gebou se parkeergarage gebars. Beamptes het hom gevolg en daar in hegtenis geneem.

“Die verdagte het ʼn wettige bevel om stil te hou en uit die voertuig te klim verontagsaam, en het deurgedruk met sy pogings om hom te verset teen inhegtenisneming en om die beamptes te ontwyk,” het Bosman gesê.

Bosman sê terwyl beamptes gewapen is om hulself te beskerm, is hulle ook verantwoordelik daarvoor om die lewe en veiligheid van inwoners en padgebruikers te beskerm.

“Daar is ʼn kommerwekkende toename in die vlak van geweld teen ons beamptes, asook al hoe meer wetteloosheid op ons paaie. Ons beamptes word dikwels gedwing om moeilike besluite in die uitvoering van hul pligte te neem.”

Die skietvoorval is reeds by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Wielspore ·

Het na die video gekyk en kan regtig nie verstaan hoekom die polisie beampte teen die voertuig se deur skop, wat wou hy daardeur bereik. Nie een van die lede het geweet hoe om ‘n voertuig se ruit uit te slaan. Opleiding wat die twee persone ontvang het is beslis nie op standaard.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou! Die opleiding van vandag is so pateties dit om van te huil. Wat ‘n skande is hulle nie vir die wat wel ook in uniform is en dit met trots doen nie hel

Danie ·

Ek dink daai persoon was so geskok en verward dat hy nie geweet het wat om te doen want hier voor hom staan twee manne met vuurwapens gerig en nal al die voorvalle van korrupte polisie beamptes kan n mens nie anders om te twyfel.

Juan ·

Duidelik kyk jy te veel flieks as jy dink jy gaan sommer n kantruit so maklik breek.

MT ·

Vriend Juan, ek neem aan jy was nog nie ‘n slagoffer van ‘n roof of aanval terwyl jy in jou motor – met venters toe en deure gesluit – by ‘n rooi verkeerslig gewag het nie.

Motorruite breek verspot maklik.

Jaco ·

En dis nogal stad Kaapstad se metropolisie, so dis die hoogheilige DA se opleiding…

H ·

ondersoek maar die polisie manne … daar sit iets hier agter .

Pieter ·

Daai ou kon bly wees hulle skiet net bande. Na hy so die polisekar stamp is dit n wapen om polisie te beseer. In Amerika was hy klaar geskiet deur die ruit. Ek sou sy ruit uit geskop het op hom- ek moet eerlik wees.

Rudolf ·

Ek is net bekommerd oor die woeste geskietery op n besige openbare pad - veral toe hy wegjaag. Daardie koeels moet stop iewers....Daar is ander maniere omn band pap te maak sonder om lukraak na die wiel te skiet. Neem `n skerp mes (deel van beampte se uitrusting ?) en sny eenvoudig die klep af. Nee wat mense – opleiding en ondervinding skiet te kort.

Aai ·

Kan net lag die beamptes kan daai man maklik gestop het hulle weet nie eers hoe om ‘n kar se ruit te slaan..Kan net lag.Almal van hulle het ‘n tweede magasyn by hulle waarmee hulle ruit kon breek.Wys jou net die swak opleiding wat hulle ontvang.So kan ons nou almal op ‘n voertuig skiet as hy in ons vasjaag?

Aikie ·

Uit die videogreep lyk dit op een stadium of die een offisier die venster probeer stukkend slaan met sy wapen se kolf. Dit was onsuksesvol. Volgens my het die offisiere heeltemaal binne hul reg opgetree. Die polisie kry deesdae die kort end van die stok in hulle algemene optrede. Goed, met reg was daar baie growwe foute in hul optrede, maar die twee beamptes het heeltemaal reg opgetree.
Die klep af sny met ‘n mes? Ek wil nie my kloue naby’ n wiel sit wat skielik kan draai en my beseer nie.
In elke skoot wat afgevuur was het die offisier die wapen laat grond toe wys en die projektiel is heel moontlik nog in die band. As dit wel beivde mure gepenetreer het, was dit in die pad vas.

Piet Pompies ·

Ek stem 100% saam met jou – al die keyboard warrior is mos almal Rambo’s en gee net kritiek
Offisier het 100% reg op getree – en mense dit is nie so maklik om ‘n ruit uit te slaan met ‘n pistool nie – Wel met ‘n sparkplug of ‘n window breaker – maar nou weer slaan hulle die ruit uit en daai ou word beseer dan is hy nou weer gemartel – die ouens kan net nie wen nie

Tjom ·

Skote in bande terwyl die voertuig stilstaan is EEN ding, maar om wild te skiet terwyl hy wegjaag, met geen ontsag vir waar die koeels heen vlieg nie, is iets anders. Bosman lewer geen kommentaar or daardie stukkie nie. Ook: as Metro dalk VOOR die audi gehok het, kon hy nie wegjaag nie. Opleiding ontbreek.

Samuel ·

Sommige mense moet kla omdat hulle mag! Indien die polisie niks gedoen het nie, was dit ook nie goed nie. Welgedaan, metropolisie.

Sêmanet ·

Daar moet ‘n rede (seker iets om weg te steek) wees hoekom die bestuurder wou wegjaag. Hoekom stop hy nie en vat die boete wat hy sou kry nie? Hulle het hom nie gedreig met die wapen nie, hulle het eerder die wiel geskiet. Ek dink ook dis welgedaan.

Tino ·

Dis die ding van ‘n plastiek geweer, jy kan nie soos in die movies dit as ‘n hammer gebruik nie.

So ek stem, die opleiding is duidelik gebrekkig

AndréS ·

Dit is nou ñ voorbeeld van totale onbeholpenheid
Neem daardie beamptes en lei hulle behoorlik op

Sarel ·

Hoekom wou die ou nie stop nie…wst was in die voertuig.
Hulle oon hom.mos met voertuie geblok het openbare skietery kan onskuldige mense in gevaar stel

Maar nou ja as die Adrenalien loop dan loop dit.

Sarel ·

Opleiding van alle magte…Weermag..Polisie…Metro Polisie glo ek is nie op Standaard nie

Wondermaarnet ·

As jy so desperaat is om weg te kom, moet daar fout wees. Kar was dalk vol dwelms of perlemoen.

Jaco ·

As dit nou in ‘n ANC beheerde munisipaliteit gebeur het, dan het ek die swak opleiding van die metro polisiebeampte verstaan. Maar dit het in ‘n DA-beheerde munisipaliteit gebeur. So wat dan nou van goeie regering en ander mooi goed waaroor die hoogheilige DA gereeld so hamer?

Piet ·

Hierdie was goeie opleiding. Uitstekend gedoen om die gevaar van die pad af te kry. Pluimpie vir die manne.

Karen ·

Ek wonder maar net of daar enige iets was wat in sommige van die kommentators se oë korrek sou wees. Tipies aan Suid Afrikaanse mentaliteit; kla om te kan.
Eerstens, al ooit gehoor van “smash en grab tint”, glo my, daardie Audi het dit op.
Tweedens, hulle voertuig het die Audi tot stilstand gebrung, en vir ‘n tyd immobiliseer. Indien hulle sou moes skuuf om voor hom te stop, kon hy wegkom, of maklik agteruit ry.
Derdens, pleks het hulle al die deure vol duike geskop! Die mamparra wou nie oop maak nie.

gpsa ·

Ten minste het die metropolisie opgetree. Waar ek in Gauteng woon is geen Metropolisie nie. Mense maak soos hulle wil, almal, nie net taxi’s nie. Niemand stop by stop strate nie tensy daar ander karre is nie, Rooi ligte word verontagsaam en taxis maak taxi ranks van linker bane. Dalk is dit waaraan daai drywer gewoond is en hom half dood geskrik toe daar in werklikheid metropolisie is, dalk nog nooit gesien nie.

Piet ·

Goeie werk polisie. Hopelik is die belhamel ook hardhandig in die polisie-vangwa ingeboender. Ek het geen simpatie vir hom nie.

LIEZL ·

Liewe land, kyk net hoe word die wapen vasgehou en rondgeswaai. En die ander een trippel soos ‘n dwaas al om die motor en moet toe ook nou ‘n band stukkend skiet. Glad nie professioneel nie

Brett ·

Kom ons kyk gou na die veite wat gegee is……
Weg gejaag….
Voortvlugtende verdagte……
Stamp polisie voertuig (poging tot moord)……
Beeld materiaal wys hoe daar deer die band afwaards geskiet word in die pad oppervlakte in………..
Shame arme “verdagte”……
Julle sien net die verkeerde dinge raak…. Voor beoordeel oor die SAP. vir eens tree hulle reg op en julle sien foud daar mee.. …. In Ander lande het sy bloed die teerpad bedek……… Dus reg……
Dus net jammer hulle het nie nog mageseine gehad om op hom leeg te maak nie…….

LANA is ELANè ·

Hierdie mense in uniform traumatiseer my ongelukkig netso, ek slaan altyd in angs uit as ek hulle sien, ek vertrou hulle niks en verkies om misdaad by sekuriteits beamptes aan te gee. Ek is al so geboelie deur die metropolisie en net die gedagte dat hulle my gaan stop maak dat ek wil wegjaag. Ek sal graag die persoon se kant tov sy gedrag wil hoor, niks waar mense vd gereg betrokke is blyk dit te wees waarna dit lyk nie.

Tanja ·

Ek stem saam met Mr Bosman, daar is so veel mense wat net nie ons padreëls gehoorsaam nie. Kyk net ń bietjie hoe min mense eintlik by ń STOP straat stop. Ek dink dit is hoog tyd dat die verkeers departemente meer pro aktief optree met die wettelossheid op ons paaie

KB ·

En hulle noem DIT opgeleide verkeerspolisie? Red ‘n volk! Dit spreek een woord: Amateurs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.