Die oorsprong van ʼn video van ʼn kaping wat vermoedelik in Johannesburg plaasgevind het en die rondte doen op sosiale media, word ondersoek.
Die video is op 5 Maart deur Crime Watch op YouTube gelaai en op die video word aangedui dat die kaping in “Mayfairweg” in Johannesburg plaasgevind het. Dit is egter nie duidelik in watter voorstad van Johannesburg Mayfairweg is nie, of wanneer die voorval plaasgevind het nie.
In die video kan ʼn mens sien hoe ʼn voertuig in die oprit na ʼn huis stilhou. ʼn Passasier klim uit waarna die kapers met hul voertuig agter die slagoffer se voertuig stilhou en hom vasparkeer. Die kapers dwing die bestuurder agter in sy voertuig in, waarna albei voertuie weg ry. Die passasier hardloop by die perseel se hek in.
Kol. Noxolo Kweza, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy is bewus van die video, maar dat meer inligting daaroor benodig word voordat sy kan vasstel wat presies daar gebeur het en wat met die slagoffer gebeur het.
Crime Watch is ook besig om vas te stel waar presies die voorval plaasgevind het.
http://youtu.be/5rx4DNc2Grw
fuck shit ass motherfucker
Vuilgoed! Min of meer dieselfde met ons gebeur n paar jaar gelede in Randburg. Genadiglik was niemand ontvoer nie maar die trauma van n geweer teen jou slape, is nogsteeds met ons.
Sterkte aan die wat betrokke is! Ek hoop die gemors word gevang – Al is dit dan net om die ontvoerde terug te kry by sy/haar huis!
Skokkend. En Zuma lag in die parlement. Useless.
Rubbish! mag hulle vrek aan ‘n ongeneeslike siekte!