Video: Kirkwood-betogers in aksie

Die munisipale gebou wat aan die brand gesteek is. Die video volg onderaan die berig. Foto: Precision Tow-In/Facebook

Die munisipale gebou wat aan die brand gesteek is. Die video volg onderaan die berig. Foto: Precision Tow-In/Facebook

ʼn Video van die onlangse onluste in Kirkwood in die Oos-Kaap versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ʼn Munisipale gebou is twee weke gelede tydens gewelddadige diensleweringbetogings in die dorp aan die brand gesteek. Die betogers het ook bande aan die brand gesteek en stukke hout in die dorp se paaie gegooi. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag.

Die video is vanuit ʼn gebou, wat teenaan die munisipale gebou grens, geneem en wys die spanning wat geheers het etlike oomblikke voor die gebou aan die brand gesteek is. Dit wys hoe betogers twee geboue se vensters stukkend gooi, en ʼn bakkie beskadig.

Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Al die onlangse gewelddadige betogings word steeds noukeurig ondersoek,” het Seekoei gesê. “Die polisie wil seker maak dat hy ʼn waterdigte saak het voor enigiemand in hegtenis gaan word sodat die skuldiges suksesvol vervolg kan word. Inhegtenisnemings kan binnekort verwag word.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging.

WAARSKUWING: Die video bevat kru taal en geweld. Sensitiewe kykers en kinders word aangeraai om eerder nie die video te kyk nie.

[wpvideo oDZrdXG4]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bianca ·

In sekere state sou hierdie beskou word as terroris optrede, en sou hulle beslis nie opgegee het tot gereg geskied het nie.

Dis barbaars, en slegs ongeletterde mense wat so kan optree.

Die land word deur ‘n klomp ongeletterde nikswetende patete geheers.

Chris ·

Bianca, ek is nie iemand wat weghardloop nie, maar watter toekoms het my seun in hierdie land?

Chris ·

En hulle dring aan daarop om as mense beskou te word? Wie gaan nou betaal vir al daardie skade?

boer ·

Hierdie gaan n baie meer algemene gesig word in hierdie land van ons. Brand en verwoes en steel en moor. Ons tyd het uitgeloop in SA,en kan kan jou nou se, hier is groter dinge oppad,
as die boere se grond begin gevat word.

Die polisie sal nie die massas kan keer nie, hulle sit dan noual en kyk hie die barbare ,als plunder en verwoes.

Ian van Kraayenburg ·

This is a blatant act of terrorism and vindictive behaviour from people who are out of control from a government that does clearly not care about the manner in which property is destroyed. It is a clear indication that the government does not care about the outcomes of these crimes.

Tiaan ·

“Vergewe hul Vader want hul weet nie wat hulle doen nie.” wou by my opkom,
maar ek is seker die Here sal my vergewe vir my gedagtes! Asseblief Heer vergewe my!

Gerhard Snyman ·

Ek wil net vir net vir bazil seekoei vra wie gaan hy arresteer n groep van honderde barbare hy bluf niemand nie waar was hulle voor die geboue aan gesteek is ?????? en al die skade aan gerig is plaas dat hulle lewendige ammo gebriuk en vir eers en altyd weer die leisels vat soos in MARIKANA SKRIK wakker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.