Video: Man ernstig beseer toe rowers vragmotor probeer plunder

Skermgreep uit video

Die 60-jarige Pierre Villoen is Donderdagaand omstreeks 20:00 erg met ʼn mes aangerand toe vermeende rowers sy vragmotor buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga oorval en probeer beroof het.

Die voorval het plaasgevind toe Villoen se vragmotor en talle ander voertuie tot stilstand gedwing is weens ’n ongeluk wat die pad tussen Hazyview en Mbombela versper het. Villoen was op pad om ’n groot vrag vleispasteie in Mbombela af te lewer.

Volgens Villoen het hy gesien hoe die groot groep plunderaars eers op ’n kleiner vragmotor voor hom toegesak en dit geplunder het. “Toe ek weer sien is hulle by my vragmotor,” vertel Villoen.

Villoen sê een van die plunderaars het na sy venster gekom en die vragmotor se sleutels uit die aanskakelaar gegryp.

Viljoen is verskeie kere met die mes in die arm gesteek (Foto: Verskaf)

Die plunderaars het probeer om die yskas agterin die vragmotor, waarin die vleispasteie vervoer word, met die vragmotor se sleutel oop te maak. “Hulle kon nie daarin slaag om die yskas oop te kry nie en het aggressief vir die regte sleutel gevra . Hulle wou ’n ruiltransaksie aangaan deur my vragmotor se sleutels te ruil vir die yskas se sleutels,” vertel Villoen.

“Hulle het my deur oopgeruk en my aan my voete probeer uittrek. Ek het aan die stuurwiel vasgehou. Die een het vir my gesê: ‘Jy’s dood, jy’s dood’. Gelukkig het die ou se hande van my afgegly en ek kon die deur toemaak.”

Villoen vertel hy is verskeie kere met ’n mes in die regterkantste arm gesteek toe hy die sleutel deur die venster probeer aangee het. “Hulle het are en senuwees in my arm afgesny. My duimspiere is geskeur en die been waar die murg loop, is gekraak. Ek het baie bloed verloor.”

Villoen het die polisie by die ongelukstoneel van die voorval ingelig. Die nooddienste op die toneel het Villoen se arm verbind.

“Ek het daarna met een arm Mbombela toe bestuur.”

Villoen is na die voorval by ’n private hospitaal in Mbombela vir ’n operasie opgeneem. Hy is Sondag reeds ontslaan.

Die voorval is by die satellietpolisiestasie op Mariti aangemeld. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Annoniem ·

Ek moet hier wegkom. My mense oorlede. Ek is alleen. So wil ek nie tot n einde kom nie. My raad aan jongmense is. Verlaat die land. Hier is niks meer oor nie. En dit raak net erger. En as jy die geld het, gaan net. Jou kinders het geen toekoms hier nie.

Wurmpie ·

Hoogtyd dat reg in eie hande geneem word. Polisie doen niks

Keelvol ·

Waar kom so klomp plunderaars so skielik op ‘n ongelukstoneel vandaan?
Hulle is orals. Peul uit die bosse uit?

Koos weskaap ·

Ek bly op n plaas op die R60 in die weskaap..die afgelope week is hier twee groot vragmoters wat gerol het..en dan moet jy sien hoe kom hulle in sulke massas hier verby om daai vragmotors te gaan plunder,,!! Net Afrika!

Johann cb ·

Hierdie ernstige probleem van plundering sal nie opgelos word tensy die hoë vlakke van werkloosheid aangespreek word nie!
Gesinsbeplannig sal nog ernstiger aangespreek moet word!

Rina ·

Johan , wil nie jou buble bars nie. Hierdie het niks te doen met werkloosheid nie. Hoekom sal hulle werk as dit so maklik is om hulle sakke te vul. Hulle wil nie regtig werk nie

Gert ·

Volgens die president het Kolisi eintlik eiehandig gewen, hy het nie die res van die span nodig gehad nie.

Blommie ·

Lyk soos iets uit n fliek, kan dit nie glo nie.
Almal staan magteloos en kyk wat gebeur.
Waar kom almal so gou vandaan?

sdp ·

Die goud splinter af van die beker, bokke tree uit, ander gaan na n beter heenkome, crime floreer, en party het weer wakker geword na 2 weke se sprokie land

Marisa ·

Wens ek het geweet wat die ongeluk veroorsaak het – deesdae word daar klippe in die pad gepak en nog derglike ander dinge om die verkeer te stop juis sodat hulle die vragmotors kan beroof. Kyk maar wat het onlangs in De Doorns gebeur – hou sogenaamde protes aksie en stop die verkeer sodat alles en almal beroof kan word. Ons sal dit nou meer gereeld sien.

Jerry B ·

Kyk mooi ANC, dis die room van SA toekoms. Julle het mos “mass action” aangespoor en nou, wat gaan julle nou doen. Seker net eish en terugsit. Maak mens woedend.

KO ·

Wat is fout, welkom in Afrika.
Hierdie is n opvoedings probleem.

JV ·

Ek dink nou maar net daar moet net op hulle losgebrand word sodat daar ‘n voorbeeld gemaak kan word van hulle dan sal dit hopelik stop en as dit aanhou doen dan dieselfde ding hulle sal naderhand te bang wees om dit te weer te try

CJ ·

Dit het in die verlede gewerk, maar dit sal in vandag nog n Marikana wees. Moontlik nog `n openbare vakansie dag en n standbeeld. Jy kan mos nie opgevoede mense wil skiet nie. Die mense wie al hierdie dinge veroorsaak het, sit nou doodstil soos muise. Hulle het die beloftes van daardie tyd uit die tronk geglo, en toe na al hul bokspringe werk dit toe vir hulle ook nie uit. Ek glo steeds ons is verraai, daaom is verkondig dat ons in geen kans verder gestaan het nie.

Neanderthal ·

En almal kan stem. Plundelaar se stem tel net soveel soos belasting betaler s’n. En daar is baie meer plundelaars as belasting betalers. Self Beskikking.

Sinies ·

Hierdie is maar een van vele sulke voorvalle per week. Dit is baie meer algemeen as wat die algemene publiek besef.

Dele van die Oos Kaap is baie sleg, die Polisie beskerm ook die misdadigers.

Sê Maar Net! ·

Dis verby met hierdie land! Ons het ons chips gehad! Nou net ‘n stryd om oorlewing……..

Tokkolos ·

Raai wat eet die gemors vandag
Ek hoop die een met die mes verstik daaraan
Gemors

Waarheid ·

Daar is werklik net 1 rede hoekom mense so sal optree en dit is dat hulle nie die WAARHEID (Jesus) ken nie nie. Dis demoniese manifestasies. Daagliks kan mens hierdie tipe dinge reg oor die wêreld sien toeneem. Ook is dit een van die eindtyd tekens. Ons moet daagliks beklee wees met Jesus se wapenrusting en reinig leef!

KrokodilBotha ·

Waarheid, mense soos jy moet trok begin ry. Lyk my die aflewerings sal dan hulle bestemming bereik sonder probleme. Sterkte, veilig ry.

Stellie ·

Waarheid, ek stem saam. Dis ook slegs Jesus wat ons kan beskerm in hierdie land. Ek pleit elke dag Sy Bloed oor my gesin.

Lava Lamp ·

Dankie Vader dit was nie ‘n trok met lewende hawe nie… Ek raak naar as ek net daaraan dink….

Waarheid ·

Verseker Stellie!! En aan God kom toe al die eer en heerlikheid!! Ons leef in ñ verlore wêreld en aanslae en slegte dinge kan steeds selfs met Christene ook gebeur. Ons word daardeur getoets en gesuiwer. (PS. KrokodilBotha, ek was self meer as 1 keer ñ slagoffer en my lewe ook amper verloor meer as 1 keer – steeds stap ek sterker anderkant uit en leer en groei deur dit met die hulp v/d Here).

Delarey ·

Sterk staan Afrikaners.

Die geskiedenis is nooit verby nie en die wiel draai beslis!

Koos de Meyer ·

Hoe kan mense nog in hierdie land. Sonder ‘n wapen ry, as jy in ‘n ongeluk kom sal hulle jou eerder beroof as om jou te help. Maar ons land gaan mos verenig want so sê die slim mense. Die land is in die afgrond in.

EO ·

Koos de Meyer, Wat help dit in elk geval jy ry met ‘n wapen. As jy hom gebruik en jou aanvaller sterf, word JY van moord aangekla.

Alexz ·

Beter om na Irak te emigreer. Jy mag ten minste jou vyand terugveg met alles wat jy het!

ExPat ·

Anargie al amper nou daar in Suid Afrika. Maak maar reg suid-afrikaners, vir dit wat kom.

Nettie ·

@ExPat – “anargie” ‘amper daar’ in Suid-Afrika??????????? Nee wat, ExPat – DIT IS ANARGIE IN SA. Lankal reeds.

Micke ·

Skiet nou een van daai wat jou lewe bedruig en kyk net wat gebeur. ons land het geen dissepline nie en alreeds bankrot. wat n lekker plek !!!!!!

EO ·

Juan, dan word die arme bestuurder van moord, of poging tot moord aangekla as hy iemand skiet.

elsa ·

Kan huidige regering nie die booswigte, plundelaars, rowers, onder beheer kry nie? Paaie onveilig en die mense wil nie werk nie. DOEN IETS regering..
ander partye moet ingryp en ons paaie weer veilig kry as huidige regering nie kan oplos nie

Stephen ·

Ons wil dierevoer uit Suid Afrika ry na Namibia. Sopas nuwe trokke aangeskaf.
Oorweeg nou Zambia wat baie veiliger is. Baie SA boere daar wat goeie lewe maak en voer produseer.

Marius ·

Laai die paai net so n ou ietsie. Jy sal al die skuldiges agter n bos vang trek net gumboots aan.

madels ·

Is daar nie n manier dat mense met gewere gelaai met rubber koeels kan rondry en as iemand iets soos die sien, dan op die rysmiere begin skiet nie. Want waaragtig dit lyk soos rysmiere wat oral uitpeul :-( ons woon waaragtig in n baie siek en ellendige land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.