Inwoners van Orania in die Noord-Kaap is nie van plan om hulle onafhanklikheid prys te gee nie en gaan daarom nie aan die munisipale verkiesing deelneem nie. Altans nie op die tradisionele manier nie.
Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
96 Kommentare
Ek stem sommer saam met hulle. Ons doen dit ook hier by ons in Kleinfontein duskant Pretoria.
Dis jammer die plek is nog bietjie klein anders was ek gister daar.
Volgens n ingeligte bron, stuur n hoë persentasie “spoiled papers” n boodskap dat die samelewing ongelukkig is met die status quo. Om net weg te bly spel apatie. So gaan stem en trek kruisies langs elke party se naam ?
As jy nie stem nie, gee jy te kenne dat jy tevrede is met dinge soos dit is. Wragtag, ek stem eerder vir die sotlike rooi mannetjies voor ek glad nie stem nie.
So almal by Orania stem dus de facto vir die ANC.