Video: Posttraumatiese gevolge van Covid-19

Johan Hatting, ‘n voormalige nuusfotograaf, en sy beste vriend, die vierpotige Kodak, het ʼn ondersteuningsgroep op Facebook begin wat mense toerus met inligting en ondersteuning hiervoor verskaf. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

Dit is welbekend dat dit tot posttraumatiese stres kan lei as iemand by die dood omdraai, en ʼn besoek aan ʼn hospitaal is gewoonlik nie ʼn aangename ervaring nie, selfs in die beste omstandighede.

As jy met ʼn potensieel dodelike siekte, soos Covid-19, gediagnoseer word, meen sielkundiges en beraders dit kan ʼn uitwerking op jou geestesgesondheid hê.

Die syfers van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het vroeër die week getoon dat sowat 17 000 pasiënte vir Covid-19 in die hospitaal behandel is. Sowat 2 400 van hulle was in hoësorgeenhede.

Johan Hattingh, ʼn voormalige nuusfotograaf wat in Irak en Sudan gewerk het, lei self aan posttraumatiese stres. Hy en sy beste vriend, die vierpotige Kodak, het ʼn ondersteuningsgroep op Facebook begin wat mense toerus met inligting en ondersteuning hiervoor verskaf.

Besoek die ondersteuningsgroep by PTSD SA op Facebook vir meer inligting of nader die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep se webwerf vir hulp.

  • Die onderstaande insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Vergelyk die huidige stats met 30 jaar terug en jy sal sien hoe swak die polisiebeamptes opgelei word! En hulle Cêle houding van “ek sal jou wys dat ek ‘n swart god is” houding!

Hennie ·

Ek verstaan nie op die oomblik hierdie berig nie. Kan iemand dalk verduidelik. Die “NICD” het gister gesê dat daar al 1 346 936 positiewe Cov-19 gevalle in SA was met 37 449 sterftes.

Nou sê hulle ook dat daar 17 000 Cov-19 gevalle in die hospitaal behandel was. Is dit vir die hele Cov-19 tydperk? Is dit by al die hospitale of ‘n spesifieke hospitaal?

Dit wil dan neerkom op 1.2% van positiewe gevalle het hospitalisasie benodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.