Solidariteit het vandag ʼn historiese skikking met die regering onderteken wat bevestig dat hul rigiede toepassing van maatreëls vir regstellende aksie teen internasionale norme indruis. Dus moet ander faktore as ras voortaan oorweeg word in die toepassing van regstellingsmaatreëls.
“Dit is ʼn historiese ooreenkoms tussen die partye teenwoordig, oor ʼn onderwerp waaroor min mense gedink het ʼn ooreenkoms moontlik sal wees,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, het die skikking saam met Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, en Boitumelo Moloi, adjunkminister van arbeid en indiensneming, onderteken.
Volgens Nxesi het niemand gedink dat ʼn skikking oor hierdie onderwerp, te midde van heersende negatiwiteit in die media oor die wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming, moontlik was nie – ook nie die regering nie.
“Die ooreenkoms vloei voort uit ʼn klag wat Solidariteit by die Internasionale Arbeidsorganisasie ingedien het ingevolge Konvensie 111 van die IAO wat amptelik deur die Suid-Afrikaanse regering bekragtig is wat internasionale standaarde daarstel waaraan Solidariteit meen die regering nie voldoen nie,” verduidelik Buys.
Konvensie 111 van die IAO hanteer die toepassing van regstellendeaksiemaatreëls in die arbeidsomgewing. Dié maatreëls moet volgens die konvensie egter genuanseerd, billik en buigsaam wees deurdat dit verskillende ander faktore ook in regstellingsaksies oorweeg.
Volgens Nxesi strook die inhoud en sentiment van die skikking volledig met die Grondwet en moet dit gebruik word om ʼn beter arbeidsmark te bou wat vir álmal werk.
Wat beteken dit prakties?
Die belangrikste punte van buigsaamheid in die ooreenkoms tussen Solidariteit en die regering as uitkoms van die IAO-proses en die getekende skikking is:
- Daar mag geen diensbeëindiging van enige aard as gevolg van rasprogramme wees nie.
- Rasprogramme moet tydelik wees en spesifiek op regstelling gefokus wees.
- Rasprogramme moet buigsaam wees, en ras is slegs een van vele faktore wat in ag geneem kan word met voorbereiding, inwerkingstelling en voldoening.
- Daar mag geen absolute plafonne vir indiensneming of bevordering vir enige groep wees nie.
Wanneer dit kom by voorbereiding vir, toepassing van en voldoening aan maatreëls vir regstellende aksie moet die volgende in ag geneem word: die inherente vereistes van ʼn pos, die poel van toepaslik gekwalifiseerde mense, kwalifikasies, vaardighede en ondervinding, natuurlike personeelomset en werwings- en bevorderingstendense in die werkplek.
Dit beteken werkgewers wat nie aan regstellendeaksieteikens kan voldoen nie, sal regverdigingsgronde vir nievoldoening kan opper wat insluit ʼn tekort aan werwings- en bevorderingsgeleenthede, onvoldoende mense uit die aangewese groep met die regte opleiding, vaardighede en ondervinding, enige KVBA-toekenning, hofbevel, oordrag van sakebedrywighede, samesmelting en oornames wat ʼn rol kan speel en die sakeonderneming se ekonomiese omstandighede.
Hierdie punte van buigsaamheid gaan as deel van die 2023-diensbillikheidsregulasies in die Staatskoerant gepubliseer en ʼn bevel van die hof gemaak word wat beteken dat dit volledige afdwingingsmag sal geniet. So sal werkgewers verplig wees om dit toe te pas. Dié skikking bring ʼn einde aan ras wat as enigste maatstaf toegepas word met indiensneming of bevordering.
Dit bring egter nie ʼn einde aan alle rasprogramme in Suid-Afrika nie, maar is eerder net ʼn ontknoping van die betrokke IAO-geskil.
Slagveld gewen, oorlog nie verby
Solidariteit het binne hierdie spesifieke proses nie die ruimte om ʼn finale streep deur regstellendeaksiebeleid te trek nie, omdat nóg internasionale standaarde nóg die Suid-Afrikaanse Grondwet hiervoor voorsiening maak.
“Die saak moet dus beslis word binne die plaaslike én internasionale werklikhede daargestel,” verduidelik Hermann.
“Hierdie kwessie is ʼn belangrike slagveld, maar die oorlog teen ʼn rassebedeling in Suid-Afrika duur egter voort,” voeg Buys by.
Impak op ander wetgewing
Gegewe die feit dat die skikking as hofbevel bekragtig gaan word en in die 2023- diensbillikheidsregulasies opgeneem gaan word, gaan dit wel ʼn impak hê op voortgaande en dreigende litigasie oor dié onderwerp.
Nxesi benadruk hoe hierdie skikking net tussen die regering en Solidariteit is.
“Solidariteit kan nou self besluit wat hulle daarmee maak, gegewe ander moontlike litigasie in beplanning. Nóg die departement nóg Solidariteit kan namens ander rolspelers praat oor wat presies hulle met die inhoud van die skikking gaan doen.”
So is die presiese impak wat die skikking op toekomstige litigasie gaan hê nog onduidelik. Wat wel ʼn gegewe is, is dat die inhoud van die skikking in die Suid-Afrikaanse wetgewende raamwerk opgeneem gaan word.
Koek moet groter word
Partye deel egter kommer oor die benarde werkloosheidsituasie in die land.
“Werkloosheid, ongelykheid en armoede staar ons stip in die oë en ons moet oplossings hiervoor kry,” verduidelik Nxesi.
Buys meen dat wanbalanse reggestel moet word, “maar op so ʼn wyse dat daar nie nuwe wanbalanse geskep word nie”.
“Ons moet as’t ware die grootte van die indiensnemingskoek vergroot. Om bloot die huidige krimpende koek te herverdeel, is nie ʼn oplossing nie,” verduidelik Buys.
Solidariteit en die departement is dit eens dat die skreiende vaardigheidstekort in die land sentraal staan aan die oplossing vir die land se werkloosheidsprobleem.
“Ons glo dat ʼn insetgebaseerde benadering, opleiding en ontwikkeling goed is vir individue én vir die land. Die land se werksmag kan nie verteenwoordigend wees as die vaardigheidsaanbod nie verteenwoordigend is nie. Dit sal geen nut hê om die vraag na sekere werknemers te vergroot as die aanbod van hierdie werknemers nie ook vergroot word nie,” verduidelik Buys.
Gedeelde belange
Min. Nxesi het dié geleentheid beskryf as ʼn aardskuddende gebeurtenis en geskiedkundige hoogtepunt vir suksesvolle sosiale dialoog in Suid-Afrika asook die wêreld.
“Hier was dit moontlik vir partye met opponerende sieninge om ʼn skikking suksesvol te bereik sonder eksterne ingryping,” verduidelik Nxesi.
“Solidariteit het die regering oor hierdie kwessie uitgedaag, nie omdat ons die vooruitgang van swart mense teenstaan nie, maar omdat ons glo dat die huidige rasgebaseerde wette en beleide nadelig is vir werkers van alle rasse en vir die land as geheel,” sê Buys.
Nxesi het ook benadruk: “Ongeag verskille en diverse kulture … wanneer mense mekaar in goeie trou nader, is geen probleem onoorkombaar nie.
“Ons mag verskillende sienings hê, maar ons het dieselfde belange, want ons kan almal saamstem dat die welsyn van die land afhang van die welsyn van die land se arbeidsmag. Vir Suid-Afrika om te werk, het ons ʼn hoogs opgeleide, hoogs produktiewe en hoogs betaalde arbeidsmag nodig. Kom ons werk saam om hierdie droom ʼn werklikheid te maak,” het Buys afgesluit.
Piet Retief eggo knaend in my agterkop…
Ja shure. Die “regering” gaan hou by ‘n ooreenkoms?
Wat die partye eintlik sê is “we agree to disagree.”
Uitstekende werk deur Solidariteit.
Dr. Dirk Hermann vir president asb!
Nee Strandloper. Mense verander as hulle politici word. Los hom waar hy is. Hy doen goeie werk! En sy span met hom.
So as ek reg lees is eintlik niks besluit en niks is in plek gesit nie so dit was net ‘n goeie woordwisseling tussen partye? Ek sou gehoop het iets sou geëindig het teen die einde van die jaar en dat geleerde jongmense weer werk sal kry in SA teen volgende jaar, maar lyk nie dit gaan binnekort gebeur nie.
DANKIE!!! Solidariteit!!!
Wel gedaan Solidariteit !!
Goeie begin om op te bou.
Baie geluk en baie dankie.
So of mens nou die regering kan glo, onthou wat het Dingaan aan Piet Retief gedoen
Gee regrukwerk by eskom & ander vervalle staatsbedrywe vir wit mense met die regte opleiding en ondervinding.As dít ‘n uiters bitter pil is vir die ANC om te sluk, vat dan dáárdie wit mense se stemreg weg. Die geen stemreg word dan die “straf” vir apartheid. Dis darem beter as geen werk. Topbetuur+ander werkers kan swart bly.Ander swart werkers hoef ook nie “ondergeskik” aan dié wit sleutelwerkers te wees nie. Hulle kan buite-om en agter die skerms dinge regkry en direk aan topbestuur rapporteer. Al daardie swak staatsinstellings gaan uiteindelik regkom en dus nog werkskepping bevorder.
Voordat almal my nou kruisig oor stemreg wegvat: vanaf 1994 sê BAIE wit mense my hulle stem nie meer nie. Ek hoor gereeld “ons het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans”. Eskom en treine en munisipaliteite wat elke dag 100% reg werk is in elk geval ‘n veel groter behoefte/reg as om 1 keer elke 5 jaar ‘n kruisie te trek. Dink buite die boks.
Ek stem nie saam met jou. Maar merk wel dat 5 mense jou afmerk, maar met geen teenredenasie.
Is ‘n teenredenasie werklik nodig? Ek dink die inhoud spreek vanself….
Die uiters onbetroubare anc práát geweldig baie … bykans 99.99 % daarvan word nie eerbiedig, aandag aan gegee of nagekom nie. Dankie Solidariteit vir julle hoogs-gerespekteerde “werk” om iets te vermag. As lid van Solidariteit, betwyfel ek of hulle die getekende ooreenkoms enigsins ernstig opneem asook waardig ag. Dankie Dr. Dirk … !!!!!
Mooi so Solidariteit! Baie baie dankie vir wat julle vir die land doen. You fight a good fight.
Ras moet uit sport en die werksplek gehaal word asook die SEB wat ‘n euwel is punt.
Welgedaan Solidariteit
Piet en Dirkie Uys II. En Afrikaners glo steeds.
As Christen Glo ek alles is moontlik met Hom aan my sy.
Die vyand glo dieselfde.
Wie is die vyand?
Mens noem dit naief.
Wag. Wie was Pieter Dirkie Uys? Evita se oor oupa?
Skies as ek verkeerd verstaan Republikein maar is onafhanklikheid vir die Wes- Kaap nie ‘n nog meer vergesogte ideaal nie? As jy nie hierdie baie matige skikking vertrou nie, wat op aarde laat jou dink jy kan enige vertroue in die ander, baie meer radikale verwikkeling stel?
Baie dankie vir ure se onbaatsugtige werk en geduldige onderhandelings! Ons waardeer. My voorreg om elke maand ‘n paar rand vir julle en Afriforum by te dra.
Dit is net ‘n skerm van die regering. Niks gaan hiervan kom nie……………………
Die ANC gee nie op nie. Hulle het klaar ‘n Plan B. Buys en Hermann vertrou te maklik.
Of dalk was dit net n oulike media sessie van close vriende
Amen amen wil ons vir Solidariteit sè.
Asook Hallelujah!!!
Jul en Afriforum is ons
Reddingsboei in die vrot SA!!!!
SA nou di tyd om dankie te sè
Vir Solidariteit
Bid en vertrou.
Geen tyd vir negative te wees!
Draai terug na God.
Solidariteit moet ons nou vertrou
piet retief sppok by my…..jy kan die mense nie vetrou nie
Immers het ons burgelike organisasies soos Afriforum en Solidariteit waaraan ek hoop die meerderheid van ons klaers behoort.
Ek is trots nie n lid van Solidariteit nie.
Dis ook jou voorreg
Dit is nogals n voorreg. Ek wens net hul wil my foon nommer verloor
En nou was dit in die nuus, so dit moet waar wees.
Julle hoop. Besighede sal eerder maar swartes aanstel as om al die moeite te doen vir witmense. Hulle het ore vir Solidariteit aangesit. Kyk maar.
Ag nee, die regime en hul ondersteuners is regtig lief vir Afrikaners. Kyk maar.
Lees die artikel voor jy kommentaar lewer – hierdie is geen oorwinning nie. Hoekom onderhandel en kom jy ooreen op punte wat nie die konstitusionele toets sal slaag nie?