Video: Vroue helderoordag ontvoer

Die beeldmateriaal van die kaping en vroue se ontvoering is deur kringtelevisiekameras opgeneem.

Twee vroue wat Woensdag helder oordag in Centurion, Gauteng, ontvoer is, is weer veilig by die huis.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en ontvoering ná die voorval wat Woensdag omstreeks 16:00 in die woonbuurt Raslouw plaasgevind het.

ʼn Video wat kringtelevisiebeeldmateriaal van die misdaad toon, is intussen honderde kere op sosiale media gedeel.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê ʼn 63-jarige man was laatmiddag buite die Raslouw Lane-veiligheidskompleks met twee vroue in ʼn VW Polo op pad toe die ontvoerders die pad met ʼn wit Mercedes-Benz versper het.

“Vier gewapende mans het uit die Mercedes-Benz gespring en vuurwapens op die drie insittendes van die Polo gerig,” sê Masondo. Die drie insittendes is uit die Polo geruk.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe een van die kapers ʼn vrou hardhandig aan haar arms oor die teer na die Mercedes-Benz sleep. Die ander vrou probeer haar teësit, maar ʼn ander kaper ruk haar in die rigting van die Polo en prop haar terug in dié motor.

Hulle probeer ook die man ontvoer, maar nadat hulle hom in die Mercedes-Benz se kattebak gedwing het, kon hulle nie die klap kry om toe te bly nie en ry kort daarna sonder hom weg.

Een van die vroue, Charity Nzuza, is later die aand in Midrand vrygelaat en die tweede het haar man Donderdag in die vroeë oggendure iewers uit Johannesburg gebel nadat sy daar afgelaai is, vertel Masondo. Nzuza is ongedeerd, maar volgens die polisie was die tweede vrou tot dusver nog te getraumatiseerd om ’n verklaring af te lê.

Die gekaapte Polo is verlate in Johannesburg gekry.

Masondo sê die motief vir die ontvoering is nog onbekend, maar die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marinda ·

Dit is tipies ons mense in S.A. Twee karre ry by die sekuriteitshekke in, maar niemand sal stop om die mense te probeer help nie. Elkeen vir homself. Sal sien hoe word jy aangerand, maar te bang om te help

Varkie ·

Hulle is bewapen met gewere, wat is ek veronderstel om te doen, te stop en op hulle af te storm met my baseball bat?

Jakes ·

Soos die ou in die swart Honda gese het op Facebook, hy was in die kar saam sy vrou en 2 kinders (3 en 1) hy het gedoen wat hy moet om SY gesin veilig te hou. Niks fout daarmee nie. En tweedens, enige Polisie ter wereld sal vir jou se, as jy nie opgelei is nie, bly daaruit.

Se maar net 1 ·

Ja lees net die kommentare hieronder – elkeen vir homself. Sal nie een op toeter blaas nie of polisie bel nie. Hoe kan mens as volk ooit saamstaan met mense wat nie vir mekaar omgee nie?

CJ ·

O jy bedoel soos die jong man van Rustenburg wat vroeër die jaar iemand wou help wat gehijack is, toe skiet hulle hom dood? Moet die mense wat daar was só gehelp het?

Nettie ·

Ek sal ook niemand te hulp snel nie; ek laai geen ryloper op nie, ek maak vir niemand wat ek nie ken nie, die deur oop nie en ek leen vir niemand geld nie. Ek soek nie moeilikheid nie. Punt, einde van die saak.

Cherokee ·

Ek en my vrou het vanaf die Wes Rand na Johannesburg gery (alhoewel ek ‘n Kwa ZulaNataller is). Dit was op ‘n stiller pad tussen Carletonville en Randfontein en ek het ‘n ‘n blanke paartjie langs die pad gesien, ooglopend met ‘n motor wat vasgesteek het.
Terwyl ek in hul rigting gery het, het ‘n swart taxi reg voor hulle stilgehou.
Ooglopend was daar geen taxi-stop want dit is boendoes met geen huise of hutte sigbaar. Miskien wou hulle hulp aanbied.
Ek het stilgehou en vir die bestuurder gevra wat die probleem is en terwyl die taxi toe ek stilhou, weer wegtrek (sonder enige afklimmelinge), sê ek vir die jong outjie agter die stuurwiel: “Julle blyk probleme te hê en die hoofrede waarom ek stilgehou het is omdat die taxi reg voor julle stil gehou het, maar dankie tog, hulle het weer gery. Ek wou seker maak julle tel nie probleme op met hulle nie.”
Sê die jong lat vir my (terwyl sy metgesel na hom kyk): “Hulle moes my net try! (Ek sou hulle opvou!)”
Ek weet nie of sy metgesel na hom gekyk het met deernis of met bewondering nie en ek het nie lank genoeg gebly om vas te stel.

Allie ·

Wat aangaan in die land is Goddeloosheid.
Ons Vader sit ons onder strafgerig want ons aanbid Jesus as ons god en en sy Vader(die Almagtige Skepper van ALLES) nie.

Frans C ·

Wanneer die regeerdes self wetteloos word gebeur sulke dinge.

Jacques ·

Kom me sisulu , kyk die video en gee jou mening of die landsburgers nogsteeds wetsgehoorsaam is . Ek wil nou al se dat een van ons regering n woord oor die voorval sal rep nie . Hulle is nie gepla oor die alleman op straat nie net sy geld . Swak verby .Baie sterkte aan die slagoffers .

jakes ·

Dis lekker hier in de nuwe wildeweste. Mense is kranksinnig en hoort in die loony bin.

Ek dink ·

Suid-Afrika is baie vinnig besig om in ‘n regte derde wereldse, agterlike land te ontaard- in baie opsigte is ons al daar. Hoe het alles nie in net 24 jaar agteruit gegaan nie- alle dank natuurlik aan die ANC.

linda limbo ·

ek gaan lees maar openbaring oor en oor
dit verduidelik alles wat gebeur
ons is geskroef kort en kragtig
met of sonder wapens sal jy presies doen wat jy moet met ‘n 9mill in jou mond so moenie kom met jy moet jou bewapen, hulle is nooit net 1 nie
probeer 5!~
net die Here kan ons red

kallie ·

Ek weet nie wat ek in die situasie sal doen nie. Indien ek kon sou ek hierdie land more verlaat met my kinders en kleinkinders ,al het my voorvaders met hul bloed vir hierdie grond betaal(ons gaan dit in elk geval weer verloor). Ja in my hart huil ek vir SA maar realisties gesproke is daar vir ons kinders en kleinkinders nie hier ‘n toekoms nie.

Karen ·

Kallie jy is reg ek weet ook nie wat ek sou doen in die situasie maar ek kan jou een ding vertel…. i smell a rat…. geen motief ? Nee die merc het polo ingewag….?

Mrs H ·

Gaan van nou af n Dagger by my dra. Dalk nog aansluit by Judo klasse. De hel hiermee!

Lorna ·

Ek was amper ontvoer. Hulle het op my afgepeil terwyl ek.nog ‘n hele ent van my kar af was. Gelukkig is ek fiks en kon ek hardloop en voor hulle by my kar kom, die deur sluit en wegjaag. Hulle was opsigtelik teleurgesteld. Daar is net niks wat mens kan doen om so iets te verhoed nie, dit kom uit die bloute. Al wat my gered het is die Here vir wie ek elke dag bid vir beskerming en die feit dat ek vinnig kan hardloop en nie oorgewig is nie. Dames julle moet fiks raak en leer om aandag te skenk aan wat om julle aangaan. Word fiks en kyk rond, moenie net gaan lê dat hulle jou wegsleep nie. Baklei terug. Hardloop. Doen net iets asseblief.

Petrus Heigers ·

Dan wil die sotte [sile] 0ok nog die blankes ook nog ontwapen om verder te verhoed dat jy weerstand teen misdaad bied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.