Die video volg onderaan die berig.
Suid-Afrikaners van oor die hele land het Sondagaand ‘n vreemde vlieënde voorwerp in die lug gewaar, en ‘n aantal het foto’s en video’s van die vreemde verskynsel geneem.
Volgens Greg Roberts, wat as ‘n bekende satellietjagter beskryf word, is dit egter toe nie ʼn vreemde vlieënde voorwerp nie. Sy verduideliking op RSG se Sterre en Planete-Facebookblad is dat dit ‘n Falcon 9-vuurpyl is wat in die ruimte van oortollige brandstof ontslae geraak het.
Die verskynsel het, wat tyd en rigting betref, min of meer saamgeval met ‘n oorvlug van die Internasionale Ruimtestasie (IRS) oor Suid-Afrika. Die IRS sal juis nou besonder groot vertoon omdat ‘n kommersiële vragtuig, die Cygnus, met die hulp van ‘n robotiese arm aan die IRS vasgemeer is. Die tuig, wat nog eksperimenteel is, het slegs 700kg vrag aan boord gehad. Dit moes al vroeër by die IRS aangekom het, maar het langer as ses dae geneem omdat dit rekenaarprobleme ervaar het. ‘n Paar dae vroeër het drie nuwe bemanningslede na ‘n vlug van slegs ses uur by die IRS aangekom.
,,,,,wie is ek om tye stry!
“WoW” vreemd inderdaad.
Ek dog dit is net ons Banke wat rekenaarprobleme ervaar.
Ai tog, nie eers Aliens wil Suid-Afrika besoek nie………. Het seker gehoor van ‘scrap metal’ en koperkabels wat so goed verkoop. Hulle sal nooit weer kan opstyg nie.
soos Casper sê die fotos en videos is altyd blurry en hazy
Ag nee, daar verpas ek toe weer my lift Mars toe!