Vier beseer toe Pta-tronk brand

Kgosi Mampuru-gevangenis. (Foto: Verskaf)

Vier vroue het behandeling in hospitale gekry nadat ʼn brand by die wooneenhede van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria uitgebreek het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê nooddienswerkers het Donderdag om 15:14 ʼn noodoproep oor die brand ontvang. Op die toneel was tien eenhede in ʼn sowat 150 m lange struktuur in vlamme gehul en brandbestryders het dadelik met brandbestrydingsoperasies begin.

Paramedici het vier vroue vir rookinaseming behandel. Hulle is in ʼn bestendige toestand na onderskeidelik die Mediclinic Muelmed en Mediclinic Medforum vervoer, sê Mabaso.

Groot skade is aan twee van die eenhede aangerig, terwyl nog vier skade aan die dak sowel as rookskade opgedoen het.

“Die vermoede is dat die brand in een van die eenhede uitgebreek en toe vinnig na ander eenhede versprei het weens die afwesigheid van brandmure tussen die eenhede,” sê Mabaso.

“Altesame 26 van die huurders word deur die brand geraak, maar die bestuur van die fasiliteit het aangedui dat alternatiewe verblyf vir hulle gereël sal word.”

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium onbekend.

Brandbestryders het ook kunsmatige asemhaling op ʼn kat in een van die eenhede toegepas. Mabaso sê die kat het sy bewussyn herwin en paramedici het suurstofbehandeling toegedien om hom te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

Hoekom word hulle in privaat hospitale behandel, hulle kan na Kalafong toe gaan. hoekom spesiale behandeling?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.