Vier in boeie oor perlemoen, krewe

Die perlemoen waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Vier mans is Maandag vroegoggend langs die N2 in die omgewing van Grabouw in boeie geslaan nadat hulle in besit van perlemoen en kreef met ’n straatwaarde van meer as R600 000 voorgekeer is.

Kapt. Frederick Van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het Maandag op inligting gereageer toe hulle om 06:35 onderskeidelik ’n silwer Land Rover Discovery en ’n wit Toyota Corolla tussen die Houwhoek-plaasstal en Highrising afgetrek het.

Die voertuie is deursoek en 29 plastieksakke met 3 760 eenhede perlemoen is in die Land Rover gevind. Dié vonds het ’n geraamde straatwaarde van R600 000.

’n Totaal van 29 Weskus‑krewe en drie kreefsterte met ’n geraamde straatwaarde van R3 000 is in die Toyota Corolla gevind.

Vier mans tussen 25 en 34 jaar oud is op die plek in hegtenis geneem. Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Grabouw verskyn op aanklagte wat verband hou met die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

Weereens , diegene wat die vuilwerk doen word gestraf . Die korrupte amptenare se sakke word gevul met goud en hulle sal niks aan die baasbreine doen nie . Geld wat stom is ….

Mieke ·

Ek wonder of daardie perlemoene weer terug in die see gegooi is en of hulle nog lewend was?.

Kurt ·

Hulle is almal geshack. Maw reeds uit dop gehaal en dood. Dit word al in die see deur die duiker gedoen voor hy nog die wal haal. So nee hulle is dood.

Danie ·

See goud met n oomf.Sommiges kan dit net nie weerstaan nie.Selle met renoster horing.Stadig maar verseker maak hulle ons natuur dood.

SjN ·

Hulle word in boeie geplaas maar in vorige berig word daar gemeld dat moordenaar ontsnap uit howe, mag glo nie geboei wees nie, lagwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.