Vier naby begraafplaas doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek vier aanklagte van moord en een saak van poging tot moord ná vier mans Saterdag in die vroeë oggendure in Engcobo doodgeskiet is.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die skietery het by Qutubeni plaasgevind. “Met beamptes se aankoms op die toneel is vier mans, tussen 39 en 77 jaar oud, dood aangetref in die tuin naby die begraafplaas.”

ʼn Voorlopige ondersoek het onthul dat die familie besig was om voorbereidings te tref om die oorskot van hul ouers weer te begrawe toe vier onbekende mans op hulle losgebrand het. “Vier van die ses mense, wat besig was om die oorskot op te grawe, is doodgeskiet. Twee persone het oorleef, waaronder ʼn 50-jarige man wat ernstige beserings opgedoen het. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die omstandighede rondom die moorde vorm deel van die ondersoek. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Die moor van mense is niks snaaks vir die soort of klas misdadiger dit is soos n oorwinning in sport.Onder bendes word dit aangemoedig en tel vir n rang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.