Vier vermeende stropers, insluitend ʼn SANParke-werknemer, is Vrydag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Die inhegtenisneming was die gevolg van ʼn intelligensie-operasie tussen SANParke, veldwagters en die polisie, het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die vier verdagtes is tussen 23 en 47 jaar oud. Volgens Bhembe het veldwagters inligting ontvang dat vier verdagte mans in twee voertuie op pad was om die wildtuin te verlaat. ʼn SANParke-helikopter het in die pad geland om die verdagtes se pad te versper.
Die verdagtes en die motors is deursoek en daar is op twee renosterhorings, ʼn jaggeweer en ammunisie beslag gelê. Die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van onwettige jag, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en betreding.
Ek laat my nie vertel intelligensie het nie idee wat aangaan nie, hulle kon in jare geen patrone waarneem nie, het nie ‘n idee wat op die grond aangaan nie, nee, waar daar te skep is moet daar geskep word.