Vier verkool in gru-botsing naby Mosselbaai

Vier mense, onder wie ‘n kind, het in die voertuig doodgebrand. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Vier mense, onder wie ʼn kind, is dood toe ʼn motor Maandagaand laat ná ʼn botsing met ʼn vragmotor aan die brand geslaan het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die Volkswagen Polo het om 23:30 bo-oor die middelman op die N2 by Danabaai, digby Mosselbaai, gejaag.

Dit het met die vragmotor in die aankomende baan gebots en in vlamme uitgebars.

Die vier insittendes het in die voertuig verkool, het Africa gesê. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Die motor het reg van voor met die vragmotor gebots. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Nooddienswerkers het ure lank op die toneel gewerskaf en teen Dinsdagoggend vroeg was die pad weer vir verkeer oopgestel.

Meer besonderhede oor die slagoffers is nie in dié stadium beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.