Vinnige deurbraak ná rooftog in Lutzville

‘n Vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Agt verdagtes wat hulle as klante by ʼn winkel in Stasieweg voorgedoen het, is aangekeer kort nadat hulle die onderneming beroof het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is Saterdagmiddag die winkel binne. Nadat hulle bedien is, het hulle vuurwapens en messe uitgepluk, ʼn ongenoemde bedrag geld en ʼn selfoon geroof, en van die toneel gevlug.

Lede van die Lutzville-polisie in die omgewing het kort daarna ʼn verdagte naby die toneel, asook ʼn tweede verdagte in ʼn wegkommotor in hegtenis geneem.

Lede van die Clanwilliam-polisie het kort daarna nog ses mense, tussen 35 en 55 jaar oud, vir die rooftog aangekeer. Hulle het ook beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool, 15 koeëls, ʼn Toyota Quantum, ʼn selfoon en ʼn bedrag geld.

Die verdagtes verskyn na verwagting binnekort op ʼn aanklag van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

offshore ·

Ek bly naby Lutzville en ons het almal op ons buurtwag groepe al die inligting gekry en dit het gehelp om hulle aan te keer. So as almal saamstaan dan kan ons n groot verskil maak. Ons sal self!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.