Vir vleis mag jy reis

(Foto: pixabay)

Olie die jaggeweer en pak die kamoefleerdrag.

Die minister vir bosbou, visserye en omgewingsake het pas gewysigde regulasies in die Staatskoerant afgekondig wat beteken reise in en uit Gauteng vir jagdoeleindes – mits dit jag vir die pot is – word voortaan toegelaat.

“Interprovinsiale reis na en van Gauteng word toegelaat vir jag met die primêre doel om vleis te bekom om te eet, of vir uitdunning,” lui Creecy se aankondiging.

Reise vir ontspanning na en van Gauteng word in dié stadium ingevolge die gewysigde vlak 4-afsonderingsregulasies wat pres. Cyril Ramaphosa verlede Sondag aangekondig het, steeds verbied. Reise vir sakedoeleindes word toegelaat.

Die nuwe regulasies oor reis vir jag het reeds Maandag in werking getree.

Luidens die regulasies bly wildreservate, botaniese tuine en akwariums steeds oop vir lede van die publiek, solank die toepaslike protokol gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Wat ‘n sirkus. Hierdie is so waar as vet een van die slimste virusse ooit. Jag sommer die virus ook, o ja hy gaan nie teenwoordig wees nie, hy wag vir jou wanneer jy plesier het.

isabelle ·

as mens mag jy nie by n geliefde gaan kuier uit provinsie vir plesier nie
maar jy mag gaan jag vir plesier

HMMM…

Harry ·

Hunting is a business, do you pay your loved ones if you go visit them?

Danie ·

Jag is net soos om n movie te kyk jy kry van albei plesier en nie een dra die virus oor nie. Hoekom mense nou gal braak daaroor slaan my stom. Die ou wat gaan jag is in n klein groep of selfs alleen en as ek dit nou reg het, het wild nie covid nie. Gin dus die jagter sy bok en die boer sy geld. Lekker skiet en lekker biltong maak daar is ook niks lekkerder so om die kampvuur en net stil te raak in God se natuur..

Persheks Adri ·

Dis goeie nuus vir die jagplase die boere het dit nodig!

Andre ·

Ek wonder waar kry die klaers hulle vleis vandaan? Slagpale waar honderde mense werk wat seker geen gesondheidsprobleme kan veroorsaak nie.

koos10 ·

Wie se pot? Met sulke regulasies is dit duidelik. Almal mag gaan jag!

marius ·

Ek wil ‘n tarentaal in Mosselbaai gaan jag. Hy is baie wild en taai . Kan ek vir’n maand gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.