Vlak 2: SA’ners mag nou sóveel kuiergaste oornooi

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma gedurende Maandagmiddag se mediakonferensie. (Foto: Siya Duda/ GCIS)

Suid-Afrikaners mag nou tot soveel as tien gaste vir sosiale doeleindes na hul huise oornooi mits die gasheer en gaste te alle tye maskers dra en sosiale afstand handhaaf.

Gimnasiums word ook eindelik weer toegelaat om hul deure oop te maak, hoewel gimnasiums se kapasiteit tot 50 mense op ʼn slag beperk word.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die nuwe regulasies wat gedurende vlak 2 van die afsonderingstydperk sal geld Maandagmiddag aangekondig. Dié regulasies is vroeër vandag in die Staatskoerant gepubliseer.

Vlak 2 van die afsonderingstydperk tree vanaand om middernag in werking. Die koop en verkoop van alkohol en tabakprodukte word gedurende dié vlak eindelik weer toegelaat. Beperkings op interprovinsiale reise word ook opgeskort sodra vlak 2 in werking tree.

(Argieffoto: Unsplash)

Volgens Dlamini-Zuma sal drankwinkels voortaan toegelaat word om alkohol vanaf Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 17:00 te verkoop. Suid-Afrikaners mag wel daagliks ʼn drankie tot 22:00 by instansies soos restaurante en kroeë met ʼn dranklisensie geniet.

Dié instansies sal egter beperk word tot 50 klante op ʼn slag.

Nagklubs bly gesluit weens die hoë risiko van oordrag wat dit inhou.

Dlamini-Zuma het verder gesê hoewel die koop en verkoop van tabakprodukte ná vyf maande eindelik weer toegelaat word, Suid-Afrikaners nié aan dieselfde sigaret moet rook nie aangesien Covid-19 só oorgedra kan word.

Daar is egter geen beperkings op die verkoop van tabakprodukte nie, het Dlamini-Zuma bevestig.

Argieffoto

Die aandklokreël bly van krag tussen 22:00 en 04:00 en slegs diegene wat ʼn permit het of moet reis weens ʼn mediese noodgeval sal toegelaat word om in dié tydgleuf rond te beweeg.

Volgens Dlamini-Zuma is die aandklokreël in dié stadium nog nodig om te verhoed dat motoriste in die nag onder die invloed van alkohol bestuur veral noudat die verkoop en koop van alkohol weer toegelaat word.

Byeenkomste soos troues, begrafnisse en godsdienstige byeenkomste word steeds beperk tot 50 gaste, roubeklaers of kerkgangers. Nagwake word in dié stadium steeds nie toegelaat nie.

Akkommodasiegeriewe en toere word wel nou weer toegelaat kragtens goedgekeurde protokol om sosiale afstand te verseker. Dít terwyl biblioteke, museums, dieretuine en akwariums weer hul deure mag oopmaak en strande en parke weer besoek mag word, het Dlamini-Zuma gesê.

Volgens die minister sal wateraktiwiteite soos skubaduik ook weer toegelaat word hoewel plesierskepe in dié stadium geanker bly.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Fliekteaters mag bedrywighede hervat teen ʼn kapasiteit van 50%.

Geen toeskouers word by sportbyeenkomste toegelaat nie.

Persone mag vir die duur van die ramptoestand nie uit hul woonplekke gesit word nie. Huise mag ook nie gesloop word nie tensy ʼn hofbevel uitgereik is vir uitsetting of sloping.

Die dra van maskers in die openbaar bly verpligtend, terwyl die huidige beperkings op internasionale reise van krag bly.

Dlamini-Zuma het daarop gewys dat Suid-Afrika ʼn moeilike vyf maande agter die rug het met talle opofferings wat gedurende dié tyd gemaak is.

Die minister het egter vanmiddag gewaarsku dat Suid-Afrikaners nou waaksamer as ooit moet wees om ʼn tweede golf virusinfeksies te voorkom. “Die risiko van infeksie bestaan steeds. Die virus beweeg nie vanself nie. Mense versprei die virus.”

Vir die volledige regulasies klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Marius ·

Tien gaste en met maskers op te alle tye ?? Ek kan jou belowe dit gebeur nie in alle plekke nie , en dit is die mense wat dit juis moet doen en glad nie eers bymekaar moet kuier nie .

Gemaskerde Sopbeen ·

jy is reg Marius. As die klippies eers begin praat gaan die maskers spore maak.

Jacques ·

Fliek teaters kan oopmaak teen 50% kapasiteit. Maar sportbyeenkomste mag nie toeskouers hê nie. Of ‘n kerk wat 800 mense kan neem mag slegs 50 mense teenwoordig hê, wat 6,25% kapasiteit is. Waar is die logieka? Is Christene super verspreiders van die virus?

En glo my, wanneer ek gaste oornooi gaan ons nie sosiale distansie in my huis hou nie en sal ons ook nie maskers dra nie. Wat is die punt van kuier dan?

Tong in die kies ·

Dit maak ook nie vir my sin nie. Ek meen 2 van my gesin het in Aug verjaar en die ander 2 verjaar begin Sept. Ons is 8 + 1 kleinkind wat 1jaar word. Hoe op dees aarde kan ons al ons ander familie en vriende akkomodeer en dit is meer as 10. Gaan ons een laaaang uitgerkte partytjie hou en elke paar uur mense huis toe stuur om plek te maak vir die volgende gaste. ????

Jacques ·

Nee, ons gaan stil-stil ongehoorsaam wees aan die absurditeit.

Piet ·

Nou as die restuarante mag oop wees tot 2200 hoe moet die kelners, kokke en eienaars by die huis kom??

Anel ·

Of wat van die gaste? Jy kan eet tot 22:00 maar hoe kom jy by die huis. Geen logika.

Anel ·

Jy kan kuier tot 22:00 so hoe kom jy by die huis? Geen logika.

AndréS ·

En die kliënte? So ons moet maar in die restaurant of kroeg slaap
Net soos haar ex nie baie sterk op syfers nie

Rita ·

Weet nie van bogenoemdes nie, maar die kliente wat wat lekker kuier tot 10 uur, moet maar in die restaurant oorslaap???? Restaurante sal afsnytyd seker maar ‘n uur of so vroeer maak.

Koos ·

Piet hulle dink glad nie hulle praat maar net om iets te se al is dit ook hoe dom

TRP ·

Miskien eendag as ek groot word sal die wysheid kom want wraggies, nie als hier maak sin nie. Ek kan 100 vrae vra maar dit sal onbeandwoord bly, dus waardeer ek die klein vordering en plesiertjies wat oppad is.

Anel ·

So slegs 10 familielede kan kuier. Wat maak jy met die res van die gesin? En gaan hulle kom kyk of mense maskers dra? Maar jy kan meer as 10 in taxi pas. Ek weier om masker te dra. Sit die ding net op as ek by winkel ingaan. Haal dadelik af as ek buite kom. So vergeet daarvan dat ek dit in my EIE huis sal dra of in die motor. Waar is die logika? Hulle is honderde familielede, pas hulle dit toe of gaan hulle dit doen?

Jacques ·

Ja Anel, ek voel dieselfde oor die maskers as jy, verafsku die blerrie goed, dra dit slegs om die winkelbase se doeke skoon te hou. Al opgelet wat se kyke mens kry wanneer jy die ding afhaal soos jy by die winkeldeur uitstap?
Hulle is darem maar vermetel om te verwag dat ek ‘n masker in my eie huis moet dra, dit gaan nie gebeur nie.

Carina ·

En besoeke aan ouetehuise en versorgingsoorde? Tel dit onder gewone besoeke aan familie?

Persheks Adri ·

Ons is blank ok so ons deel nie sigarette nie ekskuus tog verskoon my kopdoek! Hoop jy word vervolg ons is nie stupid nie en moet nie ons intelligensie onderskat nie ons weet jy maak onwettige geld op swart mark! Julle reëls is steeds dubbel sinnig en verwarrend oe ee ee aikona ne!

Johan ·

Soos ek Regulasies lees is daar nie beperking op getalle nie!!

AmY ·

Hoe gaan ek eet en drink met die masker aan?
Vra vir my buurvrou.

Die Wolf ·

Maak kos wat jy met n strooitjie kan eet,dieselfde met die voggies..

foo ·

Dis reg, buig jou knieg vir die slawe meesters en dra jou masker as jou slawe teken – hoe lank gaan die publiek nog wag om uitgebuit te word deur hierdie absurde idees sonder enige wetenskaplike grond???

Christel ·

en as 2de golf kom sluit sy weer sigarette, koop die keer maar genoeg want daai “with immediate effect” is baie gewild by hulle. Net bly sy nie weer alles kom omver gooi nie. ek sou sê interprovinsiale reis moes nog voortgeduur het met `n permit dit is waar die 2de golf vandaan gaan kom maar die sigarette gaan seker die skuld kry daarvoor

Prikkie ·

Die virus is oral in hierdie land. Ek kan dit nie meer oor provinsiale grense versprei nie, dit het die taxis al lankal vir ons gedoen.

Jacques ·

Ek sien nie ‘n tweede golf in hierdie land kom nie. Deur die algemene gebrek aan sosiale afstand het die virussie reeds oral versprei en vermoed ek die land se herstelkoers is so goed omdat SA nou trop immuniteit opgebou het. Tyd sal leer.

Charles ·

me: please pass me the salt
guest at the table: sorry i cant reach…

Die Goodwoodianer ·

Nou kan ek weer my Paul Revere geniet… maar vir hoe lank?

Lorna ·

To little to late klaar skade gedoen
Het sy nou genoeg in die bank
Wens iemand kan n oudit OP die vrou doen

JohanR ·

Hierdie een probeer nog hard, maar luister lankal nie meer na haar nie. Soe paar Sondae gelede dink ek was daar miskien 20 van ons. Ons het maskers gedra, hande gewas, distansie gehou en pap, boerewors en tjops geniet. Wie is/was President Nkosazana Dlamini-Zuma nou weer. Is sy iemand belangrik? Nou dat ons op Vlak 2 is word die een se magte minder en minder by die dag. Voerstsak KopDoek!

Jessey ·

LOL………

So ons Moet nou weer rook, maar mag nie deel nie.

Ek wonderrrrrr…. As ons by vlak 1 kom mag ons seker weer deel

Adam Adriaan ·

Daar is iets fout met die logika van die regering. Lyk my hulle sukkel om 2+2 bymekaar te tel. en tot ‘n logiese gevolgtrekking te kom. Hoe dink hulle gaan hulle my polisieër in my huis. Hulle dink nie verder as wat hulle neuse lank is nie. “n Mens kan hulle maar net jammer kry met die agterstand van denke. Hulle moet ‘n nuwe wet maak van “Black Thought Empowerment”. Dalk sal hulle baat vind daarby.

Henk ·

As die aandklokreël geld om te verhoed dat mense onder die invloed bestuur beteken dit dat as ek nugter is geld die reël nie vir my nie…. kom ons beperk álmal want een of ander ou gaan heeltemal te bly wees dat die simpelste reëls opgehef word… absurd!

Blikkantien ·

Beteken dit dan dat dronkbestuur voor 22:00 dan ok is

AndréS ·

Ek gaan ñ besigheid begin wat kampbeddens aan restaurante en kroë uithuur, want hulle gaan baie gaste hê wat moet oorslaap

Petrus Johannes ·

Moet ons ek en my vrou in ons voertuig maskers op het

Die Wolf ·

Ag asseblief. Nee net as jy meer as twee in die voertuig is. Jy is mos nie in die publiek nie.

Blikkantien ·

Ek het gehoor van twee mense wat saamgery het sonder maskers en ‘n boete gegee was omdat hulle die maskers opgehad het nie.

Cherokee ·

Die aandklokreël bly van toepassing soos in 22:00 tot 04:00 en slegs mense met ‘n permit of tydens ‘n noodgeval mag reis in daardie tydgleuf. Tog mag drank verkoop word tot en met 22:00 wat 15 of 20 minute of selfs langer kan neem om te drink. Dan moet daar seker ‘n permit uitgereik word, vir huis toe gaan.

Louise ·

Ek het nou driekeer die Goewermentskennisgewing van vandag gelees. Twee dinge sien ek nêrens nie: 1. dat ‘n mens van more af mag sigarette koop 2. dat ‘n mens oor provinsiale grense mag reis. Dan luister ons maar vir die president!!?

Die Wolf ·

Kopdoek dit skelm uitgelos. Ignoreer . Sy is nie meer belangrik nie.

koos10 ·

Aandklok reël om te voorkom dat mense dronk bestuur? Amper lag ek my longe uit. Hulle redenasie is so goed om as om alle mans te steriliseer om verkragtings te voorkom! Hierdie is weer ‘n bewys dat sy totaal en al teen drank en tabak is.
COVID 19 is die slimste siekte ooit!

HJvdb ·

Dis my gat se deksel, daar sterf tans gem 14,600 mense per week agv siektes of natuurlike redes, 600 mense sterf aan covid per week…… en die tipe arogante wette word op mens afgedwing.

Jammer DOLLA… lankal nie meer op my nie!

Rentia ·

Hoe mag jy drink tot 22:00 in ‘n restaurant maar 22:00 lui die skoolklok en moet jy soet by die huis wees??

Chris ·

Genugtig miesies. Met al die reëlings, reëls, regulasies, moets en moenies moet ek nou wragtag van voor af leer om dronk te bestuur. Laat hy val waar hy wil antie. Skõll

Mariana ·

Niks maar niks wat daardie vrou doen maak enige sin nie. Sy is regtig waar besig om haar “mag” te misbruik. Hoekom word sy so toegelaat om hierdie land se mense so te behandel.

Kattebol ·

Ek en my familie en vriende kuier al 3 maande lank gereeld, sonder maskers en niemand het eens ‘n verkoue opgedoen nie.

Martie Smartie ·

Janee, die groot les wat ons leer is, moenie jou lap op jou kop dra nie, dit veroorsaak suurstoftekort en voortdurende breinfloute a la ons geagte minister. Want as jy wil reis na ‘n ver bestemming deur die nag, mag jy nie, want sy wil die 10% dronk bestuurders vd pad af hou so nou mag 90% nugter bestuurders dit nie doen nie. Wat vir my ‘amazing’ is, is dat almal hierdie nonsens vir soetkoek opeet. Die belaglikhede waarmee die vroumens vorendag kom, het nou vir almal die nuwe logika geword. Laai taxis vol, maak bioskoop teaters vol, gaan eet uit, gaan koop drank in ‘n winkel, gaan gym toe, kuier bymekaar, doen byna alle ander aktiwiteite, maar geen sport bywoon nie – goodness, watter sin maak dit? Die ANC was nog nooit bekend vir logika nie, maar waarom eet almal dit op? Dit se ons ly aan ‘n trop-mentaliteit – volg enige skaap en vreet als op wat ons voorgese word.

JM ·

Wil sy nie maar net verdwyn nie? Ek kan dit nie langer verduur om teen haar vas te kyk nie! Praat van ‘n pateet …

Niklaas ·

Ek wens tog dat Kopdoek binnekort wil aftree. Soos in 3 dae. En dan stil raak, want sy is gek oor die kalklig

marius ·

Virusse versprei nie vanself nie . Hulle word verkies en aangestel . Dis die waarheid .

Janc ·

As jy my verband betaal, sure…. Dan kan jy my beperk in my eie huis, maar gelukkig is dit nie die geval nie.

Danie ·

Nee Van Goghs is te mooi.
Maar ek kan dink aan ‘n Lucebert of self Picasso wat sal pas.

Louis ·

Wees bedag daarop: Dit is gladnie duidelik of die getal van 10 die gashere in- of uitsluit nie.

LANA is ELANè ·

Ek wil myself doodlag vir die vrou – julle moet nie aan mekaar se skywe suig nie – weet sy hoeveel mense SY forseer het om dit te doen, dansky die pryse wat die rokers vir hul gifpyle tydens hierdie tydperk, waarin sy mense soos kinders hanteer het oor wat hulle mag en nie mag nie, betaal het?
Saam suig aan twak sou beslis aan die orde van die dag gewees het, net dat almal darem ook ‘n rookbeurt kon inkry.
Die vrou is belaglik en ek wens ek het geweet wat die swaard is wat sy en haar “familia” oor DIE PRESIDENT se kop hou, dat hy maar net gedwee ingegee het dat hulle die land die afgelope pr maande na willekeur die afgrond in regeer?
Viva Sosialisme, Viva! Net jammer so min mense weet wat dit is om onder ‘n sosialistiese bestel te wees. Maroele media kan gerus ‘n volledige artikel met “interpretive dancing” vir die lesers gee rondom die verskillende bestelle waarvoor die ANC so hard vry by die Chinese.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.