Vlak 3: DA, VF Plus verwelkom aankondiging; EFF verwerp dit

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die DA en VF Plus het pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land op 1 Junie na koronavirus-vlak 3 skuif, verwelkom terwyl die EFF die “einde” van die afsonderingstydperk betreur het.

John Steenhuisen, DA-leier, het gesê dit is kritiek dat daar nou gered word wat te redde is in die ekonomie, maar dat dit eintlik ses weke te laat sal wees wanneer vlak 3 volgende week in werking sal tree.

“Daar was geen rasionele regverdiging om die aanvanklike afsonderingstydperk vir langer as die eerste drie weke te verleng nie, en hierdie verlenging het nou onherstelbare skade aan ons ekonomie aangerig. Die gevolglike swaarkry en lyding – en die uiteindelike voortydige sterftes van Suid-Afrikaanse burgers as gevolg hiervan – sou grootliks vermy kon word. Die regering en president Ramaphosa sal hiervoor moet pa staan.”

Suid-Afrika gaan nou die negende week van die afsonderingstydperk binne en volgens Steenhuisen beteken dit die land se afsonderingstydperk is die tweede langste van sy soort in die wêreld naas Italië.

“Teen 1 Junie sal ons Italië verbygesteek het. Ons ekonomie kon skaars die aanvanklike drie weke deurstaan. Die verlenging kom teen ʼn enorme koste vir miljoene en daar is baie min om daarvoor te wys. Suid-Afrikaners moes vir die afgelope maand en ʼn half by die huis sit en kyk hoe alles wat hulle opgebou het in mekaar tuimel. Mense het dit gedoen omdat vir hulle gesê is dit is hulle deel van die ooreenkoms. Hulle deel van die sogenaamde maatskaplike pakt waarvan pres. Ramaphosa praat.”

Volgens Steenhuisen behoort die inwerkingtreding van vlak 3 onmiddellik te gebeur en nie eers volgende week nie aangesien die afsonderingstydperk die ekonomie sowat R13 miljard per dag kos. “En selfs nou, vlak 3, gaan die irrasionele regulasies en uitsluitings voort. Daar is geen rede vir ondernemings soos haarsalonne om toe te bly as hulle onder dieselfde gesondheidsprotokolle as ander ondernemings kan werk nie.

“Daar is ook geen rede waarom sigarette verbode moet bly nie, aangesien die meeste rokers nie opgehou rook het nie, maar bloot hul onwettige sigarette elders koop. Ons doen ’n beroep op president Ramaphosa om vir ons die wetenskaplike regverdiging te gee vir die voortsetting van hierdie verbod, wat ons land honderde miljoene rande in belastinginkomste kos.

“Dit is ook nodig dat die president die grootste ontbrekende deel van die legkaart moet vul, naamlik die plan om die afgelope ses weke se ekonomiese verwoesting en die afgelope dekade se wanbestuur en plundering reg te stel.”

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het in reaksie op pres. Ramaphosa se toespraak gesê die ontsluiting van Suid-Afrika se ekonomie vind te stadig plaas om ernstige langtermynskade te voorkom, veral gesien in die lig van die feit dat Ramaphosa opnuut bevestig het dat die inperking sy doel gedien het.

“Sakeondernemings kon lankal reeds met die korrekte gesondheidsprotokolle in plek in bedryf getree het. Vir baie kleiner ondernemings is dit reeds te laat en die effek daarvan sal ʼn swaar las plaas op die land se reeds sukkelende ekonomie en sy groot werkloosheidsprobleem.”

Die VF Plus het ook sy kommer uitgespreek oor die “talle irrasionele maatreëls” wat steeds geld. “Die VF Plus sal om hierdie redes voortgaan met sy saak om die geldigheid van die Rampbestuurswet en irrasionele inperkingsmaatreëls in ʼn hof te laat toets. Baie van die maatreëls is volgens die VF Plus nie wettig nie aangesien dit ernstige inbreuk maak op mense se regte.

“Faktore soos die sentralisering van besluitneming oor die verlengde ramptoestand, ʼn gebrek aan konsultasie en die oorsigrol van die parlement, is onaanvaarbaar aangesien die toekomsimplikasies van die staat se eensydige optrede enorm is vir die ekonomie en vir alle landsburgers.”

Groenewald het verder gesê Ramaphosa se aankondigings dra geen amptelike status soos reeds gesien is in sy aankondiging oor tabakprodukte wat later omgekeer is nie.

“Regulasies is eers amptelik wanneer Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dit in die Staatskoerant laat publiseer. Dit is daarom belangrik om seker te maak presies wat die nuwe regulasies behels voordat op verdere optrede besluit kan word.”

Foto: Facebook via EFF

Die EFF het Ramaphosa se aankondiging met “diepe hartseer verwerp” aangesien dit volgens die party daarop neerkom dat die afsonderingstydperk in effek tot ʼn einde kom. Die EFF het veral sy kommer uitgespreek oor alkohol wat weer verkoop mag word wanneer vlak 3 in werking tree. Volgens die party sal dit tot gevolg hê dat hospitale weer oorval word met alkohol-verwante gevalle en sal dit die pogings om plek te maak in hospitale vir Covid-19-gevalle ongedaan maak.

Die EFF het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die raskaart te speel. Die party voer aan dat slegs wit mense tans veilig is van Covid-19 weens behoorlike sanitasie, behuising en gesondheidsorgtoestande.

“Dit moet op rekord gestel word dat die ANC-regering afstand gedoen het van sy verantwoordelikheid om die reg op lewe, veral van swart mense, te waarborg.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Arnold ·

Alhoewel ek bly is dat ek weer mag werk ,is ek teleurgesteld dat tabakprodukte nogsteeds nie toegelaat word nie.

Fedup ·

I don’t know which is worse. The da for accepting this new level, although the damage to the economy is irreversible.
Or that julius and his playmates play the race card again.
It’s the virus’s fault. Or should i say, the bacteria.
Everyone on this political ladder is detroying this country. Taking away our rights and thinking you can get away with it. Please keep playing your games with our lives.
Any ladder can only hold so much weight.
By the looks if it, a few are a bit puffy.

Pieter ·

Nou gaan die DA seker die hof saak los. Die ANC regering is te slim vir hulle. Elke keer as die ANC sien hier kom n hof saak dan verander hulle gou iets.

JohanR ·

Pieter ek hoop nie soe nie. Vlak 3 gaan ses weke duur, Vlak 2 gaan ses weke duur en Vlak 1 gaan ses weke duur – nog 18 weke, of 4.5 maande. Ek hoop almal maak nou gebruik van Vlak 3 se ses weke, om seker te maak hulle kry hulle sake by die hof, en om seker te maak die hof hoor daai sake aan in ses weke, voordat die ANC gemors gou verander sodra ‘n hofsaak begin warm word.

Jan GL ·

Geen politieke party gaan Pa staan vir besluite wat geneem is nie. Dit is ons, die gepeupel, die belastingbetaler wat Pa gaan moet staan. Iemand in die geskiedenis het gesê ons die kiesers moet ophou om na politiekuste te kyk om ons probleme op te los, politiekuste is ons probleem.

Fedup ·

I couldn’t agree more. We should run the country by the look of things.

KB ·

Ons (in SA) het te veel praters, die “doeners” is slegs ‘n klein groepie (en dis maar altyd dieselfde persone!).
Dis tyd vir aksie. Dis tyd vir jou alie lig, jou handjies vuil maak en jou bene te laat beweeg…en hou daai mond van jou toe.
Almal mor oor die sinnelose tabak vs alkohol-situasie, die wanvoeding in die land, die maatskaplike agteruitgang en toename in geweld, die ekonomie wat ten gronde gaan…maar o wee, moet net nie vir mý vra om iets te doen nie!
My magtig, staan op vir jou regte, orkestreer ‘n wettige betoog, gaan hof toe, dagvaar die regering wetlik en vlymskerp, raak ontslae van sogenaamde ministers (wat drakoniese en narsistiese reëls in stel).
Wat is fout in Suid-Afrika? Jý meneer/mevrou! Jy het slapsielig geraak. Dis jóú regte wat jou ontneem word. Word wakker!

Termiet ·

Nou vat leiding. Hou op praat, lig jou alie en wys ons wat om te doen.

Snowball ·

Tyd vir die EFF om dan iets positief te doen om swart lewens te bewaar – verskaf ontsmettingsmiddels en maskers gratis (teen julle onkoste natuurlik) vir julle bure in Alexandra, dan voel julle ten minste minder skuldig oor julle duur, veilige huise daar in die Noordelike voorstede.

Het die rooi narre al êrens ‘n kospakkie uitgedeel die afgelope 9 weke?

Santie ·

Ander lande se getalle van Covid het afgekom tydens afsondering. Ons sn het bly styg. So hoe kan Ramaphosa se dit was n sukses. Net sekere mense het die regulasies na gekom. En die regulasies is afgedwing op net sekere mense. Ek het dit met my eie oe gesien. My kind het n R1500 boete gekry toe hy kruideniers ware wou gaan koop maar ander loop oral rond in groepe en taxi staanplekke lyk soos n miernes. Geen gelykheid of regverdigheid.

Die Wolf ·

Ek sal beslis nie die boete betaal nie want dit is nie regsgeldig nie. Ou hoed spog oor die hoeveelheid mense wat boetes gekry het. Kyk of jy almal kan dagvaar om dit te betaal. Hy sal met pensioen wees dan sukkel hulle nog steeds om die persone te vervolg. Gogga maak vir baba bang..

Anoniem ·

Dit is soos jy se die getalle sal bly styg solank as mense nie by die reels hou nie.

Jaco ·

Die EFF en die ANC se houding teenoor wit mense verskil nie veel nie. Ek wens dus hulle wil ons almal na Europa, Amerika, Kanada en Australië deporteer.

gatgogga ·

Europa, Amerika, Kanada en Australie kan ons nie huisves nie.
Die enigste uitweg is ons eie onafhanklike staat. Google “ULA”.
Moenie net sit en wag en kyk of die ANC jou nie wil deporteer nie. Doen self iets, asseblief.

Jan ·

Ja wat iemand het gese saar is net twee goed in die wereld wat die anc nie kan opneuk nie. . Nou is dit bewts

Michael 1 ·

Die eff sal kwaad wees want dit is in hulle kraal om niks te doen en kospakkies te ontvang ,hulle leiers leef in n droom wêreld

LD ·

Ek is al so moeg om te hoor van die raskaart! Die eff wil als blameer met die raskaart! Ons blankes is mos ALMAL wel af en het die beste van als! Maar hy vergeet hoeveel plakkers kampe daar is vol blankes, hoeveel van ons blankes leef en woon met gemiddelde goedere soos karre, huise en salarisse. Party van ons besittings is nie ñ druppel in die emmer teenoor die meederheid sin nie en dan praat ek nie eers van die salaris nie. As n kfc (take aways) rekening vir ñ sekere R159 000 ñ maand beloop, dink net wat is die salaris vir daai persoon! Skrikwekkend en belaglik!

Willem ·

Die rooi vegters is terug ha ha was stil die VBS geld is op

Herman ·

Die eff se manne met hulle grade en als verstaan lyk my niks nie. Hoe moet n land funksioneer as niemand werk nie. Waar dink hulle kom pap, aartappels en champagne vandaan. Dink seke dit val erens uit die lug uit.

Fred ·

Herman, die Eff wil he dat die Ekonomie ineen moet stort sodat hulle kan oorneem by die Anc met hul kommunisme en totale onteiening van alle eiendom en so voort. Kyk weer na Malema se uitsprake…

Kanjynoumeer ·

Dankie vir jou artikel Nico.
Ja ja ja daar sal altyd verskillende denkrigtings wees onder politieke partye en kiesers. Dit is n gegewe.
Wat vir my moontlik n nuwe vars bries is, is Herman Mashaba en sy nuwe politieke party wat moontlik die politieke landskap kan verander.
Dít kan net n welkome verandering wees.
Kom ons hoop Mashaba kan die politieke landskap omkeer en stabiliseer ten goede.

Mellie ·

Dlamini Zuma gaan seker binne die volgende twee tot drie dae álles wat ons president bevestig het “auto-correct”. Hou hierdie spasie dop!

Kiewiet ·

Ek onthou dat Malema so twee of drie weke na die lockdown begin het, met die volgende gespog het. “Look at the statistic’s, there are more whites dying from Corona than blacks, it is thus a white illness and black people is immune to it” Nou se hy, “Tonight’s decision must therefore be categorically rejected as reckless and senseless only benefiting the white capitalist establishment at the expense of black people’s lives.” Kan iemand vir my se hoe die ou by sy feite uitkom. Malema sien jy hoekom jy nooit SA se president sal word nie?
Na 25 jaar met BBEEE, Diskrimenasie teen blankes, vermorsing van Biljoene Rande, groter armoede ens. Waar is die Black Capitalist Establishment, wat hulle so begeer maar nooit by sal uitkom nie? Ek dink die regering en die meeste ander swart politieke partye , moet met ernstige self ondersoek begin, en ophou droog maak. Met al julle binne gevegte verswak julle net mekaar en bring julle mekaar net in groter diskrediet.

gatgogga ·

Die EFF is besorg oor die opheffing van die alkoholverbod omdat ” sal dit tot gevolg hê dat hospitale weer oorval word met alkohol-verwante gevalle”.
Hulle het dus min vertroue in hulle mense se eie verantwoordelikheidsin en selfbeheersing. Skande!

Althes ·

Daar is mense wat langer as 40 jr rook – die ontrekking is enorm op hul gesondheid en emosies.
Goedgeaarde mense verander in ongeskikte buffels wat hul huislike verhoudings knou en versuur.

Ellen ·

Sy moet eers al haar skelm gestoorde sigarette verkoop voor sy sal instem dat ons sigarette kan koop.

pokkel ·

dit is ‘n ‘wetenskaplike’ feit dat die beste besluit gewoonlik die teenoorgestelde is van wat die EFF voorstel, dus is dit duidelik dat die lockdown dadelik sommer moet eindig

Jaco ·

mense, wees eerder bly. selfs al verskil die EFF ook van die ANC oor die kleur van die toiletpapier in die parlement se badkamers, VERSKIL hulle steeds van mekaar en solank hulle van mekaar verskil, word onteiening sonder vergoeding net verder uitgestel.

Fred ·

Die Eff wil he dat die Ekonomie ineen moet stort sodat hulle kan oorneem by die Anc met hul weergawe van kommunisme en die totale onteiening van alle eiendom en so voort. Kyk weer na Malema se uitsprake…

Ano ·

Ek weet nie hoekom die EFF so bekommerd is oor die verlies van nie-blanke lewens nie, aangesiens hulle van die voorbokke was wat verkondig het dat dit net blankes is wat Covid-19 kry.

Amanda ·

Noudat mense weer kan vlieg kan ons oor provinsies beweeg met ons motors? Is daar asseblief iemand wat vir my kan duidelikheid gee? Of is dit nou een van die en twee van daai? Afhangende van wie dit pas.

Kokerboom ·

Die ekonomiese penarie is baie ernstiger as wat meeste mense besef. Die grootste gevaar in die land is NIE Korona maar die politici self. Die EFF is ‘n klomp lee blikke en ek wens die media wil ophou om dekking aan die gespuis te gee. Syfers wat deurgegee word is ‘n klug en in baie gevalle, my mening word gewone griep of TB of soortgelyke voortkomste nou gerieflikheidshalwe as C-virus aangetoon vir redes reeds bekend. Alles draai om “our people” . Die parlementere Vet Katte het GEEN emosie met besigheidsverliese,emosionele stress en die oorlewingstryd wat buite woed. Laat ons positief bly, verantwoordelik optree en op ons kniee bly!

Renier ·

Die vlakke affekteer meestal die mense wat nie ANC stem nie. areas wat cANCer stem,word nie eers streng gepatroleer nie.jy soek nie drama by die mense wat reeds vir jou stem nie.dink daaroor.

Magda ·

Ag EFF bly asb stil julle is net soos ou dmz – praat baie en beteken eintlik maar niks.

Stephanus ·

Die EFF speel die politieke veld goed veral onder die “oningeligtes” . Ons politieke leiers behoort ook die geleentheid uit te buit deur n groot bohaai daarvan te maak dat die EFF niemand in hierdie tyd ondersteun het nie, dat dit hulle is wat die mense verkeerd ingelig het met “witmenssiekte” en dat hul stilswye oor die verbod op tabakprodukte n aanduiding
is dat hul moontlik voordeel uit die sluikhandel trek. Hierdie is slegs enkele oppervlakkige voorbeelde van wat gebruik kan word.

Chris ·

Natuurlik sal die EFF’ies dit verwerp. Hulle moet nou van hul sterte opstaan en ook gaan werk om geld in die hande te kry. Die mahala mali gaan een dag op ‘n reendag opraak en dan gaan die pret en plesier begin. Ek is egter net verstom dat hul nog steeds publisiteit kry.

Lizanda ·

Malema en sy trawante is regtig snaak – ja ek kan dink Malema voel ‘n diepe haartseer, sy heeltydse stokperdtjie tydens inperking gaan vanaf vlak 3 meer so winsgewend wees nie!

Willem ·

Wonder waar is die graad r rooi beret knapies. Hulle is beslis nie op grondvlak nie daar bestaan nie vlakke nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.