Vlak 3: Dié reservate in Pretoria oop

Moreletakloof (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Terwyl alle ontspanningsoorde in Pretoria tot verdere kennisgewing gesluit sal wees, is sommige natuurreservate steeds tussen 09:00 en 18:00 oop vir die publiek.

Die Tshwane-metro het Woensdag ’n verklaring uitgereik oor hoe die aangepaste vlak 3-inperkingsregulasies die natuurreservate en ontspanningsoorde in die Jakarandastad raak.

Die ontspanningsoorde wat tot verdere kennisgewing gesluit is, sluit in Fonteine-vallei, Derdepoort, Rooihuiskraal, Ga-Mothakga, Kwaggaspruit, Zwartkop Lapa, Moretele, Bronkies Angling, Die Draai, Klipkruisfontein, Joos Becker-woonwapark en Rietvlei Angling.

Die Wonderboom-, Groenkloof-, Austin Roberts-, Klapperkop-, Rietvlei-, Faerie Glen- en Moreletakloof-natuurreservaat is tussen 09:00 en 18:00 oop vir die publiek.

Hierdie reservate sal slegs oop wees vir selfry-wildbesigtiging, stap- en bergfietsroetes. Drankgebruik is egter verbode tydens hierdie aktiwiteite.

Piekniekplekke en voëlbesigtigingsbomas in alle reservate is gesluit.

Alle damme en munisipale swembaddens asook alle kampeer- en piekniekplekke is vir die publiek gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.