Vlieënier voor ongeluk: ‘Dié vliegtuig gaan my dood beteken’

Kapt. Thabiso Collins Tolo (49).

Die vlieënier wat op 23 Januarie 2020 in die noodlottige vliegongeluk omgekom het, was bekommerd oor die veiligheid van dié tuig. Só het Simnikiwe Tolo, kapt. Thabiso Collins Tolo se weduwee, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Sy het die bekendstelling van die verslag oor die betrokke vliegongeluk bygewoon en gesê haar man het geruime tyd gekla oor die toestand van die vliegtuig. Hy is herhaaldelik aangesê – ten spyte van sy besware daarteen – om daarmee te vlieg.

“Hy het vir ʼn toetsvlug gegaan en was steeds nie gelukkig toe hy teruggekom het nie. Maar hy het ʼn werk gehad om te doen.

“Hy het vir my gesê hierdie vliegtuig gaan nog sy dood beteken.”

Die ondersoekverslag, wat die Ethiopiese owerhede namens Suid-Afrika saamgestel het, het onder meer bevind die Cessna Citation, wat deur die Burger Lugvaartowerheid (BLO) bedryf word en waarin die drie slagoffers gevlieg het, was onlugwaardig.

Die minister van vervoer het Dinsdag egter geen duidelike antwoorde gegee oor of koppe by die BLO gaan rol ná die dood van drie van sy amptenare in die vliegongeluk nie.

Tolo (49), eerste offisier Tebogo Caroline Lekalakala (33) en vluginspekteur Gugu Comfort Mnguni (36) het in die voorval omgekom. Hulle was besig met kalibrasiewerk vir die George-lughawe toe die vliegtuig op 23 Januarie 2020 neergestort het.

Die verslag is Sondag bekend gemaak en belanghebbendes het nou nog 60 dae om enige insette daaroor te lewer, of verdere bewyse voor te lê.

Mbalula sê die verslag sal bestudeer word, daar sal gewag word op enige verdere insette en na verloop van die 60 dae sal die pad vorentoe aangekondig word. Die minister het egter bewerings ontken dat daar pogings deur Suid-Afrikaanse amptenare was om die verslag te laat wysig om die BLO in ʼn beter lig te probeer stel.

Daar is groot kommer in die bedryf dat die BLO, wat verantwoordelik is vir die afdwing van lugvaartregulasies, sélf nie die regulasies nagekom het nie. Op ʼn vraag hieroor sê Mbalula “die kwessie kan nie vooruitgeloop en ʼn gevolgtrekking gemaak word nie”.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, sê die verslag word bestudeer. (Foto: Dept. van vervoer/Twitter)

“Dit is nie ʼn saak wat onder die mat gevee kan word nie. Daar was lewensverlies.”

Mbalula het Sondag reeds die ongelukverslag aan die slagoffers se families oorhandig. Dit is dieselfde dag op die BLO se webwerf gelaai.

Die verslag het ook bevind die vliegtuig is nie ingevolge die gepubliseerde onderhoudskedule van die reguleerder in stand gehou nie. Die vliegtuig, met registrasienommer ZS-CAR, was boonop in die jaar voor die noodlottige ongeluk in drie ander voorvalle betrokke. Enjin nommer 1 se versneller het op 2 Maart 2019 weens ʼn beskadigde kabel nie gewerk nie. In November 2019 was daar twee voorvalle waar ʼn oliereuk en rook in die kajuit opgemerk is en daar is besluit om enjin nommer 1 te vervang.

Ná die voorval in November het die vliegtuig tot op 17 Januarie 2020 op die grond gestaan. Daar was luidens die verslag geen rekord oor of ʼn inspeksie van die vliegtuig gedoen is voor dit weer in diens gestel is nie.

‘Nou is ek ʼn enkelouer’

Simnikiwe Tolo sê haar man het voor die noodlottige ongeluk kommer oor die vliegtuig uitgespreek. Vandag is sy ‘n weduwee. (Foto: Maroela Media)

Simnikiwe sê sy het op Donderdag 23 Januarie ʼn oproep gekry dat die vliegtuig waarin haar man en sy twee kollegas gevlieg het, vermis was. Kort daarna het nog een gevolg: Die vliegtuig het neergestort.

Simnikiwe onthou sy was by die werk – die gesin woon in Pretoria – en het gevra na watter hospitaal haar man geneem is. Terug by die huis het boodskap na boodskap vir Simnikiwe ingestroom en het sy in die media van die voorval gelees.

Amptenare van die BLO was laatmiddag by die gesin se huis.

“Ek was kwaad, want ek het geweet die vliegtuig het probleme ondervind.”

Die Tolo-egpaar het drie kinders: ʼn Seun van 20 en twee dogters van onderskeidelik 16 en 11 jaar oud. “Wat sê ek? My man was ʼn geweldige betrokke pa. Nou is ek ʼn enkelouer oor iets wat verhoed kon gewees het.

“Ek wil sien dat iemand aanspreeklik gehou word. Wie ook al dit is, moet verantwoording doen.”

Simnikiwe het die finale verslag verwelkom en sê minstens onthef dit haar man van blaam vir die voorval.

“Dit bly moeilik. My kinders het afsluiting nodig oor wat werklik gebeur het. Ek voel in die steek gelaat en nou moet ons nóg 60 dae lank wag vir iets om te gebeur.”

Mbalula het vandag gesê die families is welkom om binne die voorgeskrewe tydperk aan hom te skryf met enige besware of bekommernis oor die inhoud van die verslag. Enige ander belanghebbende kan dieselfde doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JohanR ·

Die minister van vervoer…..en daar val ek al weer van my stoel af van die lag. Die ou kan darem wonderlike ding se wat hy wil doen, maar niks kom waar. Hy is nou die teen oorgestelde van Siener van Rensburg!

Frederik C ·

Mevrou, met Mbalula aan die stuur, kan jy gelukkig wees as jy ooit weer iets hoor

RB ·

Dagvaar die rook uit hom in sy persoon! Hy is onbevoeg. Hy èn sy voorgangers weet al JARE van die benarde posisie by BLO maar geen onbevoegde BEE aanstelling word vervang met bevoegdheid nie.
Kyk wie staan aan die hoof van BLO – sy het zero kennis van lugvaart.
Daar is genoeg prokureurs wat bevoeg is om so saak te hanteer.
Dagvaar sommer sy president wat hom in die pos aangestel het ook in sy persoonlike hoedanigheid. Kaderontplooing en nepotisme kos lewens!!

Hopelik het ICAO die moed van hul oortuiging om diè klomp vas te vat.

Mallie ·

Weereens n bewys van onbevoegdheid aan die hand van die ministers.

Marius ·

Sterkte om die skuldige aan die kaak te laat ry. Die persoon of persone verdien dit om vervolg te word. Dit is laakbaar om iemand so uit te lewer aan die dood.

Tanniepetoors ·

En as die families vir jou skryf en beswaar maak teen die feit dat hul geliefdes met ‘n vliegtuig, wat hul skynbaar geweet het onlugwaardig was, moes vlieg, wat gaan jy doen MINISTER Mbalula? Ek sal jou sommer nou al sê. NIKS, soos altyd. Jy gaan net meer en meer wind blaas en twak praat en leë beloftes maak soos elke kaar wat jy jou mond oopmaak.

Miskruier ·

Dalk kan hy bloedgeld betaal, en die saak laat verdwyn. Geld bring egter nooit n geliefde terug nie.

Johann ·

Skokkend en hartseer om te dink dat die jammerlike stand van algehele verval ORALS oorgeneem het, en dat mense se lewens eenvoudig nie saak maak vir n bankrot regering wat enige hoek en draai sal verontagsaam. Die AFRIKA manier van die AFRIKA standaard najaag.

En weereen is FRIKKILLIE se gesig die een wat pryk by die verandeoordbaar tafel. Ek dibi bie hyt GEWEET hys vir die instansie verandwoordelik nie? SHAME ON YOU!!!!!

Andrew ·

Nogal die owerheid se eie fliegtuig. Nou hoe moet hulle ander mense “opcheck” as hulle dit nie self kan doen nie?

Philip ·

Die arm salige Bra Fix het in alle gevalle die klok hoor lui maar hy weet nie waar die bel hang nie tipies van n kader connection.

domheks ·

Belastingbetalers sal die weduwee moet vergoed, ne ou fikile

Perdeby ·

Nou kan die families hulle kaal boude uittrek, want hy het hulle herhaaldelik gewaarsku oor die toestand van die vliegtuig, en nog steeds gesê hy moet vlieg. Sorry vir jou “Fikie” betaal is die wet van die ou Transvaal. Haal uit en wys!

Pieter ·

En om te dink ons belastingbetalers betaal die sleg anc menisters

Nick ·

Iemand het eendag gesê: If you don’t know that you don’t know the things that you don’t know you might just believe you are clever.

Catherina ·

Baie jammer om te hoor maar nie verbaas nie. Why should the powers that be care about anyone but themselves. Feel for the families

Hendrik ·

Baie jammer wat met die vlieenier gebeur het, maar ek as vlieenier vlieg nie ‘n vliegtuig wat nie lugvaardig is nie.

Renier ·

As jy nie tevrede is met jou voor vlug inspeksie nie,dan styg jy nie op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.