Vliegtuie bots so hittete? Fopnuus!

(Argieffoto)

Die Lugverkeer-navigasiemaatskappy (ATNS) sê daar steek géén waarheid in die bewerings dat twee vliegtuie byna op die aanloopbaan by die OR Tambo- Internasionale Lughawe gebots het nie.

Verskeie sosialemediaplasings het vandeesweek die lig gesien waarin beweer is dat ’n inkomende vragvlug Maandagaand byna met ’n vertrekkende passasiersvlug op die aanloopbaan in Kempton Park gebots het.

Dié bewerings lui dat Star Air-vlug BRH720 (BRH) en Ethiopian Airlines-vlug ET858 (ETH) mekaar Maandagaand net-net gemis het nadat ’n lugverkeerbeheerder die inkomende sowel as die vertrekkende vlugte die groenlig gegee het om dieselfde aanloopbaan te gebruik.

ATNS sê egter dis fopnuus.

“BRH het van koers verander weens ʼn onstabiele nadering. ETH het sy status gehandhaaf. Op geen stadium was daar amper ’n botsing tussen dié twee vliegtuie of enige ander vliegtuig gedurende die genoemde tydperk nie,” sê Percy Morokane, woordvoerder van ATNS.

“Ons wil die publiek in die algemeen waarsku om hulle daarvan te weerhou om inligting te versprei wat geloofwaardigheid verleen aan kwaadwillige, ongegronde, feitelik verkeerde inligting, veral op verskillende sosialemediaplatforms.

“Dit het die potensiaal om onnodige paniek by die vlieënde en algemene publiek te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jay ·

Hmmmmm………soos dit huidiglik met beheermaatreëls gaan in ons land, wonder ek? Alles stort in duie, maar sal dan mos ontken word!

Hoe lui die gesegde, “waar ‘n rokie trek………!”

Diepoppie ·

Wat n klomp bog. Mense probeer onnodige paniek saai.. As jy naby die.lughawe bly sal jy sien hoeveel vliegtuiens land en styg op daar elke dag, net deur dit is is dit duidelik die mense weet wat hulle doen..

JohanR ·

Seker nie ANC’s, EFF’s of 30percenters, in die vlugbeheerder toring nie. Ook niemand van Eskom!

Koen ·

Daar is mense wat nie kan wag vir ‘n SAL vliegtuig ongeluk nie. Walglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.