Vliegtuig tref boom tydens noodlanding

Die beskadigde Ryan Navion-vliegtuig. (Foto: Netcare 911)

’n Vlieënier is ongedeerd nadat hy Donderdagoggend ’n noodlanding op ʼn plaas in die Hekpoort-omgewing in Gauteng uitgevoer het.

Die ligte vliegtuig waarin hy gevlieg het se enjin het vermoedelik onklaar geraak.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 09:56 na die toneel langs die N4 naby ʼn privaat vliegveld ontbied waar die vlieënier, vermoedelik in sy sestigs, kop gehou en die vliegtuig geland het.

ʼn Beskadigde Ryan Navion-vliegtuig is met paramedici se aankoms op die toneel aangetref. Dié vliegtuig het gedurende die noodlanding ʼn boom op die plaas getref.

Die vlieënier is op die toneel deur paramedici ondersoek maar het vervoer na ʼn hospitaal van die hand gewys, het Herbst gesê.

Die gebied is deur die toepaslike owerhede afgesper en ʼn ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wat presies verkeerd geloop het.

Die beskadigde Ryan Navion-vliegtuig. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pilot Loots ·

Enige landing waarvan jy wegstap is ‘n goeie landing. Welgedaan!

Onnie ·

Hoekom begin dit voel asof daar elke nou en dan ‘n klein vliegtuig êrens val, baie keer met fatale gevolge.?? Dit maak ‘n mens bang. Duur speelgoed, maar is dit die “gamble” werd?!✈✈✈

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.