Vloot op soek na nog duikers

Argieffoto (Foto: FIRST online/Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Vloot sal die land deurkruis in ʼn soektog na nog moontlike duikers.

Die werwingsveldtog duur van Maandag tot 30 Mei 2023 voort.

“Duikers is ʼn integrale deel van sendings en operasies van die Suid-Afrikaanse Vloot. Hul waardevolle funksie sluit onder andere in onderwater- en kusverkenning, soek-en-redding, ontruiming, sloping en herwinningsoperasies,” sê kapt. Prince Tshabalala, woordvoerder van die SA Vloot.

Dit is nie ʼn gewone werwingsoefening nie, maar ʼn teikengeoriënteerde soektog wat daarop gemik is om duikerkandidate vir die SA Vloot te werf. Die volgende kriteria is van toepassing:

  • Kandidate moet Suid-Afrikaanse burgers wees
  • Kandidate moet tussen 18 en 22 jaar oud wees en matriek voltooi het met wiskunde as vak
  • Indien ouer as 22, moet hulle in besit wees van ʼn tersiêre kwalifikasie; maar nie ouer wees as 26 nie

Voornemende kandidate moet hul baaibroek saambring en oefenklere aanhê (T-hemp, kortbroek en hardloopskoene), aangesien die keuring ook fisiese opleiding en wateraktiwiteit sal insluit. Vir wateraktiwiteit al kandidate 300 meter vryslag moet swem, 50 meter moet snorkel, 50 meter met ʼn duikmasker vol water, 25 meter onderwater swem en 50 meter met ʼn gewiggordel swem.

Vir fisiese aktiwiteit sal die kandidate 2,4 km binne 13 minute moet hardloop, 40 opstote kan doen, 50 opsitte en sewe optrekke. Suksesvolle kandidate sal ook onderwerp word aan ʼn werwingsproses deur menslike hulpbronne en sal deel vorm van die 2024-opname vir die weermag se vaardigheidsontwikkeling.

Die werwingsproses sal landswyd by verskeie lokale plaasvind:

Gauteng

  • 24 – 26 April, Hill Crest-swembad, Hatfield
  • 27 – 28 April, Pimville-swembad, Soweto

Vrystaat

  • 1 – 2 Mei, Bloemanda-swembad, Bloemfontein

Noord-Kaap

  • 4 – 5 Mei, Karen Muir-swembad, Kimberley

Noordwes

  • 8 – 9 Mei, Potchefstroom-swembad

Limpopo

  • 11 – 12 Mei, Polokwane-dorpswembad

Mpumalanga

  • 15 – 16 Mei, Van Riebeck-swembad, Nelspruit

KwaZulu-Natal

  • 18 – 19 Mei, Kings Park-swembad, Durban

Oos-Kaap

  • 22 – 23 Mei, Zwelitsha and Ruth Belonsky-swembad, Parkside, Oos-Londen
  • 25 – 26 Mei, Newton Park-swembad, Gqeberha

Wes-Kaap

  • 29 – 30 Mei, SA Vloot-duikskool, Simonstad, Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Realis Thailand ·

Uit ondervinding weet ek sekere mense kan nie goed swem
In die laat negentigs het hulle ook kandidate gesoek n vriend van my was n duik instrukteur in die vloot by Simonstad
Die kursus gangers was alle rasse en die swart kursusgangers het voor die voet gedruip en toe die einde van die kursus aanbreek was daar vir hulle gese om n sekere persentasie swartes te laat slaag waarop my vriend bedank het en die vloot verlaat het.
Waarom n advertensie plaas as dit gebeur?

marius ·

Wat ‘ n grap . Hulle gaan seker swembad matrassies gebruik want bote het hulle nie.

Lillian ·

Ha-ha-ha! Julle gaan maar sukkel, daars sekeres in ons land wat maar bang is vir water.

Prof ·

Daar is nie veel van die vloot oor nie. Hierdie is net ‘n grap

Di ·

RAS sal verseker weer van toepassing wees soos altyd. Sterkte, maar ek dink nie julle gaan regkom met die gepaste persone nie want alles in die land gaan oor RAS

Murray ·

Ek was ‘n vloot duiker in 1970 gewees maar ek kan sien dat die standaard vir toelating baie laat sak is. Ek wonder of die wat slaag meer betaling sal kry

Kurt ·

Ek was n vloot duiker in 1990. Hulle het green strooi gevat toe nie. 256 het begin met keuring en 8 van ons het klaar gemaak. Nou druk hulle kleur voor ongeag of jy dit maak. Selfde stories by universiteite en sport. Anders sal hulle dit nie maak nie

Niklaas ·

Die keurings proses sal beslis ‘n politieke kleur hê , en net sekere manne sal aangestel word. Dit weet ons en dit weet die keurings kommittee. Hierdie oë verblindery grens aan sweldelary en dis sommer onnodig. Moet nie vir die talentvolle swemmers/duikers wat aansoek doen enige valse hoop gee nie. Staak dit nou dadelik.

miche ·

Ek het ‘n vermoede hierdie het baie te doen met die Russiese en Chinese vlootoefening in Kaap onlangs. Glad nie toevallig nie…

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is nie vaartuie nie, nou moet die matrose maar swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.