Vlugte, kos en blomme: Sisulu spandeer miljoene  

Lindiwe Sisulu (Foto: GCIS)

Die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie het in die termyn van Lindiwe Sisulu as minister amper R290 miljoen aan reise, vlugte, verblyf, spyseniering en blomme spandeer.

Dit is onthul in antwoord op ʼn parlementêre vraag van DA-LP Emma Louise Powell. Sisulu is in Augustus verlede jaar as minister van toerisme aangestel.

In die 2018/’19-boekjaar is daar R68 531 385 aan reis bestee, R26 230 031 aan vlugte, R11 365 036 aan verblyf, R7 775 699 aan spyseniering en R18 245 aan blomme.

In die 2019/’20-boekjaar is daar R68 211 236 aan reis bestee, R28 611 599 aan vlugte, R13 115 787 aan verblyf, R18 788 746 aan spyseniering en R4 200 aan blomme.

In die 2020/’21-boekjaar is daar R25 015 936 aan reis bestee, R6 421 952 aan vlugte, R4 103 731 aan verblyf, R11 386 717 aan spyseniering en R12 558 aan blomme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

JohanR ·

Lekker Afrikaanse gesegte…..DADELS! Maar ons kan almal ietsie daaraan doen in 2024.

annie ·

… vergeet hul nie so effens van pruike en klere en skoonheidsmddels -behandelings nie? Of is dit deel van die uitgawes van waterverskaffing aan afgeleë gemeenskappe?

Steyn ·

Haar pienk handskoenjies wat sy gedra het vir daai verkoue, is spesiaal vir haar bestel op haar opdrag en nie ‘n sent self betaal nie

Kobus ·

Sekerlik een van die swakste ministers wat daar is. Sy was nog nie in een van portefeueljes suksesvol nie

Willem ·

Vir seker die swakste Haar sogenaamde Dept het net gefaal in alles

Veronica ·

Skreiende skande!!!!!!! Dit terwyl mense daar buite honger en koud moet slaap! Dag in en dag uit!!! Hoop sy voel baie goed oor wat sy doen!

Kokerboom ·

Ek stem JM!Die kader is arogant verby, loop met ‘n halo om haar kop en minag ekonomiese swaartye en armoede! Wat het sy as bewys van teenprestasie? ABSOLUUT NIKS!!! EN President kondoneer die optrede!!! Skaam julle!!!Ek sê weer: die mense ken nie die waarde van geld!!!

N ·

Die land is aan die brand en die regering probeer nie eers die vlamme blus nie.

Kokerboom ·

In nuwe portefeulje gaan sy die land dreineer! Intense monitering nodig !!

Anel ·

Wat ‘n skande!! Maak haar dit alles terug betaal. Ek glo sy het genoeg om terug te vat. Vat sommer gaar huis en jarre, sommer alles. Haar mense gaan dood van die honger en sy leef soos ‘n self aangestelde koniging!!! SKANDE!!!!!

Daniel ·

Dis skreiend! Regte prima donna, hoe kan sy hiermee wegkom?

Witbaard ·

Kan hulle eie mense wat vir hulle stem dit nie sien nie.

Dries ·

Die stemvee is nie bewus hiervan nie. Hoor niks, sien niks, en sê niks.

Kalla ·

Belaglik, ongelooflik, nee eintlik nie ongelooflik nie, verwag niks anders van dié regering nie!

Hannelie ·

Nou verstaan ek hoekom ons die afgelope paar jaar nie verhogings kry nie…….dis koebaai meraai met die geld. Eish.

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as n niks dink hulle is verskriklik belangrik en iets wil wees maar nog steeds n niks bly.

Dup ·

Die modepop lei ‘n Kardashian lewenstyl terwyl “our people” elke dag moet sukkel om kos op die tafel te sit.

Samuel ·

Dit is mos lekker om die belastingbetaler se geld te spandeer en om kaders te verryk. By die ANC is daar geen verantwoordbaarheid nie. Hierdie vrou wil boonop haar teen CR posisioneer as cANCer leier. O, sal dit dan lekker gaan?

Vettiemaragartos ·

Genade!!!! Hoveel keer het die vrou om die wêreld gevlieg?

Misky ·

Ek self ook gewonder hoe sy 35 miljoen kon uitgee in die 2020/2021 jaar terwyl die hele wereld basies onder lockdown was en reis byna onmoontlik was.

MAGRIETHA ·

En die handtjie vol belasting betalers moet maar opdok , en dan kry hul nog verhoging ook en die arme werker wat dag en nag moet werk kry niks verhogings nie

hpven ·

Sy en ander kaders doen net wat hulle, wil al vir jare. Ons is moeg siek en sat om elke dag te hoor die een doen dit en daardie een doen dat. Dit is die werk van die DA en ander politieke partye wat deur ons daar gestel is om aksie te neem, dit te stop en hierdie kaders tot verantwoording te roep. So begin iets doen anders as om te sê, kyk wat doen hierdie een en kyk wat doen daardie een. Staan op en doen net iets, julle is daar!

Miena ·

Blomme?? Het sy Interflora ondersteun of by die Kaapstad Blommemark gaan laat blomme koop darrem?

Vernon ·

OOEEE..eh eh. Dit gaan nooit ooit stop nie. Hulle hou daar van om aandag te trek ten koste van mense wat nog in hutte bly. Die hele Afrika getuig daarvan.

Manda ·

Ek wonder maar net, is dit nou waarvoor Walter en Albertina help baklei het? Ai ja nee….

Janee ·

Wat n fantastiese lewe het hulle nie…en die op die grond het nie n saak daarmee….of hulle nou in asdromme blomme uitgrawe of nie…… Eerder n bewondering?

Annelie ·

Dit is so belaglik. Wat het sy nou eintlik gaan doen dan want daar is geen verbeterings aangebring nie en die ergste is haar president weet sy het geld gemors.

gpsa ·

Ergste is sy dink waarskynlik dit was haar reg en het niks verkeerds gedoen nie. Wonder seker hoekom dit enigsins eers genoem word, so what?

Jakes ·

Soos lankal reeds duidelik geword het is sy onbevoeg om enige werk te doen. Sy hoort agter tralies want n graad 0 kind sou n beter job gedoen het en wat n mens briesend maak is dat CR haar aangrstel het. Wat vertel dit ons van sy geloofwaardigheid?

Magda ·

Sy is onbevoegd, VERWYDER haar en doen n ordentlike ondersoek in haar department, en fire almal wat deel was en nog is van di geld vermorsing. Dis gewoonlik hulle wat ander agter di deur soek wat self daar staan.

Jessey ·

Dis tyd dat daar ontslae geraak word van hierdie verkwisters. Ons gewone mense sukkel om by die werk te kom met die prys van brandstof, en daar word in die duurste Hotelle gebly en die Duurste vlugte word gebruik, en dan word jy nog vd pad afgedruk deur hulle Blou Lig Brigades. Kan nie sien hoekom dit nodig is nie, ek stel in elke geval nie belang om jou te probeer kaap nie, jy is te duur om te onderhou. Dit sal my net geld kos

Sêmaarnet ·

Wys hierdie berig vir die ANC van Saldana wat ontevrede is met ‘n rysplan van R250 000 wat in elk geval gekanselleer is.

Pokkels ·

As jou naam Lindiwe Sisulu is kan jy mos maak wat jy wil, te hel met die land se lockdown en die mense wat koud en honger slaap en die werkloosheidsyfer en loadshedding en die hemel hoë brandstofpryse want moenie vergeet, die vrou is untouchable…..

Blikkies ·

Dit is nou ‘n nikswerd, met al daai geld kon sy ‘n duidelike verskil gemaak het aan water en sanitasie.

Genis ·

Liewe aarde wie gee vir die edele met die kapsel so n groot oop Tjekboek? Ou Cyril se side kick

Hennie ·

Behoefte ons van hierdie persoon. RET voorbok, wat die land in chaos wil dompel om haarself te verryk….

Kosie ·

Raak ontslae van die Kubaanse aanhanger, sy mors net geld en is niks werd nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.