Vlugtelingskrisis weens mislukte stelsel

Vlugtelinge kamp uit voor die VN-gebou in Brooklyn (Foto: Verskaf)

Geweld het vandag in Kaapstad uitgebreek toe polisie vlugtelinge voor die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (VNHKV) in die Kaapse middestad verjaag het. Ten minste 100 mense is gearresteer.

Honderde buitelandse burgers kamp al byna drie weke lank buite die kantore van die VNHKV in Brooklyn in die ooste van Pretoria en die Waldorf-arkade in die middestad van Kaapstad.

Dié mense wil hê die VN moet hulle hervestig, omdat hulle onveilig voel in Suid-Afrika weens toenemende xenofobiese aanvalle teen hulle en ook ontevrede is oor onlangse xenofobiese aanvalle. Die meeste van dié groep buitelandse burgers is asielsoekers wat nie daarin kon slaag om vlugtelingstatus te verkry nie.

Volgens Mienke-Mari Steytler, mediabeampte van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, het die Kaapstadse metropolisie Woensdagmiddag begin om vlugtelinge te verjaag en in hegtenis te neem, nadat die vlugtelinge na bewering begin oproerig raak het. Die polisie in die Wes-Kaap het gesê hulle het Woensdag 100 mense in hegtenis geneem omdat hulle geweier het om die kantore te verlaat. ʼn Hofbevel is reeds op 18 Oktober verkry om die 300 vlugtelinge uit die kantore te verwyder.

Adrian Roos, DA-parlementslid vir binnelandse sake, sê belanghebbendes het verlede Maandag met die groep vergader en dat binnelandse sake ooreengekom het om met elke individu afsonderlik te skakel. “Leiers van die groep het egter aggressief hierop gereageer,” sê Roos.

“Hulle is aangeraai dat hulle nie as ‘n groep bygestaan kan word ​​nie. Diegene wat kon terugkeer huis toe, moet dit doen en alternatiewe skuiling sou gevind word vir die wat nie kon nie,” sê Roos.

Volgens Steytler is die vlugtelingskampe in Pretoria en Kaapstad ’n uitvloeisel van die asielbestuurstelsel wat misluk het. “Die vlugtelinge is desperaat. Hulle wil nie meer hier wees nie. Hulle het niemand wat hulle kan help nie. As ek uitvra oor hul families, antwoord hulle: Ons weet nie waar ons familie is nie, seker iewers in ’n ander vlugtelingskamp.”

Steytler sê 96% van asielaansoeke in die land word nie goedgekeur nie. Dit is aansienlik hoër as die wêreldwye koers van ongeveer 37%.

Dié syfers is vandeesmaand deur Amnestie Internasionaal Suid-Afrika bekend gemaak. Volgens Steytler is dit weens die land se mislukte asielbestuurstelsel.

“Sowat 190 000 asielaansoeke is agterstallig en word nie suksesvol voltooi nie. Die gevolgtrekking wat ons maak, is dat die asielbestuurstelsel nie meer werk nie,” sê Steytler.

Daar is vir byna vyftien jaar al ’n agterstand met asielaansoeke wat onder andere bygedra het tot die xenofobiese geweld wat in 2008 uitgebreek het. “Wanneer vlugtelinge die land binnekom, moet hulle binne vyf dae by die vlugtelingskantore aanmeld om aansoek om asiel te doen. Hier ontvang hulle amptelike dokumente wat bevestig dat hul aansoeke oorweeg word. Dié dokumente is noodsaaklik vir hulle om mediese behandeling in staatshospitale te ontvang, in openbare skole te kan registreer en toegang tot formele indiensneming te kan verkry. Honderde duisende aansoekers word egter sonder behoorlike dokumentasie by vlugtelingskantore weggewys,” vertel Steytler.

Vlugtelinge probeer die brandkraan langs die straat breek (Foto: Verskaf)

Volgens Steytler kan die VN nie hervestiging aan die vlugtelinge bied nie, maar wel die nodige ondersteuning gee.

Maroela Media het vroeër berig oor die inwoners in Brooklyn, Pretoria, wat bekommerd is oor die gesondheidsgevare wat dié vlugtelingskamp vir hulle kan inhou. Inwoners het hul misnoeë uitgespreek oor die stank en rommel op die sypaadjies.

Volgens Kate Prinsloo, DA-wykslid, is die situasie steeds dieselfde en die polisie monitor die kampgebied. “Vlugtelinge sê hulle is daar om te bly, totdat daar aan hul versoeke voldoen is,” sê Prinsloo.

Volgens Prinsloo is die situasie in Pretoria egter oor die algemeen rustig. “Ons het ’n probleem gehad toe een van die vlugtelinge die brandkraan langs die straat herhaaldelik probeer breek het. Ons het die kraan onmiddellik herstel.”

’n Paneelbespreking met binnelandse sake het Dinsdagaand plaasgevind, waar die situasie bespreek is. Steytler sê Mandla Madumisa, binnelandse sake se direkteur vir asielsoekers, het hul kant van die saak gestel. Hulle is bewus van die situasie en weet hulle sal planne moet implementeer om die saak op te los.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Hoe gaan daai gesegte “there is no free lunches in this world”, wanneer gaan die mense leer!!

Outoppie ·

Hoekom terug stuur? Hoe het hul hier gekom nou soek hul gratisv”lift” huistoe

Vlugtelinge ·

Die woord vlugtelinge laat mens se oë rek, die tente en kleredrag lyk alles behalwe na vlugtelinge, hul lyk finansieel goed daaraan toe!!!!! Hulle breek en plunder net, gooi hul maar in ‘n bus en vat hul weg, dit is die goedkoopste nou, om alles wat hul verwoes en bevuil reg te stel, kos baie duurder. Dan maak jy die grense toe en streng beheer!!!!

Sandra ·

Hulle het op eie stoom aangekom, moet maar op eie stoom weer vertrek

Peet ·

Miskien sal ons nou verstaan wat Trump se saak is. Home Affairs het nog nooit ondentlik gewerk nie en ‘n slegte afwaartse kurwe toe Gigaba in bevel was.

HPV ·

Nou wie het hulle toegelaat om onwettig die land binne te kom? Wie het die ander duisende wat ook in die land is toegelaat om hier te wees? Natuurlik die ANC regering, die hele Afrika word genooi om hier te bly ten koste van ons landsburgers wat daardeur werkloos sit. Word hulle beseer moet die belastingbetaler vir mediese sorg opdok terwyl Ramphosa die hele Afrika verskoning vra en smeek.

PATTY ·

Hoekom is ek as belasingbetaling verantwoordelik om vir hierdie onwettige mense medies/skool ens te betaal. As ek onwettig oorsee gaan kry ek nie hierdie luukse behandeling nie. Nee ek word sumier op die eerste vliegtuig teruggepos. Hoekom laat ons dit toe. As jy nie gelukkig is met wat jy het of waar jy bly nie gaan terug waar jy ookal vandaan kom.

Johan Maritz ·

ag shame gee hulle n kans dit is mos Zuma se boeties en sussies

Kolskoot ·

Arme mense boek hulle in die baie leë HOTELE in
Lekker Slaap of gastehuise in of is julle Senofobies ?

Pim ·

Hulle het self hier gekom en kan self terug gaan. Hulle is glad nie so hulpbehoewend soos hulle wil lyk nie. In die aandestaan daar massas karre ook. Hulle kan mos daai karre verkoop en dan gaan. Dit raak net al hoe erger. Daar is nou 3 keer meer as 2 weke terug. Ek kan nie verstaan hoekom die Stadsraad of Polisie hulle nie verwyder nie.

Wonder net ·

Watter stelsel in hierdie wonderlike land van ons is nog effektief funksionerend. Daar is die “wonderlikste” beleide en raamwerke en voorleggings en ondersoeke en beplannings. En dis waar alles eindig. Punt. Die vermoë om dinge te implementeer en effektief te bestuur bestaan eenvoudig nie. Dit breek my hart!

Feite ·

Die land van melk en heuning is toe nie meer die land van melk en heuning nie. SA het agv n “failed state” nie genoeg werk, elektrisiteit, water of kos vir vir sy eie mense nie, laat staan nog vir immigrante. Suid Afrikaners wie werk kan skep staak, hulle stel nie meer tuiniers en huishulpe aan nie agv die hoe vlak van misdaad wat daaruit voortspruit. Die VN moet die mense maar gratis vervoer gee, terug na die lande waar hulle vandaan kom, want met 29% werkloosheid onder Suid Afrikaners is dit xenofobiese moeilikheidsoek om in SA die bietjie werk wat beskikbaar is voor die neuse van Suid Afrikaners te probeer wegraap!

Vee ·

Regtig…stuur hul terug waar hul vandaan kom, hul bevuil net ons land, ons het genoeg van ons eie mense om voor te sorg, ek verstaan heeltemal die zenofobiese aanvalle, ek neem nie die mense kwalik nie, hul kom neem ons mense se kos uit hul monde. Laat hul teruggaan waar hul vandaan kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.