Voedseltekort in SA neem effens af

Foto ter illustrasie. (Foto: GroundUp)

Navorsing wys dat tot 48,6% van Suid-Afrikaners oor twee jaar nie genoeg kos sal hê om aan hul behoeftes te voldoen nie. Hoewel dit beteken dat ongeveer een uit elke twee Suid-Afrikaners oor twee jaar steeds sal honger ly, is dit effens beter as die 52% wat in 2020 ʼn tekort aan voedsel ervaar het.

Dít volgens navorsing wat deur die Shoprite-groep aangevra is. Die bevindings van die navorsing is Maandag op Wêreldkosdag bekendgestel.

“Hoewel die navorsing ʼn effense vermindering in die voorkoms van hongersnood teen 2025 aandui, is die werklikheid dat net minder as die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking oor twee jaar steeds honger gaan ly. Daarom moet ons dringend meer doen om te verseker dat armes vinniger aan hongersnood kan ontsnap,” het Sanjeev Raghubir, hoof van volhoubaarheid by Shoprite, gesê.

Luidens die navorsing sal een uit elke vyf kinders (21%) in die bevolking teen 2025 honger ly, teenoor een uit elke vier kinders in 2020.

Limpopo sal oor twee jaar waarskynlik die grootste kostekort ervaar, met 54% inwoners hier wat teen 2025 nie seker sal wees waar hul volgende bord kos vandaan sal kom nie. Die Wes-Kaap (41%) sal die beste daaraan toe wees van al nege provinsies.

Só lyk die persentasie van mense per provinsie wat waarskynlik honger sal ly:

 

Wat hongersnood in stedelike en landelike gebiede betref, is dit soos volg in die onderskeie provinsies versprei:

Raghubir sê die syfers in hierdie verslag is onaanvaarbaar hoog. “Dit is waarom Shoprite sy pogings sal versterk om hongersnood te takel. Dit is ʼn krisis wat samewerking tussen onder meer landbou, vervaardigers, die regering en organisasies sonder winsbejag sal verg.”

Shoprite se doel met die bekendmaking van die inligting is om bewusmaking oor voedselonsekerheid te bevorder en Suid-Afrikaners aan te moedig om by inisiatiewe betrokke te raak wat suksesvol is met die bekamping van hongersnood. Die groep het self talle inisiatiewe waardeur geld ingesamel word om aan minder bevoorregte groepe te versprei.

“Maar dit gaan ook nie net daaroor om geld te gee nie. Dit kan ook wees om ʼn groentetuin te begin of by ʼn plaaslike sopkombuis te help. Die kleinste bydrae kan ʼn reuseverskil maak,” sê Raghubir.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Laat BTW wegval mbt die nodigste voedselgroepe- dis hoe julle kan help. Vrugte, groente, pap, sade, brood, bone ens…

otter ·

dit is nou n klomp nonsens. Jule maak nou weer planne om hoer pryse te justify etc. skelms

Papsak ·

Vat BTW weg op party voedsel soorte en daar sal kos wees vir almal BTW maak dood hopeloos te hoog daarom word belasting gelde so vrylik gebruik

OU SAAR ·

Nee Papsak, nie op party voedsel soorte nie, op alle kosse.
Laai eerder die BTW op drank en sigarette…
Hier in die Noord Kaap is dit ń groot probleem. Die mense koop eerder drank as kos. Ma en pa lê dronk in die strate en die kinders bedel vir geld of brood. Dis verskriklik om te aanskou.

Piet ·

Ek sien hier is ‘n paar mense wat nie weet hoe BTW op kos werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.