Voormalige ANC-LP kry borgtog ná appèlaansoek

Sibusiso Kula (Foto: Verskaf)

Die voormalige ANC-parlementslid Sibusiso Kula (34) is borgtog toegestaan na ʼn appèlaansoek.

Kula is Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, op borgtog van R50 000 vrygelaat nadat hy aanvanklik in Februarie in die Orkney-landdroshof borgtog geweier is.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), moes Kula sy paspoort ingee en sluit sy borgtogvoorwaardes onder meer in dat hy twee keer per dag by die naaste polisiestasie moet aanmeld en dat hy geen direkte of indirekte kontak met sy kinders mag hê nie. Hy moet weer op 17 April in die hof verskyn.

Kula is in Januarie in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou, Jennifer Kula, op 27 November.

Volgens die polisie het dit aanvanklik gelyk of Jennifer tydens ʼn rooftog vermoor is. Sy het ʼn steekwond aan die rug gehad, maar dié moordwapen is nooit gevind nie.

Die saak is deur die mediese fasiliteit aangemeld waarheen sy na bewering deur die beskuldigde vervoer is om mediese hulp te ontvang. Hy het aan die polisie gesê dat hy nie by sy huis was toe die voorval plaasgevind het nie.

Deur middel van die polisie se ondersoek is Kula met die moord op sy vrou verbind en van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Strandloper ·

Skaars 3 maande vir moord? Skrikwekkend hoe die anc regstelsel hul eie gemors bevoordeel.

Piet 6 ·

Waar kom jy aan 3 maande vir die moord? Hy was omtrent 3 maande in die tronk voordat hy borg gekry het. Hy moet nog verhoor word. Daar is ń verskil tussen borg en parool

Republikein in die Wes Kaap ·

En om te dink hy het gehelp om besluite te neem oor ieder en elk se toekoms.

TruthDealer ·

Ons moet hom vergewe en hy mag nie n tronkstraf van langer as 10 jaar uitdien nie. Na 5 jaar Moet parool toegestaan word. Dis mos wat mense se siening oor Oscar is. Hierdie is dus nie enigsins verskillend nie. Heaven forbid that a murderer should get a lengthy sentence!

Theunis ·

Moord en roof is alreeds oorweldigend in die land, hoe kan dit enigsins regverdig word om ‘n persoon wat vir moord inhegtenis geneem is, op borgtog toetelaat, skep dit nie die verkeerde kultuur ten opsigte burger veiligheid nie?

Casper ·

Wat is die buitengewone omstandighede wat borg regverdig.In ander gevalle word borgtog geweier as daar nie buitengewone omstandighede is wat borgtog regverdig nie.Strandloperdie drie maande wat hy inhegtenis was is omdat hy borg aanvanklik geweier is,hy is nog nie verhoor nie.

JohanR ·

In watter land in die wereld is daar nou ‘n pos vir ‘n ambassadeur?

Sê maar net ·

Vermoor dy vrou en loop vry rond. Dit skreeu ten Hemele!! Môre, oormôre is hy oor die grens….en weg. Net in Suid Afrika……..(sug).

domheks ·

as jy anc stem kan jy mos nie tronk toe gaan nie! Hulle is almal bo die wet verhewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.