Voormalige Bokstut verloor kankerstryd

Ockie Oosthuizen. Foto: Facebook.

Huldeblyke het vanoggend op sosiale media ingestroom ná die nuus van die voormalige Springbok Ockie Oosthuizen se dood bekend geword het.

Die 64-jarige Oosthuizen is vroeër met kolonkanker gediagnoseer.

Bok-legendes soos Kobus Wiese en Rob Louw het hul simpatie op Twitter betuig.

“Ockie Oosthuizen is vanoggend oorlede; mooi loop Ockie,” het Wiese geskryf.

Op Facebook het die Transvaal Rugby-blad ook hulde aan die oudstut van die Bokke gebring.

“Jy was ’n legende van die sport en ’n ware heer. Ons sal jou baie mis.”

Oosthuizen draf saam met Wynand Claassen (voor) op die veld. Foto: Twitter.

Oosthuizen is in 1955 in Johannesburg gebore en het as 20-jarige sy debuut vir die destydse Wes-Transvaal gemaak.

Kort voor lank is hy Pretoria toe waar hy in 1981 die Curriebeker saam met Noord-Transvaal gewen het.

In dieselfde jaar het hy sy Springbokdebuut teen Ierland gemaak, terwyl hy saam met Wynand Claassen en die span na Nieu-Seeland getoer het.

Hy het sy laaste toets in 1984 gespeel en het Transvaal op die veld gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lee ·

Ai dis hartseer. Baie sterkte aan die familie in die hartseer tyd. Rus Sag Ockie Oosthuizen xx

Gert Retire@Midstream ·

Persoonlik geken. Oud Volkie Heidelberg Volkskool. My skoonvader het sy kinders gedoop Eldoraigne Pretoria. Sterkte aan die naasbestaandes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.