Voormalige lotery-grootkop se luukse eiendom bevries

Alfred Nevhutanda se huis in die noorde van Pretoria

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het ʼn bewaringsbevel bekom om ʼn luukse eiendom wat aan Alfred Nevhutanda behoort, te bevries.

Nevhutanda is die voormalige raadvoorsitter van die Nasionale Loterykommissie (NLK) en hy word met korrupte bedrywighede van miljoene rande verbind.

Niewinsgewende organisasies wat loterytoelae gekry het, het glo miljoene rande – direk en indirek – bygedra om te help betaal vir Nevhutanda se swierige R27 miljoen-drieverdiepingherehuis wat op ʼn private landgoed in Annlin in die noorde van Pretoria geleë is. Die huis word besit deur Vhutanda Investment waarvan Nevhutanda die alleendirekteur is.

Volgens die SOE het sy ondersoek na die aangeleentheid aan die lig gebring dat vyf niewinsgewende organisasies vir toelaefinansiering by die NLK aansoek gedoen het en gesamentlik tot meer as R100 miljoen gefinansier is. Onmiddellik nadat finansiering ontvang is, het die niewinsgewende organisasies geld na ʼn regsfirma oorgeplaas vir die aankoop van die eiendom en die meubels.

Die R100 miljoen-toelaefinansiering was bedoel vir gemeenskapsbemagtigingsprojekte soos atletiekbane in Noordwes en Mpumalanga, ouetehuise in Noordwes en Limpopo, asook ʼn rehabilitasiesentrum in Soshanguve buite Pretoria.

Die SOE ondersoek al geruime tyd byna 50 afsonderlike sake van korrupsie en wanbesteding van geld by die lotery.

ʼn Maande lange ondersoek deur GroundUp het gewys dat die geld vir die eiendom oor ʼn tydperk van ses maande, tussen September 2017 en Maart 2018, direk aan Couzyn Hertzog & Horak-prokureurs betaal is. Dié firma het namens die verkoper van die eiendom opgetree.

Die firma het die geld glo in trust gehou tot die eiendom eindelik in Mei 2018 na Nevhutanda se maatskappy, Vhutanda Investment, oorgedra is.

GroundUp berig die algehele koste van die huis, insluitend meer as R3 miljoen aan oordragkoste, was meer as R30,2 miljoen. Tog het dit ʼn munisipale waardasie van slegs R5,3 miljoen.

Nevhutanda is ook ʼn voormalige provinsiale voorsitter van die ANC in Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Burgermeester ·

Dit wil voorkom of bitter min mense wat groot organisasies ‘bestuur’ nog eerbaar is. Die volgende een will meer korrup wees as die vorige een.

Mariana ·

Amper asof dit prestasie is. Jy kry meer punte en is meer belangrik as jy korrup is.

Rudolf ·

“Nevhutanda is ook ʼn voormalige provinsiale voorsitter van die ANC in Limpopo.”
Say no more…….

Dries ·

Die ANC is die mees wreedste kriminele organisasie ter wereld. Here help ons asb

Yvonne ·

Dries ek stem saam…hulle ontsien niks en niemand om hulle gulsige honger na geld en goed te bevredig nie

Dries ·

Ek het getel. Daar is meer as 30 ministers wat beskuldig word van korrupte bedrywighede in die Zondo verslag. Uitgesluit premiers en hooggeplaasde politici en SOE kaders. Glo iemand regtig dat Ramaphosa nie hiervan geweet het nie. Ag nee man

Nonnie ·

Ramaphosa staan aan die hoof van die grootste kriminele organisasie, die anc, ter wêreld en hy is die voorbok!!!!!

Judy ·

Hulle is almal kriminele. ANC staan vir African National Criminals. Kaders wat plase besit (nie net 1 nie maar 2 of 3 plase) voorsien geen voedsel sekerheid nie. Hulle bedryf hulle plase net om hulle self te verryk. Dit sal interessant wees om statistiek te sien wat die “fat cats” op hulle plase doen? En hoeveel plase besit elkeen.

Swerwer ·

Mooi! Dit is hoekom die lottery geld nooit werklik deur mense wat gespeel het, gewen is nie. Solank die bestuur van die Lotto in die wesens se hande is, sal daar mos nooit op aanrde geregtigheid geskied nie.

Dries ·

Ek huil en bid elke dag oor die wrede ANC se hand in derduisende mense se lyding en dood in hierdie land

Pieter ·

Dit is reeds voorheen uitgewys dat die lottery se topbestuur ANC kaders is. Verder, dit is heel waarskynlik dat die lottery boerpot aan ANC kaders uitbetaal word deur manipulasie van die sisteem. So word weer geld gewas. ANC = kriminele organisasie.

Piet 6 ·

So ń maand of 3 terug is ń boerpot van ongeveer R140 mijoen juis deur ń alleeneienaar van ń besigheid gewen. Laat mens baie wonder.

Niklaas ·

Lyk nie juis asof daar enige eerlike amptenare in die ANC geledere oor is nie.

Delia ·

Ek sé al jare vir my man dat Carte Blanche die Nasionale Lotery moet ondersoek en hier is dit nou. Wie op aarde het so n groot huis in elk geval nodig.
Mammon en Mag..dis al waaroor dit gaan.
Mag God ons genadig wees.

Willem ·

Toe ek lees van Limpopo toe is alles so duidelik soos daglig

Christo ·

Hoop die prokureurs firma word ook ondersoek, hulle moes ‘n rooivlag opsteek vir’ n eiendom wat vir meer as 5 keer sy waardasie verkoop word.

Owlie ·

SKANDE – WONDERLIKE LEIERSKAP EN FANTASTIESE VOORBEELD VIR DIE WÊRELD
SPOT ON – Bevries nie vat dit weg, maak n aftree oord vir staats pensionarisse – sluit elke persoon toe wat bettokke is – van elke so called nie wins gewende organisasie, almal betrokke, almal wat ooit daar was , almal wat daarvan bewus was en gaan dan verder met die res van ons mooi land se kriminele voorbeelde en vat elkeen se eiendom, duur motors, groot bank rekeninge – vat alles weg en sluit elkeen toe tot die hofsake eendag af gehandel is, moet nie een vsn hierdie wonderlike voorbeelde vrylik laat rondloop net om nog verkeerde voorbeelde te skep nie

mattk ·

Ons moet ook ophou belasting betaal aangesien ons belastinggeld gebruik word vir kriminele aktiwiteite.

Frank John ·

LUST for money, the ROOT of ALL evil.
Die begeerte om geld te wil hê en dit so veel as moontlik, kry nooit genoeg nie. Sal mense dryf na misdaad. Dit verblind die sinne, verloor die logika en integriteit.

Korrelkop ·

Kyk, maak nie ‘n fout nie, lotery is maar eenmaal ‘n korrupte besigheid…

houopkruip ·

Wil weet :
Het die prokureers firma lont geruik of nie met die inbetalings ?
Indien nie – OK.
Indien wel – wat is daaromtrent gedoen ?

Lourens ·

Nie-winsgewend: normaalweg ingstel op wins maak, maar maak ‘n verlies weens spesifieke omstandighede of gebeure. Normaalweg van toepassing op besighede. Die verlies kan van korte duur wees, bv. slegs gedurende een oorsigtydperk, en kan verander na ‘n winsgewende situasie weens bestuursoptrede en veranderde omstandighede.
Nie-winsbejag: nie ingestel op wins nie en hoofinkomste is gewoonlik skenkings, vrywillige bydraes en subsidies. Gewoonlik van toepassing op welsynsorganisasies, NRO’s, skole, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.