Voortrekkers se adjunk-hoofleier sterf

Johan Laubscher, die Voortrekkers se adjunk-hoofleier: verkennersake. (Foto: Facebook)

Johan Laubscher, die Voortrekkers se adjunk-hoofleier: verkennersake, is vandeesweek onverwags dood.

Dr. Danie Langner, die Voortrekkers se hoofleier, het dié hartseer nuus Woensdag op sosiale media aangekondig.

Die presiese oorsaak van Laubscher se dood is nie in dié stadium duidelik nie.

Laubscher het aanvanklik as kommandoleier van Unika en oordleier van Goudrand in Johannesburg gedien voordat hy in 2013 as gebiedsleier van die Voortrekkers in Transvaal verkies is.

Laubscher is in 2017 op die hoofdagbestuur as adjunk-hoofleier: verkennersake verkies.

“Ek het Johan leer ken as ’n kindervriend en diensbare leier,” skryf Langner op Facebook. “Iemand wat opreg in jong mense en hulle wêreld belangstel. ’n Man uit een stuk. ’n Leier wat moue oprol en hard werk vir ’n beter toekoms. ’n Voortrekker wat koers sien, koers aandui en koers hou.

“Sy dood is ’n onsettende verlies.”

Langner kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Nog een van die min eerbare Afrikaanse instellings in ons land.

Piet Snot ·

‘n Groot man. ‘n Seun van Afrika.
Een maal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.