Vragmotor met selfone in Midrand gekaap

Die gesteelde selfone waaroor beslag gelê is (Foto: Verskaf)

Ses verdagtes is Woensdag in Midrand in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn koeriervragmotor, wat selfone vervoer het, gekaap het. Die goedere wat in die vragmotor vervoer was, is Woensdag in Midrand gevind.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê voor die vragmotor gekaap is, het vier van die verdagtes op die sekerheidswagte wat die vragmotor vergesel het, begin skiet. Dié verdagtes het in ʼn Audi A4-voertuig gery.

Die sekerheidswagte het hulself probeer toemaak om nie raakgeskiet te word nie. Hulle het toe die verdagtes toegelaat om die vragmotor te vat.

Die bestuurder en die res van die bemanning van die vragmotor is glo in Kemptonpark afgelaai. Hulle het later ʼn saak by Midrand se polisiestasie geopen.

Makhubele sê die ondersoek het die polisie na die perseel in Phomolong digby Midrand gelei, waar die gekaapte vragmotor en gesteelde goedere gevind is.

Een van die vragmotors wat gekaap is (Foto: Verskaf)

In nog ʼn voorval in Midrand het die polisie op ʼn vragmotor langs die pad in Blue Hills in Midrand afgekom. Dié vragmotor is glo in Alberton gekaap.

Makhubele sê toe die polisiebeamptes die vragmotor nader, het vier verdagtes probeer weghardloop. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem. Die bestuurder van die vragmotor is agterin die voertuig gevind.

Die verdagtes wat in verband met albei voorvalle in hegtenis geneem is, sal na verwagting eersdaags in die Midrand-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Elias Mawela, die Gautengse provinsiale kommissaris, het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie om die verdagtes vas te trek. Hy het ook ’n waarskuwing uitgereik aan diegene wat dink hulle kan die polisie uitoorlê ten tyde van afsondering. Hy sê die polisie het veral nie tydens die afsondering op hul louere gerus nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pampoen ·

Dit spreek nou nie eintlik van dapperheid of kundigheid aan die kant van die sekerheidswagte nie. Hulle kruip weg en laat die kapers toe om die buit te vat en met die personeel as gyselaars weg te ry. Hulle wend dan ook nie ‘n poging aan om die vragmotor te volg nie – selfs nie op ‘n afstand nie.

Die Wolf ·

Hoekom sal ek. Ek kry mos my deel. Die sekerheids bedryf is n groot klug. Julle sal verbaas wees om te sien watter opleiding hulle kry om miljoene rande se besighede op te pas.

JohanR ·

‘n Vrag selfone is soos goud deesdae, of asof jy die jackpot geslaan het! R18000 vir ‘n top Apple. Dink transito roof en ATM’s opblaas het nou te gevaarlik geword, soe nou soek hulle waarde iewers anders.

Jack ·

Ons kan leer by die mate waarin samewerking tussen die kapers en die ongewapende sekerheidswagte plaasgevind het. Duidelik is dit vooraf met die wagte gereel. Hulle wag seker nou vir hulle beloning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.