Altesaam vier mense is beseer toe ʼn vragmotor Saterdagoggend in ʼn besige haarsalon in Rosettenville in Johannesburg ingeploeg het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vragmotorbestuurder het kort na 09:00 oënskynlik beheer oor die voertuig verloor en in die volgepakte salon tot stilstand gekom.
Vier mense in die haarsalon is lig beseer. Hulle is na ʼn hospitaal vir verdere behandeling geneem.
Ook in Johannesburg is die bestuurder van ʼn luukse sportmotor Saterdag kort voor middernag na ʼn hospitaal geneem nadat hy in Swartkoppiesweg in Patlynn glo beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.
“Die pasiënt, ʼn volwasse man, het ligte beserings opgedoen en is ná behandeling op die toneel met ʼn ambulans na ʼn hospitaal vir verdere sorg geneem,” het Herbst gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sjoe, 60 km/p??? Skuins voor middernag? Ek wonner maar net…..
Volgepakte salon? Vreemd.
Seker weer drank betrokke
60km/h?? Daardie kar is so opgemors, mens kan nie eers sien watter maak dit was nie.
En die haar salon was volgepak ? Gaan dok tor m dit ondersoek ?