Vragmotor tref twee renosters

Die twee witrenosters wat deur ‘n vragmotor getref is (Foto: Verskaf)

Twee witrenosters is dood toe ʼn vragmotor hulle in die Mosi-oa-Tunya- nasionale park in Livingstone in Zambië getref het.

Luidens ʼn berig van Zambië se nasionale uitsaaikorporasie het die vragmotor met ʼn Namibiese nommerplaat die renosters op die Livingstone-Kazungula-pad wat deur die nasionale park loop, getref.

Edify Hamukale, minister van die Suidelike Provinsie in Zambië, het die departement van nasionale parke en natuurlewe, die padontwikkelingsagentskap en die vervoer- en veiligheidsagentskap opdrag gegee om spoedhobbels op dié betrokke pad binne die park aan te bring om soortgelyke ongelukke te voorkom. Hy het gesê dit is van kardinale belang om ook sigbare waarskuwingstekens langs die pad te plaas om motoriste te waarsku dat wilde diere dikwels die pad kruis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carina ·

Ag nee, dis so verskriklik hartseer. Dat ons nou nog renosters op so ‘n manier moet verloor. Hoe kon die bestuurder nie sulke groot diere raaksien nie?! En om hulle dood te ry moes hy redelik vinnig gery het. Hy behoort erg beboet te word om die koste van die 2 pragtige diere te betaal.
Ek dink hulle moet ‘n plan maak dat alternatiewe paaie gebruik word en nie deur die reservaat gery word nie. Ek kan net dink hoe stresvol dit vir al die diere moet wees met al die verkeer – om nie te praat van die lug besoedeling.

Santjie ·

Ek is stomgeslaan. Hulle wou seker eintlik nog die horings steel, maar was te stadig wat dit betref.

SomeOne ·

wonder net, hoeveel skade is aan die trok, kannie bietjie wees nie

Moedeloos ·

Ek wonder ook. As renosters dood is kan die vragmotor nie rybaar wees nie.

Niklaas ·

So, die manne se gejaag en dood ry van diere is nie net tot KNP beperk nie.

netekalleen ·

Het daai trok bestuurder nognie gehoor van brieke nie. Hy moes gejaag het om 2 sulke pragtige groot diere dood te ry. Ek hoop van harte dat daai trok soveel skade op het as moontlik.

Co ·

Ek het vir 27 jaar in Wes, Oos, Sentraal en Suidlike Afrika gewerk en BAIE gereis per motor. Hierdie ding gebeur BAIE! Ten eerste het hierdie wildtuine geen heinings, die motoriste weet baie keer nie eens dat hulle in ‘n wildtuin deur beweeg nie. Dis maar Afrika op sy beste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.