Vragmotors gekaap, snelweg versper

Vragmotors is gebruik om die N2 te versper (Foto: @velim75/Twitter)

Vier mans, tussen 22 en 52 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle vragmotors gekaap het om die N2 tussen Mthatha en Butterworth in die Oos-Kaap te versper.

Brigadier Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 naby Colosa, King Hintsa en Ngxakaxha buite Dutywa plaasgevind.

“Die verdagtes, vermoedelik werknemers van die plaaslike taxiverenigings, het die vragmotors gemonitor wat deur Dutywa gery het. Hulle het die vragmotors voorgekeer en die bestuurders gedwing om hul sleutels te oorhandig sodat hulle met hul onwettige optrede kon voortgaan.”

Verskeie vragmotorbestuurders was slagoffers en hulle is gestrand gelaat.

“Die polisie het ondersoek ingestel en inligting oor die verdagtes is bekom. Hulle is uiteindelik in Dutywa in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die sleutels van die onderskeie vragmotors.”

Die motief vir die versperring van die pad is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek sake van kaping, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en skade aan infrastruktuur.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons erken die reg van mense om hul ontevredenheid uit te spreek oor enigiets, maar die SAPD is besorg oor die manier hoe mense hulself uitdruk en dat dit neerkom op ʼn oortreding van ander mense se grondwetlike reg tot vryheid van beweging. Hierdie tipe gedrag sal nie geduld word nie.”

Die verdagtes sal Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek was ‘n getuie waar drie swart mans van die Mamelodi taxi vereniging n uber bestuurder erg aangerand het by die Grove mall net omdat die uber bestuurder passasiers vervoer het ,dit het helder oordag gebeur in aanskoue van baie mense .

ES ·

Die hartseerste is dat daar nie enigiets daaraan gedoen word nie. Hierdie is ‘n wettelose land.

ES ·

Dis lekker, hier in SA maak almal net wat hulle wil sonder dat daar enie nagevolge is.

Di ·

WETTELOOSHEID is aan die order van die dag. Die korrupte regering het ongelukkig hierdie TAXIS’s die mag gegee en nou dra om elke dag die gevolge hiervan. They created this monster so that must feed it now. Dinge met die Taxis bedryf gaan nog in total anarge opeindig

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SA Moniteringsdiens (SAMS) was seker ook daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.