Vrou beseer toe motor deur muur ploeg

Die vrou het deur die muur met haar motor geploeg (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou het Donderdagaand in Jukskeipark in Johannesburg met haar motor deur ʼn muur geploeg.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die vrou vermoedelik beheer oor haar ligte voertuig verloor in Saffierstraat en toe deur die muur gebars.

Sy het teen ʼn voertuig wat aan die ander kant van die muur gestaan het, gebots.

Herbst sê paramedici is omstreeks 21:10 na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle op die vrou afgekom wat ernstige beserings opgedoen het. Hulle het haar op die toneel behandel.

Nadat die vrou gestabiliseer is, is sy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Sy het teen ʼn voertuig wat aan die ander kant van die muur gestaan het, gebots (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.