ʼn Vrou is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat sy Sondagoggend óf uit ʼn bewegende taxi gegooi is óf self gespring het.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 05:30 na die toneel in Scottsville buite Pietermaritzburg ontbied. Daar het hulle die vrou langs die pad in St. Patricksweg aangetref.
Volgens Campbell is die omstandighede rakende die voorval nog onduidelik, maar die saak word deur die plaaslike polisie en die Padverkeersbestuurskorporasie ondersoek. Die vrou is na die Northdale-hospitaal geneem.
In nóg ʼn onverwante voorval in dieselfde gebied is ʼn 23-jarige man ernstig beseer toe hy in Northdale met sy bakkie ʼn slaggat getref en teen ʼn lamppaal vasgery het. Campbell sê paramedici was omstreeks 06:45 op die toneel en het die man gestabiliseer voordat hy na Mediclinic Pietermaritzburg gehaas is.
Dié voorval sal ook deur die SAPD ondersoek word.
Die vrou sal hopelik só herstel dat sy vir haarself kan praat. Stekte mama! Vertel vir almal die waarheid.
Die haglike toestande van ons paaie gaan nog vele mense se einde beteken.
Die drywer het agter gekom sy ry saam sonder om te betaal toe laai hy haar maar in die ry af. Jy kan roof TV kyk maar nie taxi ry nie.
Roof elektrisiteit gebruik is ook alledaags…