Vrou dood buite woonkompleks gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Port Elizabeth is steeds op soek na die moordenaars van die vrou wat Saterdagoggend dood buite ʼn woonkompleks in Fairview gevind is.

Die vrou het ʼn skietwond aan haar kop gehad. Sy is intussen as Sisanda Fani (30) geïdentifiseer.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê ʼn inwoner van die kompleks op Restitutionweg het omstreeks 06:00 by die komplekshek uitgegaan en ʼn VW Polo opgemerk wat op die sypaadjie voor die kompleks gestaan het.

“Hy het gedink dit is vreemd dat ʼn vrou alleen in ʼn voertuig daardie tyd van die oggend daar sou sit, en het nader gestap om te hoor of hy kon help. Toe hy sien die vrou toon geen reaksie nie, het hy ʼn ambulansdiens ontbied. Fani het ʼn skietwond aan haar kop gehad en is op die toneel dood verklaar,” sê Janse van Rensburg.

Sy het bevestig dat Fani in dieselfde kompleks gewoon het. Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend.

Enigiemand met meer inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om die Walmer SAPD by 041 509 4000/4006 of 041 581 1496, of kapt. Estelle Edwards by 079 520 3256 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael P ·

Moor mense vir die plesier of wat? Dit is iets verskriklik hoe dit nou in die land aan gaan en jy hoor nie n woord van die regeering nie. Is dit hoe hulle nou regeer hou hulle besig met alle ander snert en goed wat eintlik saak maak nie. Dit lyk vir my dinge gaan nou slegter van dat CR oor gevat het of hoe?

Elna ·

Michael ek stem 100% met jou saam als is erger vandat CR oor gevat het. Dit gaan nog erger word SA word nie verniet n helhool genoem nie.

JohanR ·

Stem heeltemaal saam. Ons het groot hoop gehad, maar behalwe vir minder ANC skelms opgeneem in die kabinet, gaan dinge onder Ramaphosa van dag tot dag net slegter. ‘n CEO kan net soe lank op sy tweedes in bevel vertrou, maar waaneer hy sien dinge begin Suid gaan, dan moet hy of sy intree. Tyd dat Cyril Ramaphosa Suid Afrika begin aanspreek, en nie die G7, of Japan nie! Ruk Suid Afrika eers reg Cyril!

Ander Koos ·

Nie net regering en president wat swyg oor al die baie moorde, kerke en hulle leiers is ook doodstil

Marinda ·

Is jong vrouens deesdae “targets” vir die kriminele want dit is die hoeveelste jong vrou wat vermoor is? Dit is skrikwekkend!!

Swannie ·

CR hoop maar altyd dat die probleme hulself sal oplos, daarom tree hy nooit op nie.

Zuma het ten minste iets gedoen, al was dit net om besig te bly met staatskaping, terwyl Ramaja absoluut niks doen, behalwe om rond te vlieg nie.

Sieg ·

Ramaboiltheparra sal nooit sy gemors kan herstel nie, die land is uit geroei deur ANC.

wilma ·

onthou hierdi regeringsamptenare se party het onskuldige mense met bomme gedood. tot kinders. so hoekom dink die inwoners in hierdi land dat hul enigsins sal worry oor moorde

Abe ·

Swannie,
Stadig met die naam van Zuma. Mens kan darrem nie vir Zuma vergelyk met Ramaposa nie, al het Ramaposa sy eie foute.

jakes ·

Wat n ontnugtering is CR nie? Eenmaal n ANC kader, altyd een. Geeneen van hulle kan vertrou word nie. Dit is al oor dekades bewys. Wanneer CR sy mede korrupte kaders agtertralies laat beland vir die miljarde wat hulle geplunder het, dan sal ek dit oorweeg om respek vir hom te he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.