Vrou elf jaar later skuldig oor man se moord

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Vrou en twee medebeskuldigdes is Vrydag, elf jaar ná haar man se moord, in die Delmas-hooggeregshof skuldig bevind.

Die vrou, Thembisa Zulu (47), en haar twee medebeskuldigdes, Seetsa David Mofokeng (44) en Mojalefa Christopher Matsobane (43) bly in aanhouding tot vonnisoplegging op 22 September 2022.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Devilier Dan Zulu, ʼn taxi-eienaar, is op 4 Julie 2011 voor sy hek by uitbreiding 15 in Embalenhle doodgeskiet. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en na die Valke se eenheid in Secunda, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, oorgeplaas.

“Tydens die ondersoek is bepaal dat Thembisa twee huurmoordenaars bekom het. Mofokeng en Matsobane het Zulu by sy huis oorval. Daar is bepaal dat Zulu ook sy vrou gebel het toe hy by die hek staan en wag het. Ná hy die hek oopgemaak het, het die twee huurmoordenaars hom doodgeskiet en van die toneel gevlug.”

Mofokeng is skuldig bevind op aanklag van moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Matsobane en Thembisa is skuldig bevind op aanklag van moord en sameswering om moord te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Hoe sal die oorvol howe en tronke ooit die massa sake kan hanteer…..dit raak bykans n onbegonne taak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.