Vrou ernstig beseer in val tydens staptog

Die vrou is per helikopter na die hospitaal vervoer (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is Sondag vroegoggend ernstig beseer toe sy tydens ʼn staptog gegly en op die rotse geval het by Kloof Gorge, ʼn kloof by die Krantzkloof-natuurreservaat in die Durban-Wes-omgewing, KwaZulu-Natal.

Die vrou het saam met ʼn groep vriende ʼn staproete by die kloof aangepak toe die ongeluk gebeur het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is Sondagoggend omstreeks 07:14 na die toneel ontbied. Die paramedici het saam met reddingswerkers van RescueTech en Ezemvelo KZN Wildlife deur die digte bosse hul weg na die beseerde vrou gevind.

Herbst sê die vrou het tydens die staptog gegly en meer as drie meter na die rotse onder haar geval. Sy het ernstige kop- en rugbeserings opgedoen. Haar toestand was Sondag kritiek.

Paramedici moes haar op die toneel stabiliseer. Sy is daarna in ʼn gespesialiseerde draagbaar gesit en per helikopter na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Groot dankbaarheid vir die onbaatsugtige en belangrike rol wat die reddingswerkers in ons samelewing verrig.

Louise ·

Baie jammer om te hoor en hoop sy herstel ten volle…
Maar hoe laat die natuurreservaat TOE dat mense gaan stap in die afsonderings tydperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.